Meer as 80 000 deur dié hospitaal se ongevalle hanteer

Argieffoto

Jack Bloom, DA-LP, het Donderdag gesê hy is “geskok” oor statistiek wat in die provinsiale wetgewer aan die lig gekom het dat altesaam 84 846 verlede jaar deur die Chris Hani Baragwanath-hospitaal se noodgevalle-afdeling behandel is.

Hy het gesê die getalle, wat Bandile Masuku, Gautengse LUR van gesondheid, bekend gemaak het in reaksie op geskrewe vrae in die wetgewer, kom neer op 7 000 pasiënte per maand wat in die ongevalle behandel is.

“Altesaam 22 238 gevalle was vir geweld en padongelukke. Daar was ook 3 597 pasiënte met sielkundige probleme, 1 298 gevalle van vergiftiging en 45 selfmoordgevalle van persone wat hulself gehang het. Hierdie syfers kan vergelyk word met beserings in ʼn oorlogsone. Beserings weens skietvoorvalle het van 949 in 2017 tot 1 033 in 2018 toegeneem. Meswonde het van 3 235 in 2017 gestyg tot 3 276 verlede jaar.”

Bloom het gesê geweld in die samelewing word aangevuur deur alkoholmisbruik.

“Iets positief is dat beserings weens aanranding van 5 052 in 2017 gedaal het tot 4 238 in 2018. Slagoffers van padongelukke het ook van 4 637 afgeneem tot 4 406.

“Doeltreffende optrede om misdaad en padongelukke te verminder sal druk verlig op dié hospitaal se ongevalle-afdeling wat waarskynlik een van die besigste ter wêreld is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Spook op thaba ·

Nou ja ne. Kan daar nie bietjie druk geplaas word om kapings, kaart bedrog en plaasaanvalle te verminder nie

potlood ·

Dis amper 10 per minuut…. En net een hospitaal… Dit sal interesant wees om ook te weet hoeveel van hierdie gevalle was opnames, hoe lank was die verblyf en hoeveel plek daar werklik is? Dan ook hoeveel hierdie gevalle die staat (ons) gekoas het?

natuurlike vermindering? oorbevolk ·

sal interessant wees om te weet hoeveel oorleef, of meer duidelik gestel, hoeveel van daardie 84 duisend was noodlottig?

aNEL ·

My man was verwys in June na die hospitaal (hy was gediagnoseer met long kanker, en was in pyn en kom nie loop). Hy het ‘n hele dag in ongevalle gele. is eers laat die middag iets vir pyn gegee, op ‘n trollie bed gesit en in die gang gestoot, later moes ons eers uitvind hulle gaan hom nie opneem hulle het die beddens omrede ander omgewings hulle pasiente by die hek kom aflaai het….. ons is meegedeel sy tyd is min en as hulle hom opneem sal hy op daardie trollie bed le in die gange, sonder kos of dat iemand na hom sou omsien….. vat hom huistoe mevrou julle kan beter na hom kyk in sy laate twee weke. Hy is toe twee weke later oorlede…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.