Meer as 80 000 kinders nog nie in Gauteng-skole geplaas nie

skool-21.jpeg

Argieffoto

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het Woensdag gesê sy departement is gereed vir die 2017- akademiese jaar, ondanks die feit dat 82 279 leerders nog nie in skole geplaas is nie.

“Ons sal aan die begin van die jaar in ʼn posisie wees om die probleme te hanteer,” het Lesufi tydens ʼn perskonferensie by die departement van onderwys se kantoor in Johannesburg gesê.

Volgens hom sal die departement tyd spandeer om seker te maak dat alle leerders ʼn skool het om na heen te gaan wanneer die akademiese jaar in 2017 begin.

Gautengse skole maak op 11 Januarie hul deure oop.

Lesufi het gesê die provinsiale departement is met ongeveer R200 miljoen gewysig om nuwe onderwysers aan te stel en nuwe toerusting aan te skaf om seker te maak dat leerders ʼn behoorlike leeromgewing het.

“Ouers wat nie reageer het op hul aansoeke en aangedui het of hul kinders die skool aanvaar nie, het ʼn agterstand in die stelsel veroorsaak,” het hy gesê.

Die departement het suksesvol 229 125 kinders in verskeie skole in Gauteng geplaas vir 2017.

Lesufi het bevestig dat ʼn aantal gebiede in die provinsie reeds hul kapasiteit bereik het en glad nie meer nuwe leerders kan aanvaar nie. Dit sluit Boksburg, Bryanston, Lenasia en Pretoria-Noord in.

“Ouers wat hul kinders in dié gebiede in ʼn skool wil plaas, moet ander opsies aanvaar,” het Lesufi bygevoeg.

Volgens hom sal skole in informele nedersettings steeds bystand ontvang van die nasionale skoolvoedingskema ontvang en hy vra om verskoning vir ouers van skole in gebiede waar dit aangeneem is dat die kinders nie voeding sal ontvang nie.

Die LUR het ook ʼn aantal kwessies aangeroer wat die departement vir 2017 opgelos het, insluitend 100% aflewering van handboeke en skryfbehoeftes vir graad 11’s en 12’s.

Lesufi het ook al die graad 12-leerders sterkte toegewens met hul eksamenuitslae en gesê die departement sien uit na ʼn verbeterde prestasie in die nasionale seniorsertifikaatuitslae. “Ons het met LifeLine saamgespan om leerders by te staan wat onder druk voel hangende die bekendmaking van die eksamenuitslae,” het Lesufi verduidelik. “Ons doen ʼn beroep op ouers om al die ondersteuning te bied wat die leerders benodig.”

Die uitslae sal na verwagting op 4 Januarie 2017 bekend gemaak word.

Matrieks kan nou registreer om ʼn SMS te ontvang wanneer hul uitslae gratis op Maroela Media beskikbaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

m ·

Hoekom so baie wat nog nie in skole is nie of word daar gewag tot die skole begin en dan is dit weer klipgooiery en afbrandery oor daar nie plek is vir hulle kinders nie want hulle het tot die laaste gewag…. nee rerig hoor….

Jane ·

Nou vra ek jou na 22 jaar se ‘demokrasie’ en al die geld in die hande van die huidige regering HOEKOM gebeur dit dat daar nog 80 000 leerlinge nie in skole geregistreer is nie? Die ANC het reeds die bestaande skole gedwing om die maksimum hoeveelheid leerlinge in te neem, die taalbeleid te verander om almal te akkommodeer en STEEDS is daar 80 000 leerlinge sonder ‘n skool volgende jaar. Die regering moet in plaas van die ou bedeling kritiseer en alles op hulle blameer SKOLE bou. Die probleem is net, hulle het die jeug geleer om dit af te brand, so daarom sal daar altyd ‘n tekort aan skole en onderwysers wees . hier is nie ‘n kitsoplossing nie. Hulle kan al die afrikaanse skole dwing en boelie en oorneem dan is daar nogsteeds nie genoeg skole nie, die ANC sal self iets moet doen, die blame game werk nie meer nie.

John ·

Hulle wil eerder die verrassingselement gebruik. Skokterapie vir Afrikaansmeduimskole en baie persblootstelling… Wiskunde-punte van 20% na 40% aanpas en die res van die vakke staan op 30%”(seker ook aangepas) maak van so ‘n matrikulant ‘n kandidaat vir gratis studie in kwantumfisika… en Suid-Afrika staan reeds aan die voorpunt van ruintenavorsing! Wow!

Jane ·

Hahahah uitstekend, ek het self gewonder watter wetenskaplikes, dokters en ingenieurs ons (gratis) gaan oplei by die Universiteite met ‘n slaagsyfer in Wiskunde van 20%.

Etienne ·

Nou is dit glashelder hoekom die ANC die beleid rondom toelating van addisionele leerlinge in tradisionele model C Skole wou hersien.Lesufi het reeds gesê hy gaan die mag gebruik(lees misbruik).Hul onvermoë om die toelatingsproses suksesvol te bestuur sal weer om die nek van die vorige bedeling gehang word.Dan sal die redder Lesufi op sy witperd opdaag om die fiasko met wetgewing aan sy kant reg te forseer en dan die krediet daarvoor neem.Intussen gaan ons skolestelsel voort om geniale produkte soos die aan die bestuur van die SABC te produseer….

Landi Slatter ·

Dagsê Taalgogga

Dankie vir jou terugvoer. Jy is inderdaad reg, ons vra groot om verskoning vir dié growwe oorsig.Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Johan ·

Wie se skuld is dit nou weer LUR……? Hoeveel skole het jy gebou vandat jy LUR is…..en nou erken jy ook Pretoria Noord se skole is vol……waar wil jy nou daai 33 indruk? Daar is nie pille vir die mens nie…..

Simon ·

Mens wil nie graag kritiseer nie gedagte daaraan dat meeste mense graag waardeer wil word vir elke dag se goeie werk.
Sover dit Mnr. Lesufi aan gaan kan ek egter nie anders as om n opmerking te maak nie.
n Baie bekende bestuurskonsultant het in 1980’s baie duidelik gese: Doen eers die regte dinge in die organisation en daarna kan jy die dinge reg doen.
Daarom Mnr. Lesufi moes jy eers genoeg skole gebou het sodat daar genoeg plek is vir al die leering. Daarna kon jy kyk hod at jy hulle wil MANIPULEER sodat die skole te volle geintegreer is.

Willem ·

Die hoof van ‘n skool in Mamelodi is my buurman…volgens hom kan sy skool 850 leerders akkomodeer…wat skrikwekkend is, is dat hy slegs 480 leerders in sy skool het….nou wil ek weet hoekom moet ons ons afrikaanse skole wat oorvol is dubbel medium maak???

Nita ·

Mnr Lesufi jy moes al 80 model C skole gebou het die jaar. Die vorige model C-skole is nou oorvol. Die mensdom teel aan soos konyne. Jy sal maar 80 nuwe skole, en ek weet nie hoeveel universiteite nog moet bou nie. Julle kan nou maar studente en skoliere inprop soos sardientjies, maak nie saak hoe hard julle probeer nie, n blik kan net n sekere hoeveelheid sardientjies hou. So skud julle sakke en spandeer die geld waar dit hoort nie op luukse huise, motors, vakansies, luukse vlugte. As julle al die wittes uit die skole en universiteite gedruk het, is julle steeds honderde skole en talle universiteite, te kort.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.