Meer as 800 kg se dagga gekry

Die dagga wat deur die polisie gekry is (Foto: Verskaf)

Die Noordwes-polisie het Sondag gesê dwelmhandel het ’n opstopper gekry ná die inhegtenisneming van twee vermeende dwelmhandelaars.

Lt.kol. Pelonomi Makau, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê dié sukses volg ná die inhegtenisneming van die verdagtes, onderskeidelik 30 en 53 jaar oud, Vrydag in die Redirile-township naby Derby.

“Die polisie het ʼn wenk ontvang dat daar ʼn man is wat dagga in die omgewing verkoop. Die polisie is na die verdagte se woning, waar hulle die 30-jarige man by die hek gekry het. Hy is deursoek en ʼn koevert met dagga is glo in sy besit gevind,” het Makau gesê.

Die polisie het die man oor die dagga ondervra, waarop hy verduidelik het dat hy dit glo by die huiseienaar gekry het. Hy is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van dwelms.

“Die polisie het voortgegaan om die huis te deursoek en ná ʼn uitgebreide soektog op 16 sakke dagga, wat 50 kg elk weeg, afgekom. Daar was ook twee swartsakke vol dagga waarop die polisie beslag gelê het.”

Die 53-jarige huiseienaar is kort daarna in hegtenis geneem.

Albei verdagtes sal na verwagting Dinsdag in die Koster-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

CHRISTA ·

Nee, vir mediese gebruik. Dis mos die ekskuus wat die ANC wil gebruik om dit wettig te maak (hulle sê net nie hoeveel belasting hulle daarop gaan plaas nie)!

Cherokee ·

Dit is wel deur ‘n hof so beslis maar nog nie parlementaries bekragtig nie.

sug ·

In die Weskaap en net vir eie gebruik in jou huis. Nou is die hele Weskaap bende turf.

John ·

Dis waar dat hier oor sowat 25 jaar nie meer wit mense in SA oor sal wees, want die land gaan dan ook daarmee heen wees… met sulke gesonde produkte wat verbou en verbruik word.

Treksels ·

Dink bietjie hoeveel treksels tee sou die hoeveelheid dagga maak, treksels of getrek he he, ek bedoel in die bloutrein wat hulle ry

CHRISTA ·

Dis dalk wat Zuma daagliks inkry. Dis hoekom HY gedurig so hehehe!!

Alida ·

Soos dit deesdae in die parlement gaan dink ek die hele spul rook boom.

Basjan ·

Oom, rook oom boom, oom? Nee jou klein twak, ek rook tabak!

My tweesent bydrae ·

In die hof gewettig maar nie deur die parlement goedgekeur nie ? Hoe werk dit nou alles ?

CAROL ·

WETTIG EN ALIDA JA NEE WIL EK OOK WEET. OF IS DIT NET SEKERE MENSE WAT DIT MAG AANHOU????

Terugvoer ·

Sal Maroela asb vir ons terugvoer gee ivm die saak aangesien inwoners op Derby al etlike jare sukkel om die euwel uit te roei, asook die onwettige drank verkope op Sondae, by so te sê al die drinkplekke en bottlestore

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.