Meer as 800 SA’ners in buitelandse tronke

Tristan Lee Niemand van Oos-Londen word al langer as ’n maand in China aangehou, glo onder haglike omstandighede. Foto: Facebook

Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking is uiters bekommerd oor die toenemende aantal Suid-Afrikaners wat in buitelandse tronke aangehou word.

Wêreldwyd sit meer as 800 Suid-Afrikaners agter tralies vir alles van visumverwante oortredings tot dwelmhandel en ʼn magdom ander misdade.

In die jongste opspraakwekkende voorval word die 19-jarige Tristan-Lee Niemand van Oos-Londen al amper ʼn maand lank in China aangehou, glo onder haglike omstandighede, nadat sy gehoop het om daar Engels te gee.

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) sê na sy wete het sy China met ʼn kortverblyfvisum binnegegaan. Sy is op 16 November in hegtenis geneem omdat die owerheid vermoed het sy werk onwettig in die land as Engels-onderwyseres.

Geen besoeke aan of telefoonoproepe na aangehoudenes word toegelaat nie.

“Die ondersoek deur die Chinese buro vir openbare veiligheid duur voort,” sê die departement. Kragtens die regulasies in die provinsie Jiangsu word geen besoeke aan of telefoonoproepe na aangehoudenes toegelaat terwyl hul geval ondersoek word nie.

Dirco is wel deurentyd in verbinding met Tristan-Lee se bekommerde ma, Stacey-Lee Niemand, en het onderneem om die familie op die hoogte te hou van enige verwikkelinge in die saak. “Ongelukkig beteken konsulêre bystand nie dat Dirco Suid-Afrikaners uit aanhouding kan bevry of dat die departement in die regsproses in China kan inmeng nie.”

Altesaam 98 is die afgelope ses maande in China aangehou vir visumoortredings.

Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het gesê van die 800 Suid-Afrikaners wat in buitelandse tronke aangehou word, is meer as 200 in Suid-Amerika nadat hulle op dwelmverwante aanklagte skuldig bevind is. Altesaam 98 is die afgelope ses maande in China aangehou vir visumoortredings, van wie 23 steeds in aanhouding is terwyl die Chinese polisie die aanklagte teen hulle ondersoek.

Sisulu doen ʼn beroep op Suid-Afrikaners wat in die buiteland reis om by die departement of diplomatieke sendings oorsee te registreer en seker te maak hulle het die regte dokumente.

“Dit is uiters ontstellend dat so baie Suid-Afrikaners in die buiteland in hegtenis geneem of aangehou word,” sê Sisulu, en voeg by sy het die direkteur-generaal van die departement gevra om seker te maak dat al 800 aangehoudenes konsulêre bystand kry en buitelandse sendings hulle help om in aanraking met hul naasbestaandes by die huis te bly.

Sisulu het onderneem om met haar Chinese eweknie in verbinding te tree oor die groot aantal Suid-Afrikaners wat in China aangehou word weens visumverwante oortredings. “Jong mense wat in China wil Engels gee, moet seker maak hulle raadpleeg die Chinese ambassade en gebruik geloofwaardige agente wat hul reisreëlings tref.”

Enige Suid-Afrikaner wat na die buiteland reis, kan die departement se 24-uur-hulplyn by 012 351 1000 bel as hulle bystand nodig het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Pierre ·

So omdat hul gearresteer word omdat hul die wet oortree, kan jy nie hul vertrou nie…maar tog moan jul in SA dat die regering niks doen teen kriminele nie? As jy die wet oortree, is jy n misdadiger, so eenvoudig soos dit, of dit nou met visum of moord te doen het, RESPEKTEER die land se wette.

Jack Russl ·

Baie gevalle moet die mense net eerlik wees. Moet nie ‘n visa uitneem en voorgee jy gaan vakansie hou as jy eintlik gaan werk en ‘n werksvisa nodig het nie. Doen in die land wat jou visa jou toelaat.

Die klomp wat dwelm verwante oortredings het is dit hulle eie skuld. Almal weet hoe streng daardie lande is, hoekom nog die kans waag.

Amelia ·

My wens vir 2019 is dat ons patetiese SA tog ook ordentlike wette moet toepas op al die gespuis wat hier nesskop. Ek weet van n hele klomp wat nie eens in n huis bly nie, maar in n winkel. Dan kan hul geen taal praat wat ons kan verstaan nie.

Hanna Hoekom ·

Ek werk self in n godsvreemde land en kan verstaan hoe maklik dit is om in die “moeilikheid” te beland. Baie van die visums en papierwerk is in tale wat ons nie kan lees nie. Vra maar enige iemand wat al n Arabiese iqama gehad het! Een van my kollegas het amper groot probleme gehad omdat haar tweede naam in Arabies op haar ID kaart verkeerd gespel was… Hoe moes sy weet? Moet nie te vinnig oordeel nie. Mense kry finansieel swaar in Suid-Afrika en wyk dan uit na China en Arabiese lande min wetende in watter tipe moeilikheid jy kan beland. Werk maar eerder deur n bekende werwingsagentskap!

Muil ·

Laat my dink aan daardie keer toe ek ‘n geskenkpakkie van oom Pablo Escobar vanaf Suid-Amerika na Johannesburg gebring het vir sy vriend Frik.

Gerda ·

So ruk terug was hier ook n artikel oor visums en China so ver ek kan onthou. Ook iemand wat onwetend probleme so opgetel het en amper in groot moeilikheid was. Die skool in die geval moes die papierwerk doen en het nie en so het onskuldige mense toe in groot moeilikheid beland. So nee, vir dwelmsmouse en sulke skurke wat geweet het wat hul doen is verkeerd en tog die kans gevat het voel ek vere, maar vir iemand wat die regte ding sou en wou doen, maar oor taal of ander se leuens in moeilikheid is, kry ek baie bitter jammer.

Frik ·

Muil, jou vuil-uil, ek wag nog steeds vir die pakkie, ou ek het ou pablo geglo, watwo, of het jy die stash gerook

Jacques ·

Baie sterkte aan die familie , maar ek is bevrees as dit van sisulu af hang gaan daar niks vinnig gebeur nie .

Piet Snot ·

Ek het onlangs met Sisulu se “trawante” te doen gehad. Ek het iemand in ‘n vreemde tronk ondersteun, en die hulp wat Sisulu se mense gegee het, was eersteklas.
Daardie vreemde land se howe het my mede-Suid-Afrikaner beter behandel as wat ek hom self sou behandel het (hy het lekker drooggemaak).
Moenie vreemde lande slegsê as hulle bloot hul wette redelik toepas nie. En Buitelandse Sake is glad nie so sleg nie.

GypsyZ ·

Ware woorde, Hanna Hoekom; dis ook maklik om te praat as jy nog nie self daar was of ‘n jongmens in jou huis het wat partykeer vinniger doen as dink uit opgewondenheid om ‘n korsie te gaan verdien wat hulle nie altyd in hul tuisland gegun word nie.

Johan ·

Dis seker moeilik Vir onse Minister om te verstaan maar daar is tog lande wat erns met hul wette het.In SA beteken n wet iets wat die regering selektief kan toepas.Vat die miljoene onwettige imigrante in SA as vb.Sal die uwe asb Vir ons verduidelik hoekom dit so is as daar duidelike wette is om dit te voorkom?

Yolanda ·

My dogter was ook in die buite land om engels te gee. Hulle is veilig terug. Maar wèet vir n feit daar is n agentskap in Oos Londen wat bollie droog maak met die kinders wat wil gaan engels gee. Hulle vat die ouers se geld en beloof die kinders die wereld. Maar wat hul nie se nie is dat China net gekwalifiseerde onderwysers vat. Maar die dame laat hul die toets doen vir n belaglike prys en dan kan hul maar gaan. My dogter het haar op fb aangevat daaroor en die volgende dag toe kry sy n mail van n prok af. Kinders moet eerder maar op plase en by die sirkus gaan werk vir n jaar as om die engelse klasse te wil gaan gee as hul nie op university was nie. En doen eers goed navorsing oor die agent wat jy wil gebruik. Wat as hul eers daar is, is daar min wat ons as ouers vir hul kan doen. Wat die mense met dwelms betref,……. ek kry hul ongelukkig nie jammer nie. As jy met mense se lewens wil speel moet jy maar vir jou kry.

marco polo ·

Ek woon en werk al n paar jaar in China. Die eerste ding wat jy doen is navorsing oor visas. Jy gaan werk nie met enige visa anders as n werksvisa nie, al beloof die agente wat ookal. Wanneer gaan mense begin leer. Dis n omslagtige proses, maar dis die enigste en spaar jouself bie moeilikheid. Ek het juis n kollega wat met n bsigheidsvisa kom werk het, nou is hy uitgevang en het groot moeilikheid. Asb mense, doen die regte ding, vir jouself en ook vir die ander wat reeds hier is, vir iejy dit moeilik maak, want hulle maak net eenvoudig meer reels en pas dit toe. China is n goeie opsie om te werk, hier is baie werk en dis maklik om.werk te kry, maar doen dit net reg.

Faan ·

En intussen stroom die Chinese ons land, en die res van Afrika binne in hulle derduisende. Ek wonder wie monitor hulle visas?

marco polo ·

Terloops, as jy in China Engels wil gee, moet jy n graad he, twee jaar ondervinding, en n TEFL onderwyskwalifikasie. En darem behoorlik Engels kan praat. As agente jou anders vertel, hou verby. Om die waarheid te se, jy het nie agente nodig nie, jy kan alles self doen, daar is letterlik duisende poste op enige gegewe tyd. Die papierwerk is omslagtig en tydrowend, maar nie moeilik.nie.

June van Zyl ·

Ons is vir die afgelope 17 jaar gemoeid met Engelse taalskole in China. Daar is nie n kortpad nie: jy benodig n graad, polisieklaring, n mediese sertifikaat , en n geloofwaardige CV. Alles moet by die Chinese ambassade geverifieer word voordat die Chinese regering n amptelike uitnodiging aan jou uitreik. Daarmee kry jy n Z visum wat jou wettig toegang tot China gee. Jou werkgewer kry dan vir jou n “residence permit” waarmee jy vir n jaar kan werk. Moenie eers probeer om dit op n ander manier te doen nie. Jy beland dalk namens jou werkgewer in n tronk…..
Die Chinese regering is geensins onregverdig met hulle regulasies vir buitelanders nie. Hulle maak net seker dat hulle kinders deur goedtoegeruste en gekwalifiseerde onderwysers onderrig word.

Tannie Hettie ·

Gee sommer vir die Chinese mense in Suid Afrika engelse klasse want al wat hulle kan se: “how are you and thank you”.

Hansie Slim ·

Maroela, vat asb die advies wat mense soos Marco Polo en June van Zyl gee en hang dit aan die groot klok. Kan ons asseblief ‘n paar Rand spandeer en sulke advies oral uitbasuin om ons kinders te help. Daar is hordes wat met hierdie visum slenter gevang word. Miskien kan mense soos AfriForum ook help… enige iemand!!!
Iets drasties moet ook gedoen word aan die horde immigrante.. onwettig baie van hulle. Hulle kom met moord weg en ons kinders sit in die tronk!!!
Ek self het ‘n paar jaar oorsee gewerk en my kinders ook.
Doen asseblief liewer die dinge op die regte manier. En wanneer jy oorsee is, bly asseblief by die reëls en wette van daardie land…. anders gaan jy tweede kom!!
Die anti minister wil help… ek wil dit nog sien!!

PJC ·

Ten minste kan die SA regering seker daarop aandring dat ons mense daar dieselfde ordentlike behandeling kry wat hulle onwettige burgers hier in ons land geniet maar daarvoor haat die lot ons wittes te veel.

Juffrou ·

Dankie aan al die waardevolle insette. Dit help baie. Ek kan egter nie help om te wonder of ons SAners oor die algemeen nie dalk al n mentaliteit aangeleer het van: die owerhede is in elk geval onbevoeg, ek probeer die stelsel omseil so ver as moontlik en totdat ek uitgevang word nie. En indien/wanneer ek uitgevang word, skuil ek agter my kultuur/ras/klas of wat-ookal. Ek beleef daardie “non-accountability” by jong kinders tot tieners. Wonder maar net …

My mening ·

Ek stem 100% saam. Ek weet dis nie die geval met almal wat nou in die moeilikheid is nie, maar dit is die houding van baie mense. Mense het nie meer integriteit nie, wil alles nou dadelik he en glo dat hulle geregtig daarop is en dat reels, regulasies en wette nie vir hulle geld nie.

Diefie ·

En die regering sit hand op die blaas met die Chinese? Hoeveel van hulle is ontwettig in ons land? Kyk op kanaal 132 hoeveel Chinese probeer Australia onwettig inkom en hope onwettige kosse, plante en dwelms saam bring en deur doeane gestop word. Vele word teruggestuur omdat die visums nie reg is nie. Nou hoe werk die Chinese se doeane beamptes? Amelia vra Maroela om die saak te ondersoek en oop te “blaas”

Cornelia ·

Kan die Chinese owerheid gemoeid met die onbedoelde visum flaters (vd kliënt se kant) nie maar net die mense terug deporteer na hul tuistes toe nie? Hulle het tog geen “misdaad” gepleeg nie buiten ONKUNDE en om blindelings te vertrou het op obskure karakters wat munt slaan uit werksnood toestande nie. Dit sluit die dwelmverwantes uit. Dat Suid Afrika ‘n beginsellose mekka vir alle onwettighede is, insluitende derduisende onwettige insypelaars, is ‘n tragedie sonder grense. Maar die jong mensekind wat na China gestoomroller is deur ‘n “gewetenlose” agent, kan mos net teruggestuur word met ‘n duidelike waarskuwing. Doen jou huiswerk deeglik volgende keer?

Cornelia ·

Dankie vir die berig MM! Ekself het uit die volksgenote wat in ander lande werk se gewigtige wenke kosbare inligting gevind! Het self ‘n broerskind in Suid Korea. Sy is ook so byna met so ‘n wrede slenter ingekatrol. Aan Suid Korea se kant het die spesifieke werkgewer(onderwys) haar aangeraai om hals oor kop daarheen te kom en haar visum daar uit te klaar. Sy het botweg geweier. Haar sg. pos verbeur maar by ‘n ander skool ‘n pos ontvang met al haar dokumentasie haarfyn uitgeklaar voor haar vertrek.

sus ·

Ironies genoeg is ons regering hand om die blaas met die Chinese maar ons mense word soos gemors behandel in hul land.
Weet elke geval nie wat die kinders daar soek nie, want dis ‘n vuil land, ongeskikte inwoners en dieremishandeling is aan die orde van die dag.
Sal in my lewe NOOIT na enige Asiër land reis nie.

marco polo ·

Wanneer was jy in China? Dieselfde dinge kan jy van SA se. Mense hier is vriendelik, waardeer die buitelanders wat hier is om hulle te help en hier is hope geleenthede met goeie salarisse. Dieremishandelibg wat jy seker op die nuus sien, is net in sekere plekke, net soos in SA, en die meeste mense wat troeteldiere het behandel hulle soos kinders, die honde dra al jassies en skoene. Dis jammer dat mense so oningelig oor China is en dan algemene stellings maak oor n plek wat hulle niks van weet nie

@ marco polo ·

Ons verstaan dat jy baie lekker daar werk maar GLO my CHINA is nie engeltjies nie .. het jy al gesien hoe behandel hulle honde? Yulin festival om presies te wees? Jy verwys na SA as ‘n hool, dit is niks anders daar nie .. jy sien dalk net nie al die goed nie omdat jy in ‘n beskermde situasie is .. RESPEKTEER ook ander se sienings . dit is NIE net jou siening wat tel NET omdat jy daar skoolhou nie … Daar is duisende videos waar HONDE met jassies en skoene en ‘n harnas aan DOODGESLAAN word voor die eienaars . so moet ASB nie ons as ONINGELIG bestempel as jy jou oe toehou vir die geweld nie.

marco polo ·

Vir die naamlose, China is n groot land, sowat tien keer groter as SA. As mense in een streek iets dien, wat ek ook verafsku, kan jy nie die hele land daarvoor blameer en oor dieselfde kam skeer nie. Die mense eet beslis nie almal honde nie, dis net n baie klein groep, in klein gebiede, beslis nie in die oostelike deel van China waar die meeste mense bly nie. Maar ek dink jy is van die punt af, plaaslike kulture het niks daarmee te doen dat Suid Afrikaners kanse vat en met verkeerde dokumente wil kom werk nie.

Wêreldburgers ·

Die wêreld het inderdaad baie klein geraak en mense word deesdae wêreldburgers en wêreldreisigers. Dit gaan toenemend so raak – mense gaan waar daar werk is. Mense is ook glad nie meer so in hulself gekeer of verkies langer om in afsondering te leef nie. Selfs in klein “onbelangrike” state in Afrika is daar ‘n verskeidenheid buitelanders werksaam. ‘n Familielid van my werk in Guinea iewers in die Basse-Coté laelande vir ‘n Australiese maatskappy en daar is mense van verskeie nasionaliteite maar hulle papierwerk moet steeds 100% in orde wees anders gaan hulle tronk toe.

theo ·

My dogter werk al die afgelope twee jaar in China.Mense daar is geen kortpad met die aansoek van ‘n visum nie.Jy moet ‘n uitnodiging van die Chineese skool kry waar jy wil gaan werk.Dan moet jy ‘n werkspermit wat deur die Chineese regering uitgereik word kry asook ‘n verblyf permit he.My raad is vergeet van die agente hier in SA , praat direk met die betrokke skool of kollege aan die anderkant.Dit is wat my dogter gedoen het en sy is baie gelukkig daar.
Die Chineese polisie was nou in die week by haar woonstel en toe hulle die brief van die skool sien het hulle verby gehou omdat die skool die regtepad loop.Sy werk by PKU Kollege.

SjN ·

Volg die regte kanale, kan jy op 19 al onderwys graad he? Die dwelm smouse verdien geen simpatie. Ten minste is daar nog wet en orde by hulle, nie soos hier in SA nie.

Andrea ·

Nee, maar jy kan n TEFL diploma doen in n jaar. Vir party lande, volgens sommige agentskappe dan, is dit voldoene. Veral as Engels jou eerste taal is.

marco polo ·

Andrea, n TEFL diploma kan jy in 3 weke doen. Dis n 120 uur kursus, waarvan 40 uur prakties is. Jy moet steeds n graad ook he.

marco polo ·

Absolute snert. Die Chinese wat Engels leer is diegene wat besef dat hulle dit nodig het om besigheid te doen met ander lande. Om Engels te leer kos baie geld. Chinese is geweldig nasionalisties en trots op hulle land, net die idee om na Afrika toe te gaan vervul meeste van hulle met weersin en vrees. Diegene wat wel na Afrika gaan, is meestal die wat dit nie kan maak in China nie, of dink hulle kan die Afrikane gaan inloop. Terloops, niemand ‘stuur’ die Chinese na die buiteland nie, hulle gaan uit vrye wil. Jy moet dalk n draai in China kom maak, dan kan jy bietjie insig kry en self besluit of jy eerder in n hool of n beskaafde, moderne land wil bly.

Pieter Spire ·

Bly weg van lande waar jy skuldig is tot jy onskuldig bewys word! Ek sal bv. nie eers in sulke lande gaan vakansie hou nie.

Loraine Theron ·

I am not sure how this happens as I know for a fact that when you want to teach English in China /Hong Kong you have to have a degree. Without that you cannot get a job there. I am not sure who tricks theses youngsters into excepting jobs in the East without a proper qualification! Surely parents should also be aware of this!

PLEASE DO YOUR HOMEWORK!!!!

Loraine Theron ·

I am not sure how this happens as I know for a fact that when you want to teach English in China /Hong Kong you have to have a degree , 2 years teaching experience and a TEFL. Also a proper police clearance! Without that you cannot get a job there legally. (Unless you are there under false pretenses) I am not sure who tricks theses youngsters into excepting jobs in the East without a proper qualification! Surely parents should also be aware and more awake and assist there children before hasty decisions are made!

PLEASE DO YOUR HOMEWORK!!!! It might be laborious but all worth it in the end!

Onnie in China ·

Sug… Hoe stuur jy jou 19-jarige na ‘n kommunistiese land toe sonder om jou huiswerk te doen? Al die inligting is op die Chinese Konsulaat se webtuiste. Mense speel met vuur en gee die res van ons wat wettiglik werk ‘n slegte naam. Ek hoop ander hoopvolles met slim plannetjies lees hier. Daar is GEEN manier dat ‘n 19-jarige buitelander wettiglik in China kan werk nie.

Andre ·

Dit is meestal mens wat uit die land uit wil kom om `n beter toekoms vir hulle self te maak, of mense wat op crime moet staatmaak om te oorleef.

Proudly brought to you by the ANC.

Nettie ·

Ek het geen simpatie met “drug mules” nie – dis nou diegene wat hulleself willens en wetens daarvoor inlaat (ek kyk graag “Banged Up Abroad” op National Geographic). “Live by the sword, die by the sword”, sê ek.

Maar meisies soos Tristan-Lee – dink ek – moet beter bygestaan word deur ons regering (dit ís mos ‘n regering “vir almal”, is dit nie?). Ek twyfel nie vir een oomblik dat – as Tristan-Lee – nie-blank was, sy lááánkal hulp van die konsulaat of DIRCO sou ontvang het nie.

Jo ·

@Nettie, sy’t nogsteeds die wet oortree, en maak dit vir ons wat wettig buiteland werk, moeiliker en moeiliker om oor te kom, omdat die dink hul is slimmer as die land waarna hul toe gaan.

Jan ·

Die chinese regering is totaal ondemokraties en anti wit.geen buitelander kan daar enige burherskap of regre kry nie maar die chinese kry volle regte in alle ander lande.die chinese is niks anders as rassiste nie

marco polo ·

Dis nie heeltemaal waar nie. Daar is wel buitelanders wat burgerskap kry, maar wie wil nou sy paspoort vir n Chinese paspoort verruil, waar jy omtrent nerens heen kan gaan sonder n visa nie. Dis hiekom baie Chinese in SA paspoorte kry, dis veel makliker om met n SA paspoort te reis. Ek ken nie die Chinese regering so goed soos jy hulle blykbaar ken nie, maar die gemiddelde Chinees in China is beslis nie anti-wit nie, en ook geensins pro-swart nie.

Thinus Erasmus ·

Presies reg Jan, dis ‘n morsige klomp daai.
Jo ek dink jy is heel verkeerd, baie mense word deur slenters en skelms gevang. Daar is verduidelik dat sy met agent se beloftes en beplanning wel binne die wet sal werk – sy het beslis nie gedink sy is slimmer as China nie! Sy verdien al ons simpatie en hulp, daar is ook baie onskuldige dwelm muile in buitelandse tronke wie se bagasie onwetend “gelaai” is, so pasop wie jy sommer die rug draai!
Daar was ‘n onderhoud op RSG met ‘n dame van Universiteit (ek dink Johannesburg) oor skema wat Chinese Universiteite het om buitelandse studente te werf, wat vir 2 jaar , in China by ‘n Universiteit studeer en bly, alle koste gedek, net sodat die studente bietjie Mandareins leer, om sodoende hulle chinese burgers in buiteland te kan bystaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.