Altesaam 831 persone is reeds in hegtenis geneem in verband met die voortslepende #FeesMustFall-betogings wat universiteite en ander hoërondderriginstansies oor Suid-Afrika heen teister.
Lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende nasionale polisiekommissaris, het Vrydag gesê die toename in inhegtenisnemings kan toegeskryf word aan die toename in die aantal gewelddadige voorvalle.
“Die neiging deur die betogende studente is om die polisie se aandag te probeer aftrek, en van die instansies af weg te beweeg en amok buite te saai, soos dit in Braamfontein [Johannesburg] gebeur het. Die aantal voertuie wat buite die Universiteit van die Witwatersrand aan die brand gesteek is, is ʼn teken hiervan,” het hy verduidelik.
Phahlane het gesê die studente betoog ook deesdae deurnag, en laat ʼn spoor van verwoesting in die oggend.
Hy het dit benadruk dat nie al 831 persone, wat sedert Februarie in hegtenis geneem is, in aanhouding is nie. Sommige is vrygelaat op borgtog.
“Die syfer is die nasionale syfer. Ons het nie in hierdie stadium die afsonderlike provinsiale syfers nie. Ons sal dit binnekort vrystel.”
Verskeie kampusse word geteister deur geweld en onrus sedert Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, op 19 September aangekondig het dat universiteite self ʼn besluit kan maak oor studentegeldverhogings vir 2017, tot ʼn maksimum van 8%.
Lees alle vorige berigte oor studentebetogings op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Ja ek hoop hulle gaan al die skade aan geboue en voertuie betaal.
Ek wonder hoeveel is werklik studente. Miskien kan Maroela uitvind?
Hulle is seker al reeds terug by die huis besig met nog planne van brandstigting ens.
Ek sou graag wou sien dat die polisie bekend maak hoeveel van die 800+ is nie studente nie.
Maak die borggeld baie hoog en wend dit aan vir reparasies