Meer as 800 vas oor #FeesMustFall-betogings

studentebetogings 2015 feesmustfall fees must fall

Studentebetogings (Oktober 2015) (Foto: verskeie bronne, sosiale media)

Altesaam 831 persone is reeds in hegtenis geneem in verband met die voortslepende #FeesMustFall-betogings wat universiteite en ander hoërondderriginstansies oor Suid-Afrika heen teister.

Lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende nasionale polisiekommissaris, het Vrydag gesê die toename in inhegtenisnemings kan toegeskryf word aan die toename in die aantal gewelddadige voorvalle.

“Die neiging deur die betogende studente is om die polisie se aandag te probeer aftrek, en van die instansies af weg te beweeg en amok buite te saai, soos dit in Braamfontein [Johannesburg] gebeur het. Die aantal voertuie wat buite die Universiteit van die Witwatersrand aan die brand gesteek is, is ʼn teken hiervan,” het hy verduidelik.

Phahlane het gesê die studente betoog ook deesdae deurnag, en laat ʼn spoor van verwoesting in die oggend.

Hy het dit benadruk dat nie al 831 persone, wat sedert Februarie in hegtenis geneem is, in aanhouding is nie. Sommige is vrygelaat op borgtog.

“Die syfer is die nasionale syfer. Ons het nie in hierdie stadium die afsonderlike provinsiale syfers nie. Ons sal dit binnekort vrystel.”

Verskeie kampusse word geteister deur geweld en onrus sedert Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, op 19 September aangekondig het dat universiteite self ʼn besluit kan maak oor studentegeldverhogings vir 2017, tot ʼn maksimum van 8%.

Lees alle vorige berigte oor studentebetogings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jan ·

Ja ek hoop hulle gaan al die skade aan geboue en voertuie betaal.

asmain ·

Nee wat ek hou nie my asem op nie, daar gaan waarskynlik nie veel van kom nie.
Gaan waarskynlik lang en duur hofsake wees (met die belastingbetaler se geld en gratis regshulp) met geen noemenswaardige gevolge nie

piet ·

Ek wonder hoeveel is werklik studente. Miskien kan Maroela uitvind?

Lance ·

Hulle is seker al reeds terug by die huis besig met nog planne van brandstigting ens.

Grassie ·

Ek sou graag wou sien dat die polisie bekend maak hoeveel van die 800+ is nie studente nie.

twakkies ·

Nou gaan die spul buite weer optogte hou om die spul vry telaat.

Louis ·

Wonderlik, die Polisie begin die kriminele in hegtenis neem. Nou is die toets vir die sukses daarvan of hierdie gemors nou gaan einde kry tot in die verre toekoms en nie net weer van nuuts af volgende jaar September/Oktober uitbreek oor ander eise nie. Dan word talle van hierdie kriminele natuurlik ook gou-gou weer op borgtog vrygelaat om verder te beplan, aan te hits, organiseer en af te breek. Ons sit regtig met `n politiek-bankrot regering aan die stuur van sake en die wetsgehoorsame burger moet net ly die heeltyd.

LHS ·

Toemaar volgende jaar die tyd sal daar weer n ander rede wees om af te brand, gom te snuif en nie eksamen te sktryf nie.

sarie van heerden ·

Oor die 800 siele in hegtenis geneem so wat nou? Wie betaal vir die “akkommodasie” in die “gevangenis” en net volgende week is hul losgelaat sonder enige nagevolge van hul dade. Dis tydmors.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.