Meer as 900 Covid-19-gevalle in SA

Werkers in Kaapstadse middestad dra beskermende maskers en handskoene terwyl hulle hul take verrig. (Foto: Tracey Adams/ANA)

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagmiddag die jongste syfers bekend gemaak van Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.

Altesaam 927 persone het reeds positief getoets vir die nuwe koronavirus. Die jongste getalle per provinsie is soos volg:

Gauteng – 409
Wes-Kaap – 229
KwaZulu-Natal – 134
Vrystaat – 49
Noordwes – 5
Mpumalanga – 9
Limpopo – 6
Oos-Kaap – 5
Noord-Kaap – 2
Provinsie onbekend – 79

Wêreldwyd het minstens 450 000 persone reeds positief getoets vir die virus en volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie 18 433 sterftes tot en met 25 Maart 2020 aangemeld.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Rolene ·

Wat gaan hulle maak op die platteland waar nie hospitale is nie?

Johan Venter ·

Goeiemore alle mede Staats ingeperktes op die eerste oggend van die nuwe era in Suid Afrika, op hierdie dag 27 Maart 2020. Ons het ‘n heerlike nagrus gehad, maar ons het gister laatmiddag die allervreestlikste elektiese weerligstom beleef wat ons nie gedink het ooit moontlik is nie. Ek het naastiglik alle elektriese ware se kragproppe uitgepluk, en toe sommer net daarna dans die slae en skote sulke klapgeluite hier bokant ons en om die huis. Na so halfuur trek dit noord. Trakke en blare lê die wêreld vol.

Maar soos gesê, het ons heerlik geslaap, onstwee daar op die Queensize. Nou wil ek net weet, hier by die huis gee ons mekaar deur die dag ‘n drukkie en so, sal ons as ons gaan kos koop, ook toegelaat word om van die parkeerarea ingehaak bymekaar of hand aan hand na die koswinkel toe te stap?

Netnou kom pluk een met ‘n swart Klassiek Fedora hoë kwaliteit vilthoed aan ons en sê: “Ek is Bheki Cele, julle moet een en ‘n half meter van mekaar af wees!”

Okmardom ·

Ons gtalle is nie reg nie. Die meting is totaal verkeerd. Noordwes kan nie net 5 gevalle hê nie. Dit is totaal onmoontlik vir die normale man op straat om te toets, en dit is waar die gevalle voorkom. Dink maar self wat gebeur by klinieke. Die tellery is mors van tyd.

Johan ·

Die getal is dalk nie reg nie, maar dit gee n aanduiding van hoe dit toeneem. Dit gaan nie oor presies hoeveel mense positief is nie, maar eerder oor wat die toename is, dit is al wat die data werd is. BAIE plekke toets glad nie, maar die wat wel toets is tog nuttig om n aanduiding te gee. Gelukkig is dit nie verkiesing resultate nie….

Johan Venter ·

And people stayed home….
A poem by Kathleen O’Meara
Written in 1869:

and people stayed home
and read books and listened
and rested and exercised
and made art and played
and learned new ways of being
and stopped
and listened deeper
someone meditated
someone prayed
someone danced
someone met their shadow
and people began to think differently
and people healed
and in the absence of people who lived in ignorant ways,
dangerous meaningless and heartless
even the earth began to heal
and when the danger ended
and people found each other
grieved for the dead people
and they made new choices
and dreamed of new visions
and created new ways of life
and healed the earth completely
just as they were healed themselves.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.