Meer as derde van volwasse SA’ners nou ingeënt  

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Indien die Suid-Afrikaanse regering teen Desember sy teiken kan haal om 70% van die volwasse bevolking teen Covid-19 in te ent, sal die land grotendeels teen ’n vierde vlaag van die virus beskerm wees.

Só het dr. Nicholas Crisp, waarnemende direkteur-generaal van die departement van gesondheid, Vrydag tydens ’n nuuskonferensie gesê.

Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, het bevestig dat die regering nou 33% (sowat 18 miljoen mense) van dié teiken bereik het.

Maroela Media het vroeër berig dat statistieke wat daagliks deur die departement bekendgemaak word ʼn duidelike afname toon in die getal mense wat hulself laat inent. Die departement het tydens die konferensie opnuut ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om hulle te laat inent.

Phaahla het ook aangekondig dat die sogenaamde inentingspaspoorte nou vir alle ingeënte persone in die land beskikbaar is en aan hulle verskeie spesiale voordele sal bied.

Gevalle bly daal

Phaahla sê die regering is verlig dat die getal nuwe Covid-19-gevalle konstant afneem en dat die algehele positiwiteitskoers oor die afgelope week steeds onder 5% was.

Volgens die departement se statistieke het die nuwe infeksiesyfers oor die afgelope sewe dae met 33% gedaal.

“Suid-Afrika het op 23 September amptelik uit die derde vlaag beweeg, waaroor ons uiters verlig is.

“Die derde vlaag was nagenoeg 120 dae lank – baie langer die vorige twee infeksietydperke. Die reproduksiekoers van die virus is tans ook minder as 0,67%, wat ook ʼn goeie aanduiding is dat ons stabiliteit bereik het.”

Phaahla sê daar was ook ʼn algehele afname van 19,3% in hospitaalopnames in die afgelope week, terwyl die getal Covid-19 verwante sterftes met 51% gedaal het.

“Hoewel een sterfte steeds een te veel is, is dié daling baie bemoedigend.”

Kommer oor Noord-Kaap en Vrystaat

Volgens Phaahla het die positiwiteitskoers in al nege provinsies afgeneem.

“Ons is egter nog bekommerd oor die Noord-Kaap en die Vrystaat, waar die positiwiteitskoers wel drasties gedaal het, maar steeds sommige dae bo 5% is.”

In die lig hiervan het Phaahla mense versoek om nie nou op hul louere te rus nie, maar steeds streng by Covid-19-maatreëls te hou.

“Dit is danksy bemoedigende afnames in infeksiegevalle en die stabiliteit van die pandemie dat pres. Cyril Ramaphosa beperkings tot op vlak 1 kon verslap.”

Phaahla sê hoewel die aantal daaglike infeksiegetalle sedert Julie vanjaar by die duisende afgeneem het, “skuil die vyand steeds in ons midde”.

“Daar is steeds meer as 5 000 mense in die hospitaal, waarvan 885 in hoësorgeenhede behandel word. Minstens 465 mense is tans op ventilators.

“Ons kan slegs die lae vlakke van infeksie volhou as ons aanhou om gesondheid- en veiligheidsmaatreëls na te kom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

VaalDonkie ·

Ja maar teen Desember 2022 is die ou inspuitings nie meer doeltreffend nie en moet ons weer almal ‘n vars doodskoot kry

Trotse Boervrou ·

Dit is juis die wakkeres wat navorsing gedoen het en as gevolg daarvan besluit het om nie proefkonyne te wees nie. Ons het niks teen entstowwe nie. Ons het wel iets teen inspuitings wat nie lank genoeg nagevors is nie en waarvan niemand die eindresultaat ken nie. Waarom lê die Regering klem daarop dat dit nie verpligtend is nie? Elkeen oefen sy keuse uit. Wat ek met my liggaam doen het na alles absoluut niks met enige iemand te doen nie.

Zombie ·

Mens sal verbaas wees oor hoe baie mense Google as ń navorsingsbron gebruik. En as baie mense eers die Bybel/Google/Huisgenoot/Ouma of Oupa in hulle argumente aanhaal, help dit nie eers om ń sinvolle gesprek te probeer voer nie.

VaalDonkie ·

Seg ek ook. Ek het al my inentings as kind gehad. En my kind ook. Ons almal het die blommetjies op die bo-arm. Maar ek stel nie belang om ‘n proefkonyn vir ‘n nuwe tipe inspuiting te wees nie. En NOG minder om my naam op ‘n internasionale databasis te kry.

VaalDonkie ·

Nee dankie. Ek wil nie my naam op nog ‘n databasis plaas nie. Hulle kan maar hulle doodskoot vir hulself hou.

Jedi Knight ·

Sonder inenting of medisyne of wat ook al is my kans op oorlewing iets in die hoë negentigs %. Dis goed genoeg vir my. So hoekom moet ek inent?

Johann ·

Seker n TENDER uit vir die SERTIFIKAAT. Lekker cash in pocket vir n bankrot ANC via sy KADERS. Die keer seker BLIND BAT COMMUNICATIONS….n afdeling van Mkize se nuwe werk.

Erik ·

Jong, ek hoop daar is ‘n tender uit. Niemand sal gratis wil werk nie. Maar ek stem saam, daar is altyd korrupsie ook êrens betrokke.

Anel ·

Dis nie verpligtend nie, so waarom gaan julle so tekere teen die wat nie belangstel nie? Hoekom mense probeer omkoop met allerhande foefies? Of jy gespuit is of nie, jy kan nog steeds doodgaan, aansteek of ander aansteek. Dis soos gewone verkoue en griep. Hoeveel mense word in die winter siek en steek mekaar aan? Hoeveel ander aansteeklike siektes is daar waarvan ons nie weet mense het dit nie? Maar nou ja, ons weet almal dat die 4de vlaag Desember gaan uitbreek. Nogal ‘n baie slim virus. En gaan aanhiu tot Februarie. WAT VERSTAAN DIE SPUL NIE, DIS SOMER HIER BY ONS!!! Hou op om mense so paranoïes te maak. Julle spuit het meer probleme wêreldwyd. Ons bly nie almal in grotte nie. Kry ander proefkonyne. En niemand kan sê hoe lank die affêre jou veilig hou nie. En niemand is bereid om verantwoordelikheid te vat sou jy iets oorkom nie! Dit moet tog ook bydra tot mense se onwilligheid. Kan ons nie kwalik neem nie.

Lourens CFG ·

Bedoel jy die gekookte no’s Koos?
Die sewenty and sewety hundred and, you must listen carefully now miljon?

battleaxe ·

Dis juis julle mense wat so teen die spuit is, wat verantwoordelijk is dat ons nie due ekonomie kan opmaak en ons lewens kan optel en aangaan. Is een van julle al 18 maande sonder werk. Pilots en toerisme mense het huise, karre en familie verloor. Dink ‘n bietjie daaroor en moenie selfsugtig wees nie.

Lourens CFG ·

Met liefde gesê, ons is nie selfsugtig, of ander goed wat ons genoem word nie.
Ons is net nie in hokkies besig om op ‘n wiel te hardloop nie.
As jy wil inspuit, spuit in, as jy nie wil nie, los dit.
So maklik soos dit. Ek respekteer jou besluit, respekteer mý besluit aub.
Wees geseënd.

MakersMark ·

Sekerlik. Moet net nie kla oor aanhoudende “lockdowns” en skade aan die ekonomie nie. Ook nie oor voordele van beweging en reis wat aan ingeentes toegestaan word nie. Stem saam – maak jou keuse lewe met die gevolge.

Erica ·

Ek het ook my werk verloor. Ek het op gestaan en die stof af gestof en gaan voort met my lewe. Die jab het niks met sonder werk te sit nie. Jy kan net die ANC dankie se vir die gemors mense hul nou bevind. Niks met jab te doen nie.

MakersMark ·

Soos gewoonlik die daaglikse snert. CV19 is al 18 maande duidelik nie ‘n gewone verkoue of griep nie. Data is vrylik beskikbaar dat inentings ernstige infeksies 99% teewerk. Golf 2 was Nov 2020 – Feb 2021 in die mìddel van die somer. En golf 4 sal ook so wees. Dis die wat in grotte bly wat dit nie wil verstaan nie. Lig op die klip.

KB ·

Wie glo een syfer vd Dept. v. Gesondheid nog? Phaahla kan net soveel syfers uitdink soos hy wil. Iewers gaan sy somme hom in die steek laat (hulle almal het dik duime soos dit gesuig word).

Erik ·

So hoe wil jy hê moet hy die syfers aanpas? Wat sal jou gelukkig maak? Hoë of lae sterftes? Baie of min inentings? Hoe hou jy daarvan? En waarom die syfers kook?

Jack ·

Die kudde vorder en so ook die beheer oor die toedien van toekomstige vaksienes teen die kostes vir landsburgers. Natuurlik betaal nie almal nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.