Meer as duisend gevangenes ontruim ná brand by tronk

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Meer as 1 000 gevangenes is ontruim nadat ʼn brand uitgebreek en ʼn groot gedeelte van die Glencoe-gevangenis in Dundee, KwaZulu-Natal, vernietig het.

Thulani Mdluli, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse departement van korrektiewe dienste, het gesê net meer as 1 000 gevangenes is na veiligheid geskuif nadat die brand uitgebreek het. “Die 1 022 gevangenes wat in die tronk aangehou is, is sonder beserings ontruim.”

Volgens Mdluli is minstens 70% van die gevangenis in die brand vernietig. Hy het gesê die gevangenis sal gesluit bly. Die gevangenes is intussen na ander tronke in die omgewing geskuif.

Mdluli het bevestig dat geen gevangenes tydens die brand ontsnap het nie. Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn saak van brandstigting is aanhangig gemaak. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Peet Schabort ·

Sjoe, erg, baie erg. Dink net aan al die jacuzzi’s, rekenaars, sonbeddens ens. wat in die slag gebly het. Dis seker die rokerslokaal wat aan die brand geraak het? Ek sou ook nie gevlug het maar eerder luukshede probeer red het . . . Net bly niemand het seergekry. Vertrou huisvesting elders het dieselfde sterstatus . . .

Peet Schabort ·

Let ook op na die korrekte gebruik van “gevangenes” en “gevangenis” in die berig.

Nicolene ·

Stem saam met jou Peet! Met die winter op ons, waar sou hulle anders WOU wees as waar ons belasting betalers hulle dan huisves?

Nicolene ·

“groot gedeelte van die Glencoe-gevangenis in Dundee,”
Moet sê die berig is uiters misleidend vir mense wat nie die area ken nie! Ek het in Glencoe skool gegaan – my ouers bly in Dundee! Dit klink amper soos “groot gedeelte van die Pretoria gevangenis in Johannesburg”?????????

scalla ·

Praat sommer van dit as n tronk en bandiete, soos dit bekend was.

jd ·

Peet: Die omstandighede waarin hierdie mense aangehou word is haaglik!!
Nicolene: ‘n mens kan sien jy het in Glencoe skool gegaan en duidelik nie Aardrykskunde gehad nie. Glencoe en Dundee is 8km uit mekaar en Pta en Jhb 56km, dalk moet jy jou skoolgeld terug vra

dj ·

@jd “haaglike omstandighede” watter onmenslike dade het hulle nie gepleeg nie? Mynskagte as huisvesting klink vir my goed

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.