Meer as mooi naels en kapsels by dié salon te koop

Van die dwelms waarop daar beslag gelê is. Foto: Facebook.

’n Haar- en naelsalon in Brakpan, Gauteng, is as ’n rookskerm vir die verkoop van dwelms gebruik.

Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD), het gesê lede van die EMPD het Donderdagoggend inligting ontvang van ʼn nael- en haarsalon wie se eienaar vermoedelik dwelms uit die winkel verkoop het.

“Ná ’n paar uur se monitering van die tipe klante wat in en uit die sakeonderneming in Wendenstraat beweeg, het die beamptes toegeslaan en is die perseel deursoek,” het Kgasago gesê.

Ses sakke kristalmetamfetamien, vyf sakke khat en dagga wat 734,8 g weeg is op die perseel gevind.

Die verdagte wat in hegtenis geneem is by polisiebeamptes. Foto: Verskaf.

Die geraamde straatwaarde van die dwelms waarop daar beslag gelê is, is R5 200.

“Die 28-jarige eienaar van die salon is onmiddellik in hegtenis geneem en by die Brakpan-polisiekantoor aangehou op aanklagte van die besit van en handel dryf in onwettige middels. Hy sal binnekort in die Brakpan-landdroshof verskyn,” het Kgasago gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Alida ·

Wat nou nog. Hopenlik is die gemors daar en dan in die toilet afgespoel anders verwissel dit net hande.

Reti ·

Sê ons al lankal in Sasolburg ook. Elke 2de winkel ‘n ‘salon’.

Hande in die hare ·

Die barbier kou nou seker sy naels af agter tralies. Welgedaan SAPD. Julle mag maar nou agter oor gaan sitd en die bewystukke in rook laat opgaan . Stuur n rook sein vir ander kriminele.

Linda ·

Hier waar ek bly gebeur dieselfde. Nigieriërs wat hul ‘klere besighede’ as rookskerms gebruik om dwelms te verkoop. Jy kan nie eers polisie toe gaan daarmee nie want hulle is kop in een mus saam met die verkopers. En as jy dit doen is dit jou en jou familie se lewens wat in gevaar is, want hulle weet dan wie hulle aangekla het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.