Meer as ‘n miljoen rand se skade ná skole brand

Die Humula High School in die Mukhomi-nedersetting. Foto: Verskaf

Die Humula High School in die Mukhomi-nedersetting. Foto: Verskaf

Meer as ’n miljoen rand se skade is aangerig in ’n brand by ’n skool in Limpopo en een in die Oos-Kaap.

Die Mpozolo Senior Sekondêre Skool in die Mendu-nedersetting in Willowvale in die voormalige Transkei is Maandag omstreeks 09:00 deur leerlinge aan die brand gesteek. Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, het gesê die leerlinge was glo ongelukkig omdat die skoolgeboue opknappingswerk nodig gehad het en die owerhede niks daaraan gedoen het nie.

“Die skoolinspekteur is ingeroep om met die leerlinge te kom praat, maar hulle het na bewering sy voertuig met klippe bestook,” het Manatha gesê. Die brand het glo al die skool se boeke, toerusting en ander dokumente verwoes en na raming R1 miljoen se skade is aangerig.

Die Humula High School in die Mukhomi-nedersetting. Foto: Verskaf

Die Humula High School in die Mukhomi-nedersetting. Foto: Verskaf

“’n Saak van brandstigting is geopen, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het Manatha gesê. “’n Saak van kwaadwillige saakbeskadiging word ook ondersoek nadat die skoolinspekteur se motor deur die klippe beskadig is.”

Intussen is ongeveer R180 000 se skade aangerig nadat die administrasiegebou by die Humula High School in die Mukhomi-nedersetting naby Thohoyandou in Limpopo Woensdagoggend omstreeks 05:00 afgebrand het.

Kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het gesê die gebou het uit vyf kantore en drie stoorkamers bestaan. “Daar is na bewering vyf skootrekenaars, ʼn rekenaar en talle sportpakkette in die brand verwoes. Daar is geen veiligheidsdiens by die skool nie. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Pierre Celliers ·

Lekker! Ons ken nie “skoolgaan” in die beskawing nie, en omdat ons as woestaards sukkel om
die mas op te kom, brand ons dit eenvoudig af! Niks meer skoolgaan nie en ons word nie vervolg nie! Ons maak soos ons wil, lekkerrrr!!!

anet ·

Ek stem saam met jou Pierre. Die skole moet ook nie herbou word nie. Hulle waardeer niks, want dit is nie hulle geld wat gebruik word, wat nou moet instaan vir die skade nie, maar wel ons belastingbetalers se geld. Van kleinsaf word hulle geleer om vernietigings werk te doen. Laat my dink aan ‘n Sprinkaan plaag………..

nig ·

Hulle was ongelukkig omdat die geboue opknappingswerk nodig gehad en dit nie gedoen is nie. Nou het dit NOG meer “opkanppingswerk” nodig! Heng, hoe kry mens “sense” in party se koppe?

jennefer ·

“Ons kry grant , ons soek matrieksertifikaat” (sic) Volgende verkiesing stem ons weer…… ANC!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.