Meer as ooit nou werkloos in SA

Dit blyk dat werkloosheid in Suid-Afrika sy piek bereik het. (Foto: Josh Appel/Unsplash)

Dit blyk dat werkloosheid in Suid-Afrika sy piek bereik het, met ’n beduidende toename in veral die Vrystaat, Limpopo en die Wes-Kaap.

Volgens Statistieke Suid-Afrika se kwartaallikse werksmagopname wat Dinsdag bekendgestel is, het Suid-Afrika se werkloosheidspersentasie teen einde Maart vanjaar op 43,2% gestaan.

Dit is 3,5% meer as wat tussen Januarie en Maart verlede jaar aangeteken is.

Luidens die verslag het die amptelike werkloosheidsyfer tussen Januarie en Maart 2021 in die Vrystaat met 2,2% toegeneem, vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. In Limpopo en die Wes-Kaap het dié syfer met onderskeidelik 2,1% en 1,2% toegeneem.

Dit beteken dat dié provinsies elk nou ’n amptelike werkloosheidspersentasie van 35,6% (VS), 29,4% (L) en 23,7% (WK) het.

Die Noord-Kaap, wat teen Maart vanjaar ’n amptelike werkloosheidspersentasie van 23,4% gehad het, het die grootste afname (5,3%) in werkloosheid getoon.

Werkloosheid in die Oos-Kaap (43,8%) het met 4,1% afgeneem en 1,1% in Noordwes (32,2%).

Gauteng se amptelike werkloosheidspersentasie staan tans op 34,4%, KwaZulu-Natal op 30,5% en Mpumalanga op 33,5%.

Uitgebreide werkloosheidspersentasies is veel hoër. Dít sluit mense in wat beskikbaar is om te werk, maar nie aktief werk soek nie.

Luidens die verslag is werkloosheid in die handel- en gasvryheidsbedryf die swaarste getref, waaronder restaurante en plekke wat verblyf bied. Ander beroepe wat erg geraak is, is voorskoolse onderrig, huiswerkers en beroepe in kunsvlyt- en ambagskuns. Meer landboukundiges is ook nou werkloos.

“Die feit dat die werkloosheidskoers nou op ʼn rekordhoogte van 43,2% staan, beklemtoon die behoefte vir daadwerklike werkskeppingsinisiatiewe in sektore wat arbeidsintensief is.

“Tussen die vierde kwartaal van 2020 en die eerste kwartaal van 2021 het die getal ontmoedigde werksoekers met 201 000 toegeneem. Dit beteken dat 11,4 miljoen mense tans sonder werk sit. Die uitgebreide werkloosheidskoers van mense tussen 25 en 34 jaar oud staan op ʼn skrikwekkende 51%,” sê dr. Michael Cardo, DA-LP en woordvoerder oor indiensneming en arbeid.

Cardo sê dringende veranderinge aan wetgewing in Suid-Afrika is nodig om die arbeidsmark meer buigsaam en absorberend te maak.

“Die regering hou hom met allerlei openbare werkskeppingsprojekte en lokaliseringsinisiatiewe besig wat nie ’n duik in die werkloosheidskoers sal maak nie.

“Slegs die privaat sektor kan werk op groot skaal skep en werkers met laer vaardighede vinnig in die ekonomie absorbeer.”

Cardo sê die privaat sektor moet ondersteun word, ook wat wetgewing en beleidstellings betref, aangesien dit die enigste hoop op volhoubare werkskepping is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Misky ·

En wie moet ons bedank vir hierdie rekord getalle…. Niemand anders as die groen, geel en swart BBEEEE narre nie. En ek is bevrees dit gaan nog slegter gaan, voor dit weer beter sal gaan. Indirek raak dit almal van ons en selfs die mense wat wel werk het, want ons is teikens en het nog iets en hulle wil dit hê

ChrisR ·

Baie wat hulle eie besighede begin. Glo hulle val seker ook onder die werloosheid syfer. My werk bedank en begin nou my eie besigheid…..BEE verhoed vaste aanstelling of stappe op…..Begin maar van voor….maar breek die sisteem. Tipe besigheid laat my toe om aan te stel wie ek wil….en nie nodig om my eie te veraai.

Johan ·

Dink gou mooi as BEE daarin slaag om die sowat 1.4M werkende “witmense” se werk vir “swartmense” te gee (soos wat hul beplan) maak dit nogsteeds nie n duik in die werkloosheid nie. Julle praat van n piek, ek dink dit kan nog slegter, wat kan mens verwag met sulke drakoniese ondeurdagte inperkings. Terloops, geluk aan almal wat die inperkings so greetig goedpraat, jul is aandadig aan duidende se hongersnood en lewensverwagting verlies.

Hennie ·

Baie geluk ANC! Nog ‘n goeie storie om by julle lys van septiese “oorwinnings” te voeg! Alles waaraan jul swartgallige hande raak, verander in ‘n klas A riool!

Jaco ·

11.4 miljoen sonder werk. Dit maak nie sin nie. Wat dan nou van regstellende aksie en BEE? Dis dan die toorwoorde waarmee mens met net, let wel net, die “regte” velkleur werk kry. Regstellende aksie en BEE id ook uit en uit teen wit mense gemik, so eintlik behoort SA net 2 miljoen werkloses te hê en hulle moet almal wit wees. Dis omtrent hoeveel ekonomies aktiewe wit mense daar in SA is.
Iewers maak iets GROOTS nie sin nie. Hoekom sorg die ANC dan so swak vir sy eie mense?

Dirk Mostert ·

Die piek is nog nie bereik nie. Dis nie die staat wat werk moet skep nie. Die staat moet ‘n gunstige klimaat skep vir ekonomiese groei, dan sal werksgeleenthede vanself ontstaan. Drastiese, in sekere kringe ongewilde maatreels is nodig. Skraap feitlik die hele Dept. van Arbeid, verbied vakunies en laat maatskappye toe om stakers summier af te dank.

Pieter ·

“Dit blyk dat werkloosheid in Suid-Afrika sy piek bereik het” – Geensins, dit geen elke jaar bly verhoog tot net so 2% nog werk het, alias die “connected ones”.

Miskruier ·

Heelwat boere het opgepak in Limpopo, met n regering soos nou, word dit al hoe moeiliker. Bek en Klou seer, minimum lone, die aankoop van ons eie sekuriteit, nie genoeg kundige vakmanne wat maak dat werk weke lank staan, onwettige betreding, houtstropers, termiete want die Ietermago en Aardvark is uitgewis, stort van vullis ……..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.