Meer as R1 miljard e-tolskuld

Argieffoto

Argieffoto

Motoriste in Gauteng wat nog nie vir e-tol geregistreer het nie, skuld meer as R1 miljard aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral), het die minister van vervoer gesê.

Minister Dipuo Peters het dié bedrag Vrydag in die parlement bekend gemaak in reaksie op ʼn vraag van die Demokratiese Alliansie.

DA-LP Manny de Freitas het gesê dit is ʼn teken dat motoriste steeds die e-tolstelsel verwerp. “Deur die stelsel te laat voortgaan, word die publiek se verontwaardiging oor e-tol geïgnoreer en die bykomende las op Suid-Afrikaners word ook geïgnoreer,” het De Freitas gesê.

Peters het Dinsdag ʼn grasietydperk vir die e-tolgebruikers van Gauteng aangekondig. Sy het tydens haar begrotingstoespraak aan LP’s gesê dit is om dit vir mense “makliker te maak” om te voldoen aan e-tol. Peters het gesê gebruikers het 51 dae om hul faktuur te betaal nadat hulle deur die e-tolhek gery het, in teenstelling met die bestaande sewe dae grasie. Gebruikers sal ook afslag kry afhangend van die tyd van die dag wat hulle deur die e-tolhek gery het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

WilleWragtag ·

Ek sien deesdae die korrupte verkeersbeamptes werk saam met die pad agentskap en keer motoriste af op die opritte na die N12 en reik boetes uit as hulle nie ‘n e-tol “tag” het nie. Kyk bietjie in die middae as julle op die N12 oos verby die oprite aan die oostekant van Boksburg ry.

Darryl ·

Hulle staan ook by die N1 Suid oprit by Oilifantsfontein,Midrand.Wonder onder watse wetgewing verwys hulle op die boete?

Ogies ·

Hierdie E-tolstelsel is die ergste vorm van “wettige” diefstal wat ek nog ooit gesien het!

Elizabeth ·

Na aanleiding van eerste twee kommentare, kan Maroela dalk vir ons raad gee waar mens staan sou mens voorgekeer word. Wat sê kenners, wat moet/kan mens doen?

P Myburgh ·

In 2008 they said the road will be upgraded for the worldcup,2010.The roads are in poor condition,cutout pieces,lappiesland.The tarrif per e-toll gate are syppose to be the SAME OR DIDN’T THEY USE COUNTERS TO GET THE CORRECT DISTANCE??I pay petrol price and that include money so the roads are to be kept in GOOD condition

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.