Meer as R1 miljard vir bevegting van geweld teen vroue bewillig

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS)

Die regering het ‘n bykomende sowat R1,1 miljard bewillig vir die bekamping van geslagsgeweld, het pres. Cyril Ramaphosa in die parlement aangekondig.

Hy het die presidensiële debat oor geweld teen vroue ingelei, en het ook gepraat oor geweldpleging teen buitelanders in Suid-Afrika.

Volgens Ramaphosa is daar ‘n donker, swaar skadu wat hang oor die land, en ‘n gewelddadige, brutale oorlog wat woed, waarin 2 700 Suid-Afrikaanse vroue en ‘n duisend Suid-Afrikaanse kinders verlede jaar vermoor is, meestal deur mense wat hulle geken het.

“Dit is mans wat dit doen. Dit is ‘n mansprobleem,” het Ramaphosa gesê.

Hy het gesê die situasie is ‘n noodtoestand en het insette van politieke partye gevra oor hoe om dit te bekamp.

Voorts het Ramaphosa ‘n nasionale strategiese plan met vyf onderafdelings teen geweld op vroue en kinders aangekondig. Die onderafdelings is stappe om geweld teen vroue te verhoed. ‘n Versterkte strafregstelsel, die verskerping van wette, versorging van slagoffers en ekonomiese bemagtiging van vroue.

Meer hanteringspakke vir die behandeling van verkragtingslagoffers sal aan polisiestasies verskaf word en meer bewusmakingsveldtogte oor vroueregte en respek vir vroue sal by mansorganisasies en in tronke van stapel gestuur word.

Vroueregte sal ‘n belangriker plek in neem in die lewensoriëntasie-kurrikulum in skole en sensitiwiteitsopleiding vir die polisie, staatsaanklaers en landdroste sal vermeerder word. Meer howe vir seksuele oortredings word ingestel en die uitskakeling van agterstande met hofsake oor geslagsgeweld asook by forensiese laboratoriums is prioriteit.

Die president het erken dat die regering se vorige pogings om geweld teen vroue hok te slaan, misluk het. Hy het bevestig dat beplan word om wette aan te pas sodat diegene wat skuldig bevind word aan seksuele misdade, nie parool kry nie.

Die regering sal ook groter aandag gee aan die beskerming van die gay gemeenskap en die president sal met universiteitsrektore vergader oor die veiligheid van vrouestudente op kampusse.

Laastens het Ramaphosa gevra dat mense nie wegkyk van seksistiese gedrag of dit kondoneer nie.

Oor aanvalle op buitelanders in Suid-Afrika het die president gesê dit vind te gereeld plaas en word deur fopnuus en ander xenofobiese leuens aangeblaas. Dit ontwrig sake-ondernemings en skrik beleggers af. Suid-Afrikaners moet leer om ander mense se menseregte te respekteer.

Hy het toegegee dat onwettige immigrasie en misdaad deur buitelanders ‘n probleem is en belowe om korrupte doeane-amptenare aan die man te bring.

Hy het ‘n taakspan bestaande uit oudpres. Joaqim Chissano van Mosambiek en oudpres. Jakaya Kikwete van Tanzanië aangestel om aanvalle op buitelanders in Suid-Afrika te ondersoek.

Opposisieleiers het hulle sterk uitgespreek tydens die debat.

Die DA-leier, Mmusi Maimane, het gesê die land verloor rigting en stort inmekaar. Skuldigbevindings volg in slegs 5% van verkragtingsake. Hy het die name van onlangs vermoorde vroue uitgelees en gesê ‘n “nee beteken nee”-program moet in skole ingestel word.

Namens die EFF het Veronica Mente gesê vroue moet self kan besluit wat met hul liggame gebeur.

Die IVP-LP Liezl van der Merwe het gesê die regering doen te min teen geweld op vroue, en dat dit nie reg is dat R10 per dag deur die regering bestee word op vroue in skuilings terwyl R350 per dag aan mans in tronke bestee word deur die staat nie.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het gesê respek is nodig, en dat geweldenaars nie ontsag het vir die polisie nie. Hy het gevra dat die polisie se spesialiseenhede weer ingestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Willie ·

Die hele spul laat my lag.
anc, da, vf, cope, ivp, eff (kleinletters met opset).

Deon ·

Geldmors! Wat gaan 1 Miljard maak! Die spul in die parlement is onnosel verby!

KrokodilBotha ·

Eskuus flou makou, daai geld sal nie eers n polisie stasie op dreef kan kry nie. n Pak slae by die huis sal meer effektief wees, of die slagoffer kan kies watse straf.

Joe Olivier ·

ramaphosa sê nou net vir ons as dit n buitelander is wat die geweldpleging doen, wie se regte sal die meeste weeg? En dan wil ek ook graag weet of n man wat die nodige doen om sy vrou en kinders te beskerm teen geweldpleging deur n ” eksterne faktor” die nodige respek en bystand deur die staat sal kry en of hy maar vir die wolve gegooi gaan word. Julle ( regering) praat so baie maar dink so min.

Anel ·

Nou hoe nou! ‘n Arme ma kan nou nie meer haar seun looi as hy ongskik is met haar nie. Of die pa mag hom nie meer looi nie. Wat se boodskap stuur dit uit? Nou wil almal huil oor mishandeling op vrouens? Soos my oupa gesê het, buig die boompie tetwyl hy groen is!

Dries ·

Hulle wil he die kinders moet so treurig soos die regering word

lewies ·

As ‘n mens ‘n huis wil bou begin jy by die fondasie en jy bou nie op sand nie, maar op rots. Eenvoudige beginsels wat jy ook kan toepas in die bou van ‘n land. Kortweg, die probleem le veel dieper as wat die regering dink. Belastingbetaler!!

Stella ·

Wat van die boere en hul gesinne? Waarom word hul nou nog nie beskerm nie? En waar gaan die geld vandaan kom vir die beloofde stad? Alles onbenullige praatjies wat ons almal weet nie sal waar word nie.!!!

Wessel ·

Ek dink voor die President die land se geld wil uitdeel, moet hy eers dissipline en orde in daai parlement instel, want die land se mense volg die voorbeeld wat daar gestel word en dit is net chaos en mags behepte mense wat geen doel het om die land uit sy 9 lost years te red, eintlik is dit nou n sirkus. Ramkat het dit onlangs mooi in video bespreek. Gaan kyk gerus hoe bespreek hy die werksaamhde van die vorige parlement versus die sirkus.

Gert van Wierdapark ·

Dis flippen baie geldjies waarvan jou praat mnr die Pres = meer as 1000 miljoen Rand! Geen probleem met die plan(ne) nie, maar die bekommernis is watter kaders en nuwe Soustrein ryers hul gulsige handjies op die geld gaan kry!???

Ig ·

Net die DA en VF praat sense , ek het NIE genoeg woorde om in die toegelate spasie te tik nie

Ryno ·

Dis juis die probleem Ig. Almal maar almal praat n hond uit n bos oor alle onderwerpe. Of jy nou nonsens praat, en of jy nou “sense” praat, die resultaat bly dieselfde, naamlik NIKS. So daar is eintlik maar bitter min, indien enige, verskil tussen al die partye. Eintlik kan al die partye hernoem word na PP (Praat Party), elkeen net met n unieke nommer na die PP, bv. PP1, PP2, ens.

Johanna Botha ·

Al die gepraat ….wag maar en kyk na die statistiek volgende jaar …met al die virige planne …het dinge net versleg jaar op jaar onder die anc ….PATETIES !

Fanie Meintjes ·

Daar is bitter min respek of dissipline by die meeste van die jonger geslag weens die regerende party EN die humanitêre groepe wat die toepassing van dissipline teenstaan. ‘n Pakslae op sy tyd het niemand doodgemaak nie, wel kinders respek en dissipline geleer. Die grootste probleem is dat kriminele meer regte as hulle slagoffers of selfs die polisie het. Dis hulle keuse om misdadigers te word, so dan is dit hulle keuse om hulle regte af te gee. Weereens regering en humanitêre groepe in kahoots. Jy gaan nie misdaad of dissipline met sagte benaderings stop nie. Bring basiese dissipline terug en raak ontslae van kriminele se menseregte, dit was immers hulle keuse.

Andre ·

Die Regering kan triljoene begroot vir die probleem, maar met ‘n oneffektiewe en korrupte polisiemag en ‘n regstelsel wat pateties funksioneer sal dit nie ‘n duit se verskil maak nie. Ek kry die gevoel dat sekeres weer finansiële voordeel gaan trek uit hierdie mildelike bewilliging …

Pieter ·

Hoekom geld gee ou cr daar is mos nie plaas moorde verkragtings roof ens nie als in julle land is mos reg

John ·

…. die vroue sè klaar die geld is te min. Nou gaan toneelklasse gewild word vir daai ekstra RRRrrre. Dalk ‘n vrouetoelaag… oy… Cyriltjie gaan eendag net onthou word as die pienk pa..y prez e sy pienk weerligafleier terwyl die land brand. Agter-die-kwaai-antie-se-voorskoot-wegkruipers raak gewild met die Big Six se Beauty Queen hul groot denker en wysgeèr. Hoeveel geld is nog oor in ons pienk spaarvarkie se pensie vir al die geldgooi!

Louise ·

Daar is reeds n uitstekende program beskikbaar in Afrikaans en Engels. Dit is ‘The quest for authentic manhood’ of ‘Op soek na ware manwees’. Die program word oor ses maande aangebied deur die Family Life bediening van Campus Crusade. Dit behoort deel te wees van elke universiteit se curriculum. Verander lewens.

jakes ·

Asseblief ou CR, hoe gaan n miljard rand die kwessie in die land verander? Dis n kultuur ding wat eeue oud is. Dit gaan oor opvoeding van kleins af. Dit gaan oor die waardestelsels van mense. Ongelukkig is daar weinig respek vir lewe in SA en kan n mens nie n vrot appel weer vars maak nie.

Ditsem ·

Ja swapo, dis waar die werklike probleem le in ons land. Aandag afleibare tegniek het julle al goed bemeester.

Johan ·

…maar nie ‘n sent vir die bevegting van PLAASMOORDE nie?

marous ·

Hierdie knaap het geen idee waar om te vat en waar om te los nie . Hy is ‘n groter twak salwer as al sy voogangers tesame . Punt

MS ·

Die grootste faktor in geweld teen vroue en kinders is die te kort aan compassion en bystand van die SAPS wanneer hierdie misdade aangemeld word. In meeste van die gevalle wat ek van weet, was die polisie nie bereid om betrokke te raak, was iemand nie beskikbaar om te help met die saak/verklarings, of was die polisie net plain ongeintereseerd in wat met die slagoffer gebeur het. Volgens die slagoffers se families, wanneer ‘n jong kind verkrag word, meen die polisie dat die kind te jonk is om ernstig opgevat te word en dan word die familie aangeraai om eerder die kind huis toe te vat en te kyk wat gebeur. Juis daarom word talle gevalle nie eers aangemeld by die polisie nie en dus is ons misdaad syfers onakkuraat. DIT is waar julle moet begin, Mr. President.

Dries Moolman ·

Wonder in watter rowers se sakke gaan die R1 miljard opeindig.

Niklaas ·

En volgende jaar is daar n paar nuwe SA miljoeners en die twyfelagtige hantering van misdaad sake teen vroue is steeds soos voorheen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.