Meer as R1 miljoen se batterye uit selfoontorings gesteel

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man sal Dinsdag in die Kimberley-landdroshof verskyn nadat hy na bewering batterye ter waarde van meer as R1 miljoen uit selfoontorings gesteel het.

Lt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die Kimberley-blitspatrollie het op ʼn huisbraak-aanmelding gereageer toe hulle ʼn verdagte bakkie op die N12 buite die dorp gesien het. “Die rooi Toyota-dubbelkajuitbakkie het dadelik weggejaag toe hulle die polisie gewaar het,” het sy gesê.

ʼn Blitsjaagtog het tussen die polisie en die verdagtes ontstaan. Die verdagtes het naderhand stilgehou en te voet gevlug. Een is in hegtenis geneem, het Tawana gesê.

“Elf batterye van selfoonseintorings is agter in die bakkie gevind en 13 batterye op die agtersitplek. Die batterye is meer as R1 miljoen werd.”

Die tweede verdagte is nog op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Paul ·

“Te voet”, nie “op voet” nie.

Dis in Engels wel “on foot”, maar Afrikaans is nie Engels nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Paul

Ons vra om verskoning dat die teksversorger hierdie fout oorgesien het, die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Winston ·

Glo dit is weereens buitelandse burgers vergesel deur SA krimineel. Die koper draad is nou op. Lyne is weg. Next?

Christo ·

Ek tel 24 batterye in die berig.. 11 + 13.
R1 miljoen vir 24 baterye.. dus R41,666 per battery? Iets ruim nie….

Johan ·

Ek vermoed die battery se prys is hier by die R100 000. Dis in die omgewing wat ek nou vir 24 X Willard RT25 betaal het .
Die ouens moet swaar gestraf word. Selfoontorings is “sleutelpunte” . As dit gesaboteer word kan o. a. noodoproepe nie hanteer word nie. As daar ‘n roof plaasvind en mense is afhanklik van die torings as enigste kommunikasie middel, kan lewens en eiendom so verloor word.

Jannes ·

Ek het nog altyd gedink Kimberley is ‘n stad en nie ‘n dorp nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.