Meer as R1 miljoen se dwelms by Jhb-lughawe gevind

dwelmsʼn Vrou is gister by die OR Tambo Internasionale Lughawe vasgetrek nadat dwelms ter waarde van R1,2 miljoen in haar besit gevind is.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê die 42-jarige vrou het vanaf Sao Paulo in Suid-Afrika aangekom. Doeanepersoneel wat roetine-kontrole uitvoer, het meer as vier kilogram dwelms, vermoedelik kokaïen, in die vrou se bagasie gevind. Die dwelms was in boeke in haar tas versteek.

“’n Aanklag van dwelmhandel sal teen haar aanhangig gemaak word en sy sal Maandag in die Kemptonpark-landdroshof verskyn,” het Naidoo gesê. Die dwelms sal intussen vir forensiese toetse gestuur word om te bepaal of dit wel kokaïen is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.