Meer as R14 m se dwelms op beslag gelê

Argieffoto van kokaïen

Argieffoto van kokaïen

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het in Maart verhoed dat dwelms met ʼn straatwaarde van meer as R14,8 miljoen Suid-Afrika kon binnekom.

“SAID-doeane en uitvoeringspanne het gekeer dat net meer as 22kg kokaïne, meer as 23kg kristal metafetamien (tik) en meer as 7kg heroïne die land binnekom,” het Marika Muller, adjunkwoordvoerder van die SAID, gesê.

Muller sê die kokaïne het ʼn straatwaarde van meer as R6,4 miljoen, die kristal metafetamien (tik) ʼn straatwaarde van meer as R7 miljoen en die heroïne ʼn straatwaarde van meer as R1,4 miljoen.

Muller sê die SAID het in Maart ook op sigarette, koperdraad en 20 lewendige skerpioene beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.