Meer as R2 miljoen se skade ná sokkergeweld

Vusi Mazibuko, bestuurder van die Moses Mabhida-stadion, Zandile Gumede, eThekwini-burgemeester, en Thembo Ntuli, voorsitter van die stad se veiligheidskomitee. Foto: ANA

Die skade aan die Moses Mabhida-stadion in Durban ná ontstoke toeskouers Saterdag op die veld gestorm en daar algehele chaos losgebars het, is na raming R2,6 miljoen.

Zandile Gumede, burgemeester van eThekwini, het Woensdagoggend saam met Vuzi Mazibuko, die stadionbestuurder, en Thembo Ntuli van die stad se veiligheidskomitee, die media tydens ʼn perskonferensie by die stadion toegespreek.

Die burgemeester het gesê eise vir die skade is tans besig om ingestel te word, maar die stadion funksioneer steeds ten volle. ʼn ANC-geleentheid is net ʼn dag ná die voorval by die stadion gehou.

Gumede het gesê daar is ʼn behoefte om stappe te doen om soortgelyke voorvalle te verhoed aangesien dié gebeure nie ʼn geïsoleerde voorval was nie. Sy het gesê een so ʼn maatreël waarna gekyk word, is ʼn beperking oor die hoeveelheid alkohol wat by die stadion gebruik mag word.

Maroela Media het vroeër berig toe die eindfluitjie Saterdag blaas tydens ʼn Nedbank Cup semi-finaal tussen die Kaiser Chiefs en Free State Stars, het geweld losgebars. Die Chiefs het die wedstryd 2-0 verloor.

Honderde ondersteuners het op die veld gestorm en spelers en veiligheidswagte moes vir hul eie veiligheid vlug.

Terwyl die wedstrydkameras steeds die gebeure vasgevang het, het toeskouers begin om stadion-stoele aan die brand te steek, skareversperrings en toegangshekke te beskadig, kameratoerusting te vernietig en ʼn veiligheidswag aan te rand. Altesaam 18 mense is tydens die voorval beseer.

Mazibuko het in reaksie op kritiek dat daar nie genoeg sekuriteit by die stadion was nie, gesê die SAPD is verantwoordelik vir “hoë- of medium-risiko” personeel by sportgeleenthede en dat Saterdag se wedstryd in hierdie kategorie geval het.

“Die ontplooiing van veiligheidswagte word bepaal volgens protokol ten opsigte van die getal toeskouers en die ontwerp van die stadion. Die ontplooiing van SAPD-beamptes is nie die stadion se verantwoordelikheid nie, dit is die verantwoordelikheid van die polisie en word bepaal tydens voorafbeplanningsvergaderings,” het hy gesê.

‘n Skermskoot uit ‘n video van die chaos op die veld.

“Ons het almal geweet hoe die Chiefs-ondersteuners gaan reageer as die Chiefs nie wen nie. Daarom was die beplanning van die stadion se kant dat daar ʼn moontlikheid van ʼn bedreiging was en [ons het gekyk na] hoeveel mense verwag is. Ontplooiing moes daarvolgens gedoen word. Hierdie wedstryd was ʼn Premier Sokkerliga (PSL)-wedstryd en hulle was die beskermhere. PSL moes sekuriteit verskaf het.”

Mazibuko het gesê dit is “maklik” om die veld van die stadion in te val omdat die ontwerp daarvoor voorsiening maak dat dit ʼn bymekaarkompunt is as ʼn voorval gebeur. Hy het gesê die stadion was beplan om die ervaring van die toeskouers te verbeter deur ʼn maksimum uitsig van die veld te gee en ʼn plek te wees wat vir talle geleenthede gebruik kan word.

Hy het verduidelik selfs wanneer skareversperrings opgerig word, is hulle opvoubaar om beserings tydens ʼn voorval te minimaliseer, het hy gesê.

Steve Komphela, die Kaizer Chiefs se afrigter, het ure ná die voorval bedank en Irvin Khoza, PSL-voorsitter, het swak sekuriteit by die stadion blameer vir die geweld.

Die KwaZulu-Natalse polisie het ʼn taakspan aangestel om ondersoek in te stel of wetstoepassers en private veiligheidspersoneel volgens die bepaalde veiligheidsplan vir die geleentheid opgetree het.

Intussen het die PSL die klub van wangedrag aangekla en gesê dat hulle die liga in ʼn swak lig gestel het. Dit is die tweede keer hierdie maand dat die klub aangekla is vir die swak dissipline van sy ondersteuners.

Een man het Maandag in die hof verskyn op aanklag van opsetlike saakbeskadiging en sal na verwagting weer vandag in die hof verskyn om om borgtog aansoek te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anoniem ·

Pragtig man, 2.6 miljoen rand se skade en 1 man het daarvoor in die hof verskyn.

pieter ·

HIERDIE GEDRAG MOET VOOR DIE DEUR VAN DIE ANC GELE WORD,DIE MENSE WORD AANGEHITS KYK HOE BRAND RSA.AS DIE ANC NIE GOU INGRYP NIE GAAN DAAR CHAOS LOSBARS EN HULLE GAAN DIT NIE GESTOP KRY NIE

Casper Labuschagne ·

Geen probleem nie, die geld is nog nie op nie – stem ANC, Pretoria sal voorsien!

Antjie ·

Irvin Khoza van PSL blameer swak sekuriteit. SAPD moes sekuriteit verskaf, wat nie voldoende was nie. Wie is verantwoordelik vir swak kommunikasie? As SAPD onskuldig wil wees, sal hulle in openbare belang die kommunikasie vrystel. As media/joernaliste nie slaag nie, kan OPOD en die president help. Maar Khoza sal moet fyn trap, of hy gaan vir die skuld moet betaal. Asb, geen belastinggeld nie–ons het oorgenoeg behoeftes wat nie met geweld en vernietiging aangespreek word nie!

snoefie ·

van wanneer af is saps verantwoordelik voe sekuriteit by sokker-wedstryde?

Wolf ·

Nou Ja, wat anders het ons verwag? Ek het altyd gewonder hoekom daar sulke hoe heinings om die Indiese krieketvelde gespan is. Nou weet ek hou kom. Hierdie mense is ook passiefol oor hulle krieket maar die Indiese owerheid het voorsiening gemaak vir toeskours wat hand uit ruk. Viva Sokker ViVa. Ek vra mooi dat die passievolle mense in ons land asb. net sal wegbly van ons rugby en krieket velde.

VROT ·

Wat weer uit die belastingbetaler (my en jou) sakke gaan kom . ons is steeds die grootste groep belastingbetalers . die WITmENSE in SA word gemelk vir alle skade en vir die massas se vernietiging en nou moet ons nog betaal vir hulle kinders se UNIVERSITEITSGELDE ook terwyl ons eie kinders lenings moes uitneem ..

Amelia ·

Jammer maar ek skud hande vir julle.
Die ANC en Malema het nooit gedink dat die opstokery teen hul gaan draai nie. Julle het jul kaders mooi geleer. En ja kinderregte en geen pak slae is mos die inding. Daar is nou geen beheer oor die jeug want hul weet maak nie saak wat hul doen die ouers mag nie tugtig soos die Bybel ons se nie. (Maw die ANC skep n antichristiese volk wat nie hul Vader eer en volgens die Bybel leef nie). Een van die dae gaan die baas geroep word om te help om vure dood te slaan. Maar daar sal gese word kom help jou withond, witboer ens. Maar ek is bevrees dan is alles klaar tot niet. Dissipliene is wat kort in ons land. Met dissipliene sal daar nie korupsie wees, nie moord, diefstal en stakings nie. Dan sal ons bure ook besef as hul hier wil bly moet hul, hul gedra. Ander lande het die doodstraf nog en nie een van hul het soveel moorde en verkragtings nie.

Nope ·

Nedbank moet sy sponsor staak, en supersport moet uitsending stop.

christa ·

wie speel sokker???????????? los die veld net so dat hulle daarsonder klaarkom. Nou word die veld reggemaak net om dit weer te laat beskadig. Dit het tyd geword om dinge wat verwoes is so te los en hulle daarsonder bly.

André ·

Swak sekuriteit word blameer vir die geweld. Ye, right! Barbaars.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.