Meer as R205 miljard in belastingterugbetalings

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Woensdag gesê hy het die afgelope tien en ʼn half maande meer as R205 miljard terugbetaal vir alle belastingtipes.

Die SAID het gesê die uitbetalings aan individue en maatskappye, van die begin van die finansiële jaar op 1 April 2017 tot 9 Februarie 2018, verteenwoordig ʼn beduidende hupstoot vir die ekonomie gegewe die huidige ekonomiese klimaat.

Die bedrag van R205 miljard in terugbetalings is meer as die totale begroting vir verdediging, openbare orde en veiligheid in 2017, wat R198.7 miljard beloop.

BTW-terugbetalings beloop R170.2 miljard, ʼn 6%-verhoging in vergelyking met die R160.6 miljard die vorige jaar oor dieselfde periode. Terugbetalings vir persoonlike inkomstebelasting het met 16% toegeneem tot R24,1 miljard, in vergelyking met R20,7 miljard die vorige jaar. Terugbetalings vir maatskappybelasting beloop R11,4 miljard, ʼn 5% verhoging in vergelyking met R10,9 miljard die vorige jaar.

Volgens SAID was daar die afgelope drie jaar elke jaar ʼn verhoging in die terugbetalings.

“Alhoewel die SAID groot sorg tref om seker te maak geldige terugbetalings word aan belastingbetalers gedoen, het hy ook die verantwoordelikheid om seker te maak dat bedrieglike eise verwerp word. Die SAID het sedert die begin van die huidige finansiële jaar op 1 April 2017 meer as R28 miljard se bedrieglike terugbetalings voorkom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Marie cordier ·

Dis nice maar wag nog vir my uibetaling wat ek al van Nov 2017 voor wag….

Madeleine ·

Ons wag al van Julie 2017 vir terug betaling. Dit is absoluut belaglik!

Frikkie Geld en huis ·

Die onlangse BTW terugbetaling van R70 miljoen aan die Guptas was beslis bedrieglik.

Jan Britz ·

Dis geen hupstoot vir die ekonomie nie. Dis eenvoudig geld wat nie aan hulle behoort het nie. As hulle nou uit vrygewigheid so bedrag wou uitdeel was dit ‘n ander saak. Dit sou die ekonomie kon stimuleer ja!

Rente ·

Natuurlik sonder rente. Moet jy net nie hulle skuld nie . . .

Pop ·

Ons kry ook nie ons terugbetaling uit hulle nie. Eers is dit op review gegaan , en daarna nog bewyse van sekere goed weereens gevra. En toe moes hulle toegee, hulle skuld ons die geld. Maar nog niks.

Prop Kotze ·

Ek wag ook al vanaf Nov 2017 vir my terug betaling en elke keer as jy navraag doen dan verleng jou wag periode weer met 60 dae. Kan nie werklik n antewoord en rede verskaf hoekom hulle nie kan uitbetaal nie. ‘It is in the process of being audited” . Dit is al wat jy uit hulle uit kry

Magda ·

Sjoe…en ek wag nog steeds vir my terug betaling…bel jy hul..al wat hul se…besig met audit. Dit is nou al 4maande

STOP BELASTING ·

O hel binnekort is hulle ook bankrot, want hulle spog altyd met die inkomste wat hulle ingekry het VOORDAT hulle die terugbetalings gedoen het. EK DINK in elk geval die blankes in SA moet OPHOU belasting betaal want ons MAG NIE MEER WERK NIE (agv BEE,) ons MAG nie meer eiendom besit nie (AGV nuwe voorgestelde wet op grondonteiening sonder vergoeding) so waarvan moet ons leef? ALMAL vertel dat apartheid so sleg was en dat swartmense nie mag land besit het nie .. en nie werk gekry het nie, maar nou dat dit OMGEDRAAI is en witmense nie werk kry nie en WITMENSE nie meer mag grond besit nie . NOU WORD DIT GESTEUN en oral as JUSTICE beskou. Hoe gouer ons ons BELASTING stop, hoe gouer gaan die REGERING leer dat hulle nie net minderhede kan onderdruk en vernietig nie!! Hulle gebruik ONS geld om wette teen ONS in te stel.

Witwolf ·

Ek stem 100% saam, booikot belasting betaling sonder dienste. Geen diens, geen betaling!!!

Piet Pompies ·

Terugbetaling as gevolg van oorverhaling, dit is geen guns van SARS, bloot geld wat terug betaal word omdat te veel afgetrek is.

Andre ·

Mense dis ons eie geld wat hulle terug gee (sonder rente by ons geleen – jou geld se waarde minus inflasie) omdat jy deur die jaar te veel betaal het. Maar die nuusberig is eintelik net beeld poets / propaganda van SARS om die mense te laat goed voel oor SARS, lees dit weer. As jy dit uitgee kry hulle weer R30.75 miljard (15%) BTW terug en jy kry niks vir jou belasting geld nie. Terloops as mense belasting korrek betaal deur die jaar volgens die tabelle ens, is daar niks vir SARS oor vir hulle “beeld”. Pleks dat hulle eerder vir die mense verduidelik waar gaan die geld heen en wat kry die belastingbetaler daar voor? Maar jy sal baie lank wag.

Gerda ·

O genade ek dog dis net ek alleen wat wag vir my terugbetalings van 2 jaar gelede. Wonder aan wie betaal hulle uit want dit is beslis nie aan my nie.

DAVID ·

Ek wil net graag n stelling maak “The minority rich can not uplift the majority poor”ons is maar net n handjie vol mense wat belasting betaal en daarmee moet ons vir hele bevolking sorg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.