Meer as R46 miljard vir wapentransaksie

Gripen-vegvliegtuig Foto: gripen.com

Gripen-vegvliegtuig Foto: gripen.com

Die omstrede wapentransaksie het glo bykans R47 miljard gekos, het The Star Donderdag berig.

Die Nasionale Tesourie het die amptelike bedrag van R46.666 miljard vir die wapenaankope bekend gemaak.

“Die transaksie is gefinansier deur lenings van buitelandse banke met leningskoste tot R51.3 miljard,” het Andrew Donaldson, adjunkdirekteur-generaal van die Tesourie, aan die Seriti-kommissie van Ondersoek in Pretoria gesê.

Pres. Jacob Zuma het die kommissie in September 2011 aangestel, nadat die Wes-Kaapse hooggeregshof in 2009 versoek is om ʼn onafhanklike ondersoek oor die wapentransaksie van stapel te stuur.

Die kommissie moes sy ondersoek al in November 2013 afgehandel het, maar het Zuma vir ʼn 12 maande uitstel gevra. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

Dis darem VREESLIK baie geld. Mens kan baie mense kos gee en baie HOP-Huise bou.

Hoekom wil SA wapens aankoop? Of het ek iets in die nuus gemis?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.