Meer as R51 miljard se onreëlmatige uitgawes by staatsdepartemente

Ouditeur-generaal Kimi Makwetu (21 November 2018) (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

Die ouditeur-generaal Kimi Makwetu het Woensdag onthul onreëlmatige uitgawes vir nasionale en provinsiale staatsdepartemente en staatsbeheerde ondernemings beloop meer as R51 miljard.

Makwetu het die ouditverslag vir die 2017/18- finansiële jaar vrygestel. Dié bedrag sluit nie die onreëlmatige uitgawes (R28.4 miljard) in wat by Transnet en Eskom aangegaan is nie. Transnet en Eskom het privaat maatskappye wat hul finansiële state oudit.

Die syfer kan egter nog styg, aangesien 27% van die staatsdepartemente en organisasies aangedui het hulle het onreëlmatige uitgawes aangegaan, maar die volle bedrag is nie bekend nie.

Verkwistende en sinnelose uitgawes het “ook ʼn groot sprong” van 200% gehad, in vergelyking met die 2016/17- finansiële jaar en staan tans op R2,5 miljard, het Makwetu gesê. “Dit is uitgawes wat ons kon verhoed het, maar wat nou toeneem.”

ʼn Toename in ongemagtigde uitgawes van 38% tot R2,1 miljard word toegeskryf aan oorspandering.

Ouditeur-generaal Kimi Makwetu (21 November 2018) (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

Die OG se verslag volg ʼn dag ná nuwe wetgewing vandeesweek van krag geword het om munisipale en ander staatsamptenare persoonlik finansieel aanspreeklik te hou vir onregmatige besteding wat onder hul toesig aangegaan word.

Die nuwe bepalings is vervat in die Openbare Ouditwet, wat Sondag deur pres. Cyril Ramaphosa onderteken is en dus nou wet geword het. Dit bepaal dat die kantoor van die ouditeur-generaal persoonlike skuldbriewe kan uitreik teen amptenare wat willens en wetens wanbestee of bedrog pleeg.

Dit is nog nie duidelik wanneer die wet in werking sal tree nie.

Makwetu se kantoor het riglyne saamgestel wat sal bepaal onder watter omstandighede ʼn skuldbrief uitgereik kan word.

Onreëlmatige uitgawes deur die KwaZulu-Natalse departement van vervoer beloop R4,4 miljard; die waterhandelentiteit staan op R4,5 miljard, die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) staan op R3,939 miljard, die Gautengse departement van paaie en vervoer R2 miljard, nasionale departement van water en sanitasie R1,9 miljard, die departement van korrektiewe dienste R1,9 miljard, en die departement van gesondheid in KwaZulu-Natal en Gauteng staan onderskeidelik op R1,8 miljard en R1,7 miljard.

Verkwistende en sinnelose uitgawes by die waterhandelentiteit het R1 miljard tot die gesamentlike R2,5 miljard bygedra.

“As hierdie neigings voortduur, sal die hoofde van departemente en staatsbeheerde ondernemings, wat nie redelike verduidelikings kan verskaf vir die uitgawes nie of versuim het om op te tree teen diegene wat nie aan die wet voldoen nie, die gevolge moet dra,” het Makwetu bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Hasie ·

Mnr. die ouditeur generaal, nou wat nou? Waaroor huil jy nou daaroor? Jy het mos lankal geweet ontgeruimthede gebeur in al die staats departemente. Wat moet ek nou doen daaromtrent? Niemand gaan in elk geval iets omtrent dit doen nie. Ongeruimthede gaan nog steeds aan.

stefaans ·

U ouditeur-generaal moet eers jou self afdank dan cabinet en dan sal alles dalk weer reg verloop…anders help niks….julle is goed dood en dood goed!!!!!

DS ·

ONGERYMDHEDE net vir enige toekomstigste kommentare want die woord kom gereeld voor en duidelik is daar Babelse verwarring oor die spelling.

Hanna Hoekom ·

Al wat ek weet is dat dit n paar ton KFC was wat met alles behalwe water afgesluk is. En so stoom die soustrein voort! ANC het sowaar “a good story to tell” soos hul verkiesings plakate altyd wil wysmaak.

Ella ·

@ DS ek stem saam. Bly jy het die vroeg uitgewys maar kyk maar wat gebeur vorentoe.
Hierdie stelery gaan nooit ophou. Daar is elkedan en wan n nuwe sarsie mense wat dink dit kom hulle toe.
Daar is GEEN gevolge vir die stelers nie.
Hiekom sal die nuwe wet werk?
Skuldbriewe? Hulle gaan jou uitlag en niks terugbetaal. Wat doen jy dan?
Skande op skande vir SA.

Ralph ·

Ja nee, kyk net hoe lekker vet en rond is ons staatsamptenare. KFC ja. Dan soek ons nog en nog. Tipies ANC regering en dan nog ons baantjies vir boeties.

Thinus Erasmus ·

dis nou mooi
dis nou baie mooi
julle breek een rekord na die ander
daar is voorwaar geen plafon vir jul asemrowende prestasies
SA is voorwaar die beste land ter wereld, almal wens hul kon geld mors soos ons.

Onderhoud ·

As gevolg van die korrupsie is daar nie werk ook nie, blanke mans wat nie werk kry en kan onderhoud betaal nie. Ek wens daar was ‘n manier sodat die vrou haar onderhoud by die staat kan gaan eis omrede die gestelery en BEE belaglikheid veroorsaak dat mans nie meer kan werk kry nie. Het julle enige idee hoe baie R51 miljard is.

Die ANC is nie meer tevrede met (M) vir miljoen nie, dit moet nou (B) vir biljoen wees vir hulle gestelery

DC ·

Optrede teen verkwisters is n grap. Bepaal eerder die bydrae v blankes tot die belasting basis om uit te wys hoe ons geld vermors is. Dalk kan dit meewerk om standpunt in te neem oor betaling v belasting.

tamboti ·

Blikke so:
Hoe ry die trein, hoery die trein
Die ANC se lekke soustrein,
hy maak tjoeke jard tjoeke joen
miljarde Rand in sy zoem

TV lisensie ·

Whahahahaha dan wil hulle by my bakhand staan vir R350.00 vir my tv lisensie…..kiss my skinny little white ass!!!

Pietman ·

Staande Komitee oor Openbare Finansies is veronderstel om die waghond funksie te vervul. Amptenare word voortdurend gevra om te kom getuig oor kwessies wat die ouditeur-general in sy verslae uitwys. Hulle word oor die vingers “getik” of berispe en dis dit. Geen korrektiewe stappe of intervensie word toegepas nie – ten minste nie so dat die stortvloed van wanbesteding ens, doeltreffend verhoed word nie. Bedenkinge of nuwe voorgenome wetgewing soos beskryf gaan help gesien teen die tendens dat sodanige maatreëls skynbaar “polities selektief” toegepas word.

Save the chicken! ·

Goeie genade! Met die tempo waarteen staatsdeprtement hoender vreet gaan hoenders oor ‘n jaar of twee ‘n bedreigde spesie wees.

humor ·

Die prokureers en advokate gaan floreer. Hier kom hofsake en nogmaals hofsake en apelle en nogmaals apelle.

charmaine ·

Hierdie kan gevaarlik raak daar is al op ouditeure geskiet, die dame is gewond en beroof van haar rekenaar…ons mense is kan nou ingevaar wees.

LVH ·

Humor, jy het vergeet om te meld: hulle word eerstens geskors, met betaling, en dan kan die prokureurs begin werk. Per saak……seker 2 jaar later uitspraak. Onthou, hy/sy kry nog steeds salaris, al doen hulle nie veel nie. Dan gaan die beskuldigde die uitspraak teestaan, nog ‘n jaar verder! Dan uiteindelik uitspraak en dan gaan die beskuldigde seker CCMA toe of so iets. So ja, na al hierdie kan die beskuldigde rustig met pensioen gaan.

CJ ·

Hierdie is niks anders as misdaad teenoor belastingbetalers nie. Ons betaal en betaal. En so vinnig as wat ons betaal, word die fondse wanbestee en weggedra. G’n wonder die res van die wereld lag vir ons ekonomie nie! Nee wat, dis wakkerword-tyd verby. En altyd “nuwe” wetgewing terwyl daar vinnig vergeet word van dit wat reeds verkeerd gedoen word. “Regstellende stappe word in die toekoms “ingestel”, maar dit wat reeds wanbestee of weggedra is, word maar vergeet! A nee a! Belastingbetalers is geregtig op insae oor hoe hulle belastingbydraes bestee word, en geregtig daarop dat regstappe teen wanbesteders van belastingbetalers se swaarverdiende en eerlik betaalde belastingeld ingestel word. Kom nou, OG, doen die eerbare rn regte ding! Laat hulle asn die pen ry. Veral prnsionarisse lei hieronder, omdat hulle pensioen beleggings langdurige negatiewe groei beleef omdat oorsese instelling nie hier wil bele a.g.v. die totale gebrek aan monetere dissipline in ons land nie. Finansiele aanwysers bly meeste van die tyd asn die daal. En dan word dikwels die stelling gemaak dat persone wat aftree, nie genoeg voorsiening maak nie! Grootste bog. Swaarverdiende pensioengeld wat bele word om voorsiening te maak, krimp teen die spoed van lig, i.p.v. om groei te toon, as gevolg van grootskaalse ongestrafte korrupsie. En dsn word die ewigdurende krimpende maandelikse pensioenbetalings nog belas ook, sodat belasting wanbestee kan word! Watchet van die Wet oor Beheer van Openbare Fondse geword? Bestaan die Wet nog?

Ian ·

Daar is tog iewers hier die grondslag vir ‘n klasaksie van soorte? Ek bedoel, my belastinggeld, wat ek as ‘n minderheid betaal, word wanaangewend deur die staat wie ek, by implikasie, aan beheer plaas van die behoorlike aanwending van my bydrae. ‘n Direkte aansoek by die Konstitutisionele Hof blyk nou een van net ‘n paar oorblywende opsies te wees:

“As for direct access, section 167 of the Constitution allows a person, “when it is in the interests of justice and with leave of the Constitutional Court”, to bring a matter directly to the Constitutional Court.”

Selfs ‘n “positiewe” KH uitspraak laat die veld braak lê vir wat dan die regstellende remedies kan/sal wees…en wie dit gaan implimenteer.

Die ensigste ander uitweg is of (a) om die ANC uit te stem, en kom ons wees eerlik – dit gaan nie veel beter gaan met die moontlike opsies wat by hulle kan oorneem nie; of (b) sessessie, met al die pyne daaraan verbonde.

Diefie ·

Hoekom lyk hulle so lekker? dis die lekker sous.
Hoekom lyk hulle so stewig? Dis die lekker geld.

(F)luister ·

Ek het al voorheen hier genoem dat die ANC regering bestaand wette soos bv. die Skatkiswet en Tesourie Regulasies so aangepas en verkrag het om korrupsie in ALLE Staats Departemente, Provinsiale Administrasies en ander Saats organisasies maklik te maak sodat niemand werklik verantwoordelik gehou kan word nie. Nou moet die OG skuldbriewe uitreik en dit nadat die daad reeds gepleeg is. Daar was in die verlede gevalle waar die OG saam gewerk het om geknoeiery onder die mat in te vee. Wie bluf hulle?

Johan H. ·

Lyk of die ou spog,, Een langs hom smile ook net,,,, Julle is n verleendheid vir jul ras en dei land!!!

alida ·

Hoeveel gedienste huise kon gebou gewees met al daardie geld. Dit is skandelik.

Herleen Potgieter ·

Net ‘n gedagte of dalk ‘n goeie idee sal wees, indien ‘n blanke man/vader sy werk verloor agv die kleur van sy vel, moet die regering pa staan vir die onderhoud aan sy gesin. Want dis hulle skuld en agv hulle siek idees dat die man sonder werk is en nie vir sy gesin kan sorg nie. Sê maar net……….☺

T ·

Toemaar Duitsland gaan vir hulle geld leen en dan kan hulle dit ook alles opgebruik net soos hulle SA leeg tap kan hulle die res van die wereld ook nou een vir een vat en leeg tap

Fielies ·

Verstaan hulle die verskil tussen miljoen/miljard/triljoen/biljoen/ziljoen/gazillion/toomuch?
Wat is die definisie van n miljard in die storie?

alida ·

As hierdie man en sy personeel van dag een af hulle werk behoorlik gedoen het sou hulle agtergekom het toe die eerste miljoen verdwyn het. Maar nee hulle wag tot R51 miljard wegraak nou skrik hulle wakker. Hy behoort sy onbekwaamheid nie op die voorblaaie van die koerante te verkondig nie.

Lido Pellencin ·

Is daar nie voorbeelde van hierdie ongemagtigde bestedings nie? Of is dit vertroulik?

humor ·

Onherstelbare probleem. Dit gaan oor n gebrek aan opvoeding en integriteit. Praat van miljarde, dit gaan miljarde ligjare neem voordat beskaafdheid die oorhand kry.

tamboti ·

Korrupsie en vermorsing sal nooit onder ANC stop nie. Ons kan hulle en hul onkundige ondersteuners nie uitstem nie, maar ons kan hul stop. Draai net die geldkraan skielik toe.
O ja ek weet dit sal ook nie gebeur nie, so in die strewe om wetsgehoorsaam jou belasting te betaal, voer ons hier verterende vuur nog brandstof. En dit is moreel reg?

Manda Gordon ·

Waar is Juju nou met sy whyde monopolièe kapietaal?
Of verstaan ons maar net nie mooi nie….

Geregtigheid ·

Tip van ysberg. Groot verrassings wag nog vir SA. Korrupsie is geweldig groot en mense is te bang om iets daaraan t doen. SA gaan vir lank nog duur betaal hiervoor.

Ansie ·

Nie voor ons sien dat hierdie soustrynryers vervolg word, op hul bates beslag gelê word, en in die tronk land nie, sal ons nie glo dat enige iets goeds uit al hierdie praatjies sal kom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.