Meer as R8 miljoen se perlemoen in Kaapstad gevind

Die sakke perlemoen wat gevind is (Foto: Verskaf)

Altesaam 40 sakke perlemoen met ʼn straatwaarde van R8 miljoen is Dinsdag in die industriële gebied van Kaapstad gevind.

Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, sê die Valke se ondersoekspan het op ʼn onwettige stoorfasiliteit in Manhattanstraat in die industriële gebied van Kaapstad toegeslaan en op die perlemoen, wat reeds uitgedroog was, afgekom.

Beamptes van misdaadintelligensie asook die departement van landbou, bosbou en visserye was deel van die operasie om onwettige perlemoenberging in Kaapstad stop te sit.

“Toe die lede van die Valke by die stoor aankom, was daar egter niemand om in hegtenis te kan neem nie,” sê Hani.

Die Valke het op die perlemoen beslag gelê en die soektog na die eienaars van dié onwettige perlemoen word voortgesit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Spyker ·

Dink daaraan om in die omgewing van die parlement te begin soek!

Hercules ·

ek sal dink dat iemand die perlemoen stropers gewaarsku het, want R8miljoen se perlemoen is baie om sommer netso onbewaak te laat!!

Chris dupreez ·

Seker vooraf ingelig van die operasie en toe pad gegee

JohanR ·

Die dag sal kom waaneer daar vir perlemoen en kreef gesoek word in die plekke waar die altyd volop was, en daar sal net soe paar kleintjies wees. Soos met die vuurhoutjies en afbrand….verwag om die volgende dag by die stasie of die universiteit aan te kom, en iemand het die klaskamers of stasie oornag herbou….it’s a miracle!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.