Meer bekend ná moord op skoolseun

Argieffoto

Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, het Woensdag gesê beeldmateriaal is aan die polisie oorhandig wat drie leerlinge van ander skole op die toneel plaas waar ʼn seun vanoggend buite ʼn skool in Mondeor in Johannesburg doodgesteek is.

Lesufi wou nie bespiegel of dié leerders by die voorval betrokke was nie.

Die LUR het die slagoffer identifiseer as die 19-jarige Khulani Mathebula. Mathebula was in graad 11 en het sowat ʼn kilometer van dié skool gebly.

Lesufi het gesê dat hy egter nié in die stadium meer inligting kan bekendmaak nie aangesien dit die polisie se ondersoek kan belemmer.

Themba Chauke, Mathebula se oom, het Lesufi vergesel en gesê die seun het ʼn blink toekoms gehad. “Om te dink dit sou só eindig … ek het so baie van hom verwag … hy was so ambisieus; dit is jammer dat dit só moes eindig,” het Chauke gesê.

Lesufi het hom vanoggend na die skool gehaas nadat hy van die voorval te hore gekom het. “Ons wil graag ons opregte meegevoel aan die familie betuig en hulle van ons ondersteuning verseker,” het hy gesê.

Hy het verder gesê die departement verkeer tans onder druk en benodig hulp met die veiligheid van leerders.

Volgens genl.maj. Max Masha, provinsiale polisiekommissaris, hoop die polisie om die skuldiges binne 72 uur vas te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Ek dog eers ek lees verkeerd… Jip, n jong volwassene in standard 9! Nogtans tragies dat hy so moes sterf.

Colleen ·

LOL ja en ‘n blink toekoms wag vir hom met 40 miljoen mede korrupte landsgenote.

Bafana ·

????kyk hul na crime channel op TV
Maar hvl boere se moordenaars is al gevang
En gebeur al die gevalle rondom Lesufi se huis of wat want hy word altyd gehaas na waar probleem opduik

Zumie ·

meneer Lesufi
Hoe gaan julle dissipline vir julle messtekende “leerders” leer sonder wyse aanwending van die kweperlat……. dit gaan nie help om 2000 keer uit te skryf dat ek nie my maatjie moet steek met ‘n mes nie – party goed is net te ernstig

Jaap ·

Lesufi het hom na die skool gehaas.
Regtig.
As die hele regering hulle net wil haas na goed en dinge wat n verskil kan maak.
Maar nee haas hulle net as daar iets is vir eie gewin

Koos de Meyer. ·

Dissepline en die doodstraf bestaan mos nie meer nie, so wat sal ons omgee. Maak dood, brand af aan die orde van die dag.

jaco ·

10 jaar oud en in graad 11. Iets maak sin nie. wat dan van die lae onderwysstandaarde wat alles maklik maak om deur te kom?
1. ek het laasjaar na matriekhersieningsprogramme op DSTV gekyk. ek was verbaas hoe maklik spesifiek geografie is – dit was my moeilikste vak op skool in die ou SA.
2. Dan ook: dis mos ‘n “skending van menseregte” om n leerder te druip. Dis wat ek by my bure met kinders jn die skool hoor.
So ek verstaan regtig nie dié hoë ouderdom in graad 11 nie

LD ·

Hy was 19 en in graad 11. Ek verstaan dit kan dalk ñ tik fout wees @jaco

Cherokee ·

Vir wie van julle kommentators maak dit sin dat ‘n 19 jarige beskryf word as ‘n ‘seun’?

Aggenee! ·

Die arme Honourable Lesufi is seker alte bly die skole sluit Vrydag dat hy ook n bietjie kan rus. Die arme man kry seker nie n stukkie werk in sy kantoor gedoen nie. Dis net n rondhollery tussen die vreeslike stoute kinders … Dalk begin hy nou besef met watter tipe uitdagings die onderwyskorps daagliks te doen kry.

Gert van Wierdapark ·

Die Onderwysman van Gauteng bemark homself op elke liewe terrein! Hy het verseker aspirasies om na die Nasionale speelveld van onderwys te beweeg – kyk net eers hoe hy Gauteng kan knou! Die spreekwoord: “Hoe meer Haas, hoe minder Spoed, kan hom egter hopelik pootjie in sy opmars.

Saartjie ·

‘n 19 jarige is nie meer ‘n seun nie, op 18 jaar is daardie persoon al mondig, ‘n stemgeregtigde wat kan stem oor die toekoms van hierdie land en by magte om ‘n bestuurslisensie te verkry. Vind dit ook vreemd dat die oorledene as ‘n seun beskou word. 19 is oud vir graad 11 …….

WL ·

Dit is waar. Maar aan die ander kant, dit sou seker as rassities beskou word as ons na hulle verwys as skoolmanne. Veral die nog in die laerskool.

E.K. vra net ·

Kan jul nou NET negatief wees? ‘n Seun, iemand se kind, iemand se vriend, se familielid, het sy lewe verloor en al wat julle oor aangaan is sy ouderdom. Ek ken ‘n swart vrou wie se kind uit die skool moes gaan op 16 omdat daar nie geld en hulp was. Later, toe dinge beter gaan het hy teruggegaan skool toe en hy was 20 in matriek. SO WHAT? In sy familie waar min dalk geletterd en geskool is, is dit dus nie snaaks dat die oom hom gesien het as een in die familie met ‘n blink toekoms omdat hy darem nog op skool was. Probeer tog eenkeer jul weerhou van aaklige komentaar as julle nie AL die omstandighede ken nie!

Hendri ·

Ai tog mense tragies dat ‘n kind so moet sterf. Meer tragies dat Panyaza Losskroefie nie skuimbek staan om die oortreders ter helle te vervolg voordat die ondersoek nog afgehandel is nie. Oeps ja nou onthou ek, skuimbek tirades is net gereserveer vir blanke kinders en onderwysers wie dalk net aanstoot kon gegee het, hoe verbeeld ookal. As jy swart is is jy kwydgeskeld van enige kritiek uit die ou dwaalgees se mond, self al moor jy.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.