Meer bekend oor egpaar wat raaiselagtig sterf

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie het Dinsdag die name bekend gemaak van die egpaar wie se liggame Maandag in hul huis in Port Elizabeth in die Oos-Kaap aangetref is nadat ʼn buurman op ʼn verdagte nota teen die ruit van die egpaar se huis afgekom het.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het Dinsdag die oorledenes as Martin en Jenny van der Merwe geïdentifiseer.

Maroela Media het vroeër berig die Van der Merwe-egpaar se buurman het Maandagoggend omstreeks 07:00 verby hul huis gery toe hy die nota opgemerk het. Die nota het versoek dat die persoon wat dié nota lees die polisie moet ontbied. Die polisie het daarna Martin se liggaam aangetref waar hy in die motorhuis hang. Jenny se liggaam was agter op sy bakkie.

Janse van Rensburg het aan Maroela Media bevestig dat die vrou se liggaam kopwonde gehad het. Sy wou egter nie daaroor uitbrei nie aangesien ʼn nadoodse ondersoek nog nie afgehandel is nie.

ʼn Wapen, vermoedelik ʼn hamer, is ook op die bakkie langs Jenny se liggaam gevind. Dit is nog onduidelik of die hamer die moordwapen is.

Janse van Rensburg het ook bevestig dat vier ander notas, buiten die nota teen die venster, in die egpaar se huis aangetref is. Die notas gee glo meer duidelikheid oor die egpaar se dood, maar die polisie wil hangende die ondersoek nie die inhoud van die notas in dié stadium bekend maak nie.

Die notas is ook na ʼn handskrifkenner gestuur om te bepaal of dit wel deur Martin geskryf is.

Die polisieondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

GESKOK ·

Enigiemand wat die egpaar persoonlik geken het, sou kon getuig dat hierdie die laaste twee mense is waarmee mens hierdie tipe tragedie sal verbind. My hart is stukkend! En ek het nie woorde nie…

Net ·

Dis nie n tragedie nie, hy’t dit beplan, briefies gelos, sy vrou toe met n hammer dood geslaan en eers laaater homself gehang.

LB S ·

Net, het jy al daaraan gedink dat iemand hom kon dwing om die briefies te los? Die perfekte moord beplan het? So bespiegel ons almal en dit is beter om liewer niks te sê nie, die waarheid sal hopelik uitkom.

Rina ·

Net weer eens bewys: hoe goed ken jy regtig ‘n mens of wat in sy/haar kop aangaan? Breukdeel van sekonde en einde chaoties van iemand wat jy “dink” jy ken!

LB S ·

Presies! Net die name. Asof dit nou soveel saak maak vir die lesers. Net soos menige groot sake wat daagliks herhaal word met een nuwe sinnetjie. Al die media is skuldig hieraan.

Belmarie ·

Dalk het die twee mense nie meer kans gesien vir die lewe nie,sy vrou het dalk ook nie kans gesien om haarself saam met hom te hang nie, ons sal nie weet nie.Dit is net hartseer dat so iets moes gebeur, sterkte aan die familie

Tanzie ·

En dan maar liewer haar man toelaat om haar met ‘n hammer by te kom? Of haarself dan met die hammer te slaan? Daar is “meer versagtende” maniere as ‘n hammer.

M ·

Ai Net, dis so maklik om afleidings te maak né. Jy het nie eers die briefies gelees nie. Seker ‘n siener.

Charlotte ·

Iets klink nie pluis nie. Indien hul hul lewe saam wou beeindig hkm dan nie eerder n oordosis slaappille gesluk nie. Hkm haar so wreed doodmaak. Ek vra maar net…. Iets is hier nie pluis nie….R.I.V dis sooooo tragies

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.