Meer bekend oor gaslekkasie in Olifantsfontein

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Minstens 70 persone moes Vrydag behandeling ontvang ná ʼn gaslekkasie by ʼn maatskappy in Olifantsfontein in Gauteng.

Die Stad Ekurhuleni het gesê die persone is vir ammoniakvergiftiging behandel.

“Brand- en reddingspanne en paramedici van die plaaslike brandweer het vinnig reageer,” het William Ntladi, distriksbestuurder van nooddienste in Ekurhuleni, gesê. Paramedici is Vrydagoggend omstreeks 06:50 na die toneel ontbied.

“Die chemikalie is as ammoniakgas geïdentifiseer wat deur die pyplynstelsel uitgelek het. Die persone is op die toneel behandel voor hulle na verskeie hospitale geneem is. Twee persone was in ʼn ernstige toestand. Die ander persone het slegs geringe tekens van vergiftiging getoon. Geen sterftes of kritieke beserings is aangemeld nie.”

Ntladi het gesê vervaardiging by die maatskappy is opgeskort en die hele gebou is ontruim totdat alle veiligheidsmaatreëls in plek gestel is.

Die brand- en nooddienste is in gesprek met die betrokke maatskappy en ander belanghebbendes om die oorsaak van die lekkasie te bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

George in Bloem ·

Sal my glad nie verbaas as dit of ‘n diefstalpoging is wat skeefgeloop het nie of dalk sabotasie as daar erens arbeidsonrus in daardie omgewing is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.