Meer bekend oor gesinsmoord in Durban

Die toneel in Montclair in Durban waar ‘n man en vrou en hul drie kinders in die gesin se huis doodgeskiet is [6 Maart 2019]. (Foto: Nqobile Mbonambi/ANA)

ʼn Vrouelanddros wat by die Durbanse landdroshof gebaseer was en haar lewensmaat, ʼn hoftolk, asook hul drie kinders is Woensdagmiddag dood in die skietvoorval by ʼn huis in Montclair in die KwaZulu-Natalse stad.

Die polisie was teen 18:00 steeds besig op die toneel waar die paartjie en hul drie kinders in die gesin se huis in Isleworthlaan doodgeskiet is.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het bevestig die vyf oorledenes is deel van dieselfde gesin. Op ʼn vraag of dit ʼn moord-selfmoord-geval is, het hy geantwoord: “Dit wil so voorkom, ja.”

“Die man is ʼn hoftolk en sy vrou ʼn landdros. Ek is nie seker of hulle getroud was nie, maar hulle is geag as man en vrou. Albei het by die Durban-landdroshof gewerk.” Zwane het ook bevestig die kinders was tussen 9 en 17 jaar oud.

Maroela Media het vroeër berig al vyf oorledenes se liggame is in een slaapkamer aangetref. ʼn Vuurwapen is ook in die huis gevind.

Zwane het bevestig sake van moord word ondersoek, terwyl ʼn geregtelike doodsondersoek gedoen word. Die motief vir die moorde is nie bekend nie.

Die name van die oorledenes kan nog nie bekendgemaak word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Rindels ·

Maroela Media… nie hieroor of daaroor nie, goed julle noem nog nie name nie, maar julle plaas foto’s van die huis en noem ook in watter straat dit gebeur het. Julle bevestig ook beide se beroep….. as ek ‘n familie lid was kon ek lankal 1 en 1 bymekaar getel het en dan van my familie se moord in die media lees :-(

Leser ·

Rindels, as dit wel jou familie was, dan is ek seker jy sou al in elk geval uitgevind het…

M ·

Hulle lees nie Maroela media nie. Dis in Afrikaans. Regtig ? Ek JA kanse is 99 % dat hulke nie Afrikaans is nie.

Speedguard ·

Ai die komentaar oor die huis en die straat slaan my stom, MM doen die regte en die wettige ding om nie die name op die stadium bekend te maak nie , wie ookal 1 by 1 wil sit en al die goed kan doen net wat hul wil, MM kan en mag nie die name aan die algemene publiek vrystel sonder die nodige toestemming nie…….. en as julle nou weet wie die is …wat daarvan ?

Rindels ·

My kommentaar was hipoteties bedoel. Die oorspronklike berig het genoem dat die name van die slagoffers nog nie bekend gemaak word nie, nie tot dat al die naasbetaandes in kennis gestel is nie. Wat ek met my stelling bedoel het is dat daar soveel ander baie spesifieke besonderhede in die berig genoem word, dat as jy ‘n naasbestaande is, jy dadelik kon agterkom dat dit jou familie / vriende is…… Die media is deesdae so vinnig om ‘n storie te plaas (met partykeer baie details) dat naasbestaandes tog dit op sosiale media kan lees voor hulle persoonlik in kennis gestel word…. en ek praat nie nou net van Maroela nie, maar in die algemeen!!

leser ·

wat was dit nou eintlik selfmoord of net moord, wat beteken die frase “dit wil so voorkom, ja”, is dit nou “ja” vir moord of “nee” vir moord

Roland ·

Daar word vermoed dat een persoon die ander vier doodgeskiet het (moord) en dan hom/haarself (selfmoord)

Doempie ·

@leser, moord-selfmoord beteken die persoon het moord gepleeg en daarna selfmoord. Berig is eintlik baie duidelik en ondubbelsinnig??

Antonio da Cruz ·

Familial murder-suicide. Why must parents take their children when deciding to end their lives? A narcissistic selfish weak individual.

Marinda ·

Ons weet nie wat gaan agter geslote deure aan nie.
Let’s not crucify them before we have all the facts.

Michael ·

Al wat n mens kan dink Daar was groot fout.en baie groot fout.

Tray ·

Hoekom moet mense altyd, altyd oordeel en opinies he. Dis ‘n tragedie en niemand weet wat tot die situasie gelei het. Dit is baie hartseer, vir julle wat oordeel uitspreek, dit vertel my baie van jou karakter.

Tanya ·

Dit is n trageedie wat gebeur het om 4 familie lede te verloor. RIP Gesin en mag God met die familie gaan aan byde kante

honourable member ·

Dis baie tragies wat hier gebeur het. Mens weet nie altyd wat in mense se huise aangaan en waarmee hulle stoei in hulle lewens nie. Dis baie sleg. Sterkte aan die familie wat hierdie gebeurtenis moet probeer verstaan.

Mariaan ·

Niemand oordeel nie…maar dis NIE REGVERDIG om ander mense dood te skiet as jy nie meer lus is vir lewe nie…WAT OOKAL DIE REDE…skiet jouself en kry klaar…los jou vrou en kinders…dis nie jou eiendom nie…ALMAL het n reg op lewe…dink net die vrees en angs wat daai kinders moes deurgaan terwyl hul sien hoe die een na die ander geskiet word….EN ONS MAG NIE OORDEEL NIE…NONSENS

Lizelda ·

Dalk het ek dit iewers misgelees, maar waar word daar gese dat die MAN die skieter was?

Freaky ·

In n moord-selfmoord, soos genoem in die berig, is dit 99,999% die man. Vrouens in moeilike omstandighede is geneig om hande vol pille te sluk.

Moontlik ·

Vertel my as die nou so is soos die berig se……
Hoekom is almal in 1 vertrek?
Gaan jy nog in daai vertrek staan as iemand jou ma/ susters/broers reeds geskiet het?
Daai landros het ‘n saak gedoen en die ding was beplan deur iemand anders.
iemand het die hele gesin in een vertrek gedwing en almal uitgewis.

Jacques ·

Die probleem le nie net by die hele gesin wat dood is nie maar ook by die oorsaak van dit .
Ek dink ons gaan die voorvalle meer en meer sien in die land . Ek persoonlik blameer die regering daarvoor .
My persoonlike opinie oor die voorval : Mense kom tot op n stadium waar dit menslik onmoontlik is om ekonomies by te bly by alles met al die lewensomkostes wat net bly op gaan . Die hoof van finansies neem dan n drastiese beluit om hom of haar hele gesin uit te wis sodat hulle nie nog meer sukkel met finansies en die dood van die ander persoon nie . Dit is wanneer n hele gesin weg geneem word deur een persoon se besluit . Ja dit is baie tragies , en almal is geskok oor die voorval , maar dit is ongelukkig iets waaraan ons nie veel kan doen nie . Baie sterkte aan die familie en friende .

Blommie ·

Ja nee Mariaan, ek stem 101% ssam met jou. Daar is NIKS fout met n gesonder oordeel nie.
Watse TIEPE ouer kyk jou kinders in die oe en skiet hulle, watse regdenkende mens doen so iets. Daai persoon is siek in sy kop man, SIEK verby.
Hoe kry enige normale mens dit oor sy hart om net te se ek ontneem my KINDERS my vlees en bloed van die reg om te lewe.

jakes ·

Tensy die persoon wat die sneller getrek het n brief gelos het om redes vir die daad te verduidelik, kan niemand n opinie vel nie. N persoon wat so n tragiese stap doen moet geweldige trauma, desperaatheid en magteloosheid deurmaak of deur onbeskryflike woede oorval word. Jammer vir die kinders en familie.

Margaret ·

Wat ookal die rede of oorsaak, dis baie hartseer en tragies. Sterkte vir die familie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.