Meer bekend oor Kirkwood-plaasmoord

Duaene Truter.

Agri Oos-Kaap het gesê hy is diep bedroef oor die moord op Duaene Truter (51) Sondagaand in die Kirkwood-distrik.

Alfonso van Niekerk, voorsitter van Agri Oos-Kaap se landelike veiligheidskomitee, het gesê Truter was een van die plaasbestuurders op Dunbrody Estates, Unifrutti se sitrusplaas in die Sondagsriviervallei.

Truter, sy vrou en seun was omstreeks 19:00 tuis toe ʼn onbekende man die huis binnegekom het, volgens kapt. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie.

Pa en seun kon glo daarin slaag om die verdagte te oorrompel waarna nog twee verdagtes skielik die huis binnegekom het. Volgens Swart het een van dié verdagtes Truter verskeie kere met ʼn mes gesteek voor die verdagtes van die toneel gevlug het.

Truter is na ʼn plaaslike hospitaal gehaas waar hy later aan sy beserings beswyk het. Die Truters se dogter was nie tuis ten tyde van die voorval nie.

Volgens Swart is ʼn taakspan onmiddellik op die been gebring om ʼn soektog na die verdagtes van stapel te stuur. “Daar word beweer die verdagtes het balaklawas gedra ten tyde van die aanval. Dit is in dié stadium nie duidelik of enigiets tydens die voorval gesteel is nie.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en roof. Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om AO Morné van Tonder by 082 441 7738 of die Kirkwood-polisie by 042 230 7600 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Eben P ·

Kan ons by ons geagte prez cr verneem wat noem hy die sinnelose daad?

wonder net ·

Seker maar nog n oorwinning vir anc. Nog n boer minder

Wilma Josey ·

Ek wens iemand wil ‘n Petisie opstel waarin die Terugkeer Van Die Doodstraf gevra word. Daar gaan VERSEKER DUISENDE DER DUIDESENDE handtekening wees. Rus In Vrede, Mnr Truter.. Mag God met almal naaste aan jou wees.

BEES ·

Wilma
Is jy van jou sinne beroof vrou?WIE DINK JY GAAN DOODSTRAF KRY?Kyk maar net na die sonneblom saga.Jou vel kleur tel teen jou tot in die hof.

Cherokee ·

Bees, is jy van jou sinne beroof? Wat Wilma voorstel moes lankal gestalte gekry het en julle redes om afskaffing te behou, hou geen water nie.

Oor na jou Wilma, ek sou graag wou sien waar petisies enige doel gedien het in enige opsig.

Rooi Jan ·

Wilma julle moet ophou vra vir die doodstraf. Dink net aan bv die twee jong manne van Coligny. Net blankes sal die doodstraf kry.

willem Botha ·

Cherokee,ek stem 100% saam met jou wie moor die plaas bewoners wie is die meeste verantwoordelik vir moord verkragting en huisroof ,die afgelope 5 jaar was daar hoeveel gevalle waar huidig benadeelde persone betrokke was maak die somme.

Gert ·

Nou Bolla lig ons asb in wat is dan die motief? Elke enkele plaasmoord waarvan ons lees word daar niks gevat nie, net ‘n voertuig wat dan ‘n entjie verder gelaat word?

Se maar net ·

Korrek maar hulle stry en se nee dis maar gewone crime. Hulle moor stelselmatig boere uit om die blanke bevrees te maak.

bolla ·

As moord die hoofdoel was sou baie, baie meer boere vermoor word. Die moorde is ‘n uiters klein persentasie van die aantal aanvalle.

Jakes ·

Doodstraf terug bring? Die doodstrad in die land sal net nog n manier wees om van ons wittes ontslae te raak, maar sal dan as regverdig veroordeel word want sake word soos hulle agterente ondersoek en skuld sal maklik teen ons bewys kan word deur n blinde regstelsel… Be carefull what you wish for!!

Robert Naude ·

Jakes,
Sorg maar net dat mens nie in daardie posisie kom nie. Dan behoort dit nie ń probleem te wees nie.
Ek stem ook vir die doodstraf. In die Afrika lande waar dit is , werk dit !!!!

@ ROBERT NAUDE ·

Ag regtig ROBERT??? Hoe kom jy nie in daai situasie nie? ‘n SKelm breek in en jy skiet hom en hulle het SIMPATIE met die skelm en daar word valse stories teen jou opgemaak en jy HANG .. nie moeilik nie .kyk maar na die sonneblomepisode …DIE ENIGSTE GETUiE HET GELIEG .. so jy tel moeilikheid met jou tuinier op en hy word later dood gevind en JY hang?? NEE wat jong . met die huidige regstelsel sal NET die blankes hang …

Cherokee ·

Jakes, die oomblik wanneer enige debatteerder gewig agter sy stelling wil voeg deur ‘n Engelse sinnetjie by te voeg of daarmee af te sluit, het die debatteerder verloor nog voor sy redenasie aangehoor is.

Cherokee ·

Robert Naude, die front wat voorgehou word om jou en Wilma se redenasie te opponeer, is die nuutste rympie in die forums.

jannie ·

Daar was laasweek weer gesing……one bullet, one boer! Maar ons mag nie eers ons volkslied by n fees sing nie!??

Se maar net ·

Ek sing darem ook nie kosie soek n kooi in afrika, dis mos afrika se wens, nie die land sin nie. Om eerlik te wees kan mens Die Stem ook nie meer sing ni, wie wil nog sterwe vir die misdaad hool.

Laetitia ·

Innige simpatie aan die familie.
Ek vertrou dat die polisie binnekort die skuldiges sal vastrek.

Rika ·

Duanne nie jy of enige iemand verdien om so te sterf nie. Mag hierdie moordenaars gevang word en nooit weer die buitkant van n tronk sien nie! Jy was n ware gentleman. Rus sag liewe vriend. Sterkte aan jou gesin, familie en almal wat jou geken het.

Werner ·

Ons is in n onverklaarde oorlog dit pas die regering soos n handskoen dat ons geteroriseer word so hou op skree vd doodstraf dit sal nie gebeur nie dit wys net jy het nie n idee hoe om die situasie te hanteer nie boere moet vroe waarskuwings meganismes in plek kry dit kan n goeie hond ook wees bewapen jouself leer hoe om die wapen goed te gebruik net jy alleen kan na jou en jou gesin se veiligheid omsien

Liezl ·

Nou sit 3 mense sonder ‘n pa en eggenoot wat ook vir hulle finansiële sekuriteit gegee het. Hoe absurd en gemeen is dit om ‘n sterk, hardwerkende man te ontneem van sy lewe.
Toemaar julle dag van afrekening kom. En glo my, Hy slaap nie. Sterkte aan sy vrou en kinders

Annelize ·

en as al ons boere vermoor is, sal kos van waar kom? sal almal dan moet bakhand staan sodat daar hopelik hulp en verniet kos van die buiteland kom.? maar nee, die eff en blf dink mos nie verder as hulle neuse nie. kom ons vermoor en vernietig die hulp wat ons kry…..net omdat ons kan.

Michael ·

Mense soos dit nou in die land gaan as hulle die doodstraf moet terug bring sal wit mense met verkeers boetes die doodstraf kry.

Sandy ·

Die doodstraf is nooit opgehef nie, dit is nogsteeds hangende omdat dit volgens die regering teen menseregte is.

GM ·

Annelize, die kos kom mos van Checkers en Fruit & Veg, en water uit krane ?

Ek kyk noudie dag ‘n video waar hul ‘n groepie vra om 3 lede van die katfamilie op te noem – was ek nou verbaas toe ek hoor die muis en rot (en ek weet nie wat nog als nie) val onder die katfamilie. ? Met sekere mense redeneer jy net nie.

bolla ·

Dink bietjie logies hieroor. Daar word meer as 50 moorde per dag gepleeg. Kom ons sê 15 moordenaars hiervan word uiteindelik die doodstraf opgelê. Dis 5475 per jaar wat een of ander tyd doodstraf moet kry. Geen land ter wêreld gaan 5475 van sy burgers op ‘n jaarlikse basis te reg stel nie. Boonop het studies bewys dat die doodstraf geen afskrikmiddel vir hierdie geharde kriminele is nie.

GP ·

bolla, jou argument maak nie sin nie, dus is dit beter dat 18 000 per jaar vermoor word, sodat ons nie 5 000 per jaar moet doodstarf gee nie. Kyk na Botswana met streng reels, en doodstarf. Misdaad is minimum. Dis ‘n feit dat ons regstelsel geen afskrikmiddel is nie. In die opsig behoort doodstraf misdaad, en veral moord, minder te maak. Mense moor vir die geringste rede omdat hul nie omgee vir die straf nie.

Ek is ook nie voorstaander van doodstraf nie omdat ek nie ons wets toepassing vertrou nie. maar glo wel dat dit misdaad sal verminder sou doodstraf terug gebring word.

GP ·

Daar word 57 mense per dag vermoor in SA. Per jaar word daar ongeveer 50 boere vermoor, ongeveer 1 per dag. Waarom sal die regering spesiale aandag hieraan gee? Ons weet almal dis waat ons kos vandaan kom, maar elke lewe behoort beskerm te word, of nie?

Dit is wel asof plaas aanvalle minder word, en of die boere meer waaksaam is en ek is seker baie stelsels is in plek om annvalle beter af te weer. Dink boere moet selfs meer paraat wees en nie op regering staatmaak nie. Mense behoort nie net in ‘n huis in te stap nie.

Piet parys ·

Die regering wat die doodstraf afgeskaf het ,asook die studie gedoen is die anc . Dink net hoeveel minder stemme sou daar gewees het as die doodstraf nog in werking was . Wag tot een van hulle ,die parlementslede se familie vermoor word dan sing hulle ń ander deuntjie

Alida ·

Hopenlik verloor almal op daai plaas nou hul werk dat ons sien wat se ANC

Irene ·

Hulle word betaal om wit boere dood te maak mar die wiel gaan draai se ek

Onnodig ·

Cherokee .As jy regtig taalkundig so korrek wil wees en gedurig mense op spel en taalfoute wil wys, gebruik asseblief die woord voordat in plaas van voor in jou sin. Voor is nie heeltemal verkeerd nie maar voordat is taalkundig soveel meer aanvaarbaar.

Jy mis gewoonlik die hele punt van die gesprek omdat jy gedurig besig is om “verbeteringe”, soos ons dit op skool genoem het, te doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.