Meer bekend oor man wat van N1-brug hang

Foto: Verskaf

Meer inligting is bekend gemaak oor die skoktoneel wat talle motoriste Dinsdagoggend in Centurion begroet het.

Kapt. Dave Miller, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die polisie is omstreeks 06:30 deur ʼn verbyganger, vermoedelik ʼn voetganger of ʼn motoris, in kennis gestel dat ʼn man se liggaam aan ʼn tou van die N1-brug by die Bothalaan-afrit hang.

“Die polisie se forensiese en speureenheid is dadelik na die toneel om so gou moontlik hul ondersoek te doen voor die liggaam verwyder kon word,” het Miller gesê.

Minstens drie bane was vir sowat ʼn uur en ʼn half gesluit terwyl die polisie met hul ondersoek besig was. Die liggaam is omstreeks 08:00 verwyder.

Miller het gesê die middeljarige man het geen vorm van identiteit aan hom gehad nie.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. Miller het gesê in dié stadium word geen vuilspel vermoed nie.

Daar is geen ooggetuie wat die man voor die voorval op die brug gesien het nie. Dit is ook nie tans bekend hoe lank die man se liggaam daar gehang het voor dit raakgesien is nie.

Miller het gesê die moontlikheid word ondersoek dat die man moontlik haweloos of ʼn karwag was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

christa ·

so jammer dat mense so alleen op aarde kan voel om so ‘n stap te neem. Wens ek kon tot hulp vir hom gewees het

Vermeendes ·

Wat van die hawelooses in jou omgewing, wees hulle van hulp.

Koos ·

Aaklige affêre. Hoop nie die polisie hou ons aan ‘n lyntjie nie.

E ·

Net spekulasie, daar was mos nou baie trokke gebrand die laaste ruk en gerugte het dit so dat die suid afrikaanse drywers dit teen die buurlande het dat hul trokdrywers van elders aanstel.

Lê maar net my eier.

Nog steeds baie hartseer wat ookal die geval mag wees.

Aggenee! ·

Indien dit selfmoord was, is dit uiters selfsugtig dat ander mense dit moes aanskou. Onskuldige jong kinders oppad skool toe moes vanoggend in daardie gru-toneel vaskyk.

Moenie oordeel nie! ·

Al daaraan gedink dat hy haweloos was?
Dat hierdie brug dalk sy “huis” was?
Dat met die koue wat nou toeslaan hy nie kans gesien het om nog n winter deur te gaan nie.
Dat hy so desperaat was dat hy aan geen ander manier/uitweg kon dink nie.
Maar ja, hy moes seker julle wat uit julle warm huise kom en in julle SUV’s werk toe ry se gevoellens in ag neem.
Dis die probleem vandag en hoekom sulke goed gebeur – want dis elkeen-vir-homself-en-na-die -duiwel-met-die -res. Ai die eie ek! Ek is oortuig hy was ook nie n “aanhanger” hiervan nie.

oom stoffie ·

ek het regtig my bedenkinge oor die manier van “selfmoord” wat tans die septer swaai in SA. hoekom sal ‘n man met vuurwapens homself hang? of iemand met toegang tot medikasie wat die joppie saggies kan doen, homself hang? indien dit selfmoord was, aggenee en koos, was dit selfsugtig. hy kon sy daad elders gaan pleeg het. self al was hy haweloos, moenie oordeel nie. verder, die haweloosheid is 3/4 uit vrye keuse. omdat hulle nie wil werk nie, nie wil deel nie, eerder hulle habits voer of nie “onder wet” wil lewe nie. stella, ek dink ook daardie ding hoor.

Karen van Zyl ·

“Aggenee”, ek gee jou dit toe maar glo my, daai man het nie eers daaraan gedink nie, daar was geen ander uitweg vir hom, dit is al wat hy aan kon dink. Ek glo daar kom ‘n tydperk in elkeen van ons se lewens waar ons gedink het daar was geen uitweg meer nie, kon nie meer aangaan nie, maar nie die volgende stap geneem het nie.

Albatros ·

Moenie oordeel nie. Probeer jy se ons moet aan ander dink? Want dis die punt wat Aggenee probeer maak — hy het nie.

Jy buig so ver agteroor, jy’t balans verloor.

VanAfrika ·

“Moenie oordeel nie” ek het n onsie daaraan dat na mense verwys word oor hulle SUV’s ry. Ek is self nie so goed daaraan soos hierdie mense nie. Maar weet jy wat, die meerderheid van hierdie mense het hard gewerk om daardie kar te ry. Ek self swot op 54 om vir my n beter aftrede te verseker en as ek die dag so n kar ry, moet jy dan kom kommentaar lewer. Baie armes wil nie gehelp word nie, ek weet van mense op straat wat goeie werke geoffer was en daar was vir die wat die werk geoffer het om hulle werk te druk want hulle verdien meer om daar te staan waar hulle staan. Ek ken n omie wat in die weermag was en nie kan werk kry nie, wat R15 000.00 n maand verdien deur so te staan en bedel, en ek het dit uit die perd se bek gehoor.

Stella ·

In Meksiko hang die lyke gereeld so maar dis nie selfmoord nie…

Veritas ·

Yankee, Meksiko is die land met die muur aan die Noordekant. Effe suid van die VSA en met ‘n bekende golf. Verder weet ek nie.

Stella ·

Te veel om te noem. Google “Bodies hanged from bridge Mexico” of “Corpses hanging from bridges Mecico”.

Chrisi ·

Ek stem heeltemal met jou saam”moenie oordeel nie” Dis bitter hartseer hoe alleen moes hy nie gevoel het nie!!

Francois Joubert ·

Oom Stoffie, ek het nie die antwoord vir jou nie maar my vriend wel. Sy vuurwapen met amunisie staan in die geweerkluis. Hy het vrou en pragtige kinders, goeie werk en fikser as wat ek kan wens om te wees. Hy het homself egter gehang. So wat nou?

Ekke ·

My mening – hang is nie so grusaam soos skiet nie. Maar selfmoord is bitter hartseer vir die wat agter bly.

Ouer ·

Natúúrlik kry ek ook haweloses jammer. Natúúrlik verstaan ek dit as mense nie meer kans sien om die lewe in die oë te kyk nie. Maar eers as jy en jou jong kinders persóónlik hierdie gru-toneel gesien het, sal jy verstaan dat die PLEK waar hierdie man die vermeende selfmoord gepleeg het, getuig van selfsugtigheid. As jy die een is wat nou berading moet reël omdat jou jong 10-jarige kind in die nag wakker geword het van nagmerries, sal jy twee keer dink voor jy net die “arme man” se daad verdedig. Hou jy bietjie ‘n snikkende kind in die middel van die nag vas wat vir jou sê: “Pappa, ek kan nie die oom se gesig vergeet nie!”

Karen van Zyl ·

“Aggenee”, ek gee jou dit toe maar glo my, daai man het nie eers daaraan gedink nie, daar was geen ander uitweg vir hom, dit is al wat hy aan kon dink. Ek glo daar kom ‘n tydperk in elkeen van ons se lewens waar ons gedink het daar was geen uitweg meer nie, kon nie meer aangaan nie, maar nie die volgende stap geneem het nie.

Yankee ·

Ekke, hang, skiet, n pil, en enige ander wyse van selfmoord is grusaam!! Geen onderskeiding!!!!Moet asb nie op n kinderagtige wyse hierdie daad afspeel met no een, twee of drie!!!

Lee ·

Ai dit bly maar hartseer. Wat moes deur sy kop gaan. Ek oordeel nie sulke mense as hy homself gehang het nie want nie een van ons weet waarom of hoekom nie. Ons het nie in sy skoene gestap nie. Rus nou in Vrede Meneer.

Theresa ·

Was seker heeltemal radeloos. Moes ook nie maklik gewees het om dit juis so van ‘n brug te doen nie? Jammer vir almal wat hom moontlik geken het.

Biebie ·

Wat ookal die rede, dit is hartseer dat ‘n mens so sleg moet voel dat hy dit as sy enigste uitweg sien. Ons moet meer omgee vir mekaar.

Verstaan... ·

Ek kan werklik se hoe dit moet wees om tot dai punt te kom nie. Maar was al naby. Ek dink gereeld aan selfmoord. Ek kry nie werk nie. En soos meeste sê, jongmense wil nie werk nie. Wel ek is 24 jarige meisie. En ek wil werk! Ek raak so depressief en voel so magteloos. Asof ek geen doel het op aarde nie. En dit net omdat ek nie werk kry nie. Ek al mense gaan sien dat ek hul huise sal skoon maak, ek gese ek sal stene pak. Enige iets net om te werk en ook n geldji te verdien. Ek is nie een van daai vrouens wat huisvrou speel en my man moet werk nie. Ek wil ook werk!

Onthou net. Nie almal dink dieselfde nie en dalk was hy nie eens haweloos nie. Hy kon net nie meer uithou en die lewe in staar met n traan in sy oog nie. Hy was seker net MOEG, GATVOL.

Tania Heyns ·

Dagsê Verstaan

Dankie vir jou kommentaar. Indien jy angstig of depressief voel en graag met iemand wil gesels, is jy welkom om SADAG (die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep) te kontak. Hulle het opgeleide beraders wat jou deurgaans kan bystaan. Kontak hulle hier: 011 234 4837 of 0800 20 50 26 of stuur ‘n e-pos aan [email protected].

Baie sterkte!

Groetnis
Tania
nms Maroela Media

VanAfrika ·

Verstaan ek weet hoe jy voel, ek was enkel ma met twee kinders en skielik word ek geretrench. Ek het figuurlik op my knieë met my neus in die mat gebid vir my werk, twee weke later toe plaas God my waar ek wou wees, terug by my ou werk waar ek in 1982 begin het as jong meisie. Ek het toe vir 4 jaar gekontrakteur voor ek nou die laaste twee jaar weer vas aangestel is en nou swot ek. Ek weet nie waar jy bly nie maar hier is twee nommers, die een in Bedfordview, Johannesburg, Staff U Need 011 579-7700, hulle het my gehelp en plaas mense landwyd, en dan Staff Initiative in Alrode, Alberton Gauteng, 011 174 4768, plaas mense ook landwyd, ons maak gebruik van hulle as ons temps soek. Probeer, dalk begin jy ook as temp met die vooruitsigte vir permanente werk. Probeer ook ander “labour brokers” soos Kelly of gaan aanlyn en plaas jou CV op Careers 24. Hoop jy kom reg.

Nie te min ·

Ek het nou al die kommentaar hierbo gelees, en nie te min is ek persoonlik geraak deur ‘n selfmoord, my man het selfmoord probeer pleeg in ons erf in die oggend ure terwyl sy twee pratige kinders slaap en boonop het my seun ‘n maaitjie ook oorgehad vir die vakansie. So voor ons almal klippe gooi en mekaar se motors kritiseer en dink wat kon en wat as gebeur het. Al wat ek kan se is dat die lewe daar buite nie vir almal so lekker is nie, en watookal hierdie mand se rede was, mag hy maar net in vrede rus.

Anoniemiseerder ·

Daar is ‘n hoë kwaliteit CCTV kamera vir die snelweg sowat 445m oos van die toneel…. Miskien het hulle dit afgeneem? Ek neem aan die polisie sal daaraan dink om die beeld af te laai…..

Hier is die Google Map skakel: https://goo.gl/maps/RBfmtRUE2RB2

Cornelia ·

Mag ek vra het daar enige lig oop gegaan oor Eduard Ras se oorsaak van sterwe?

Vermeendes ·

Ek glo ek is verkeerd, selfmoord mense los gewoonlik n brief of n vorm van kominukasie agter, selfmoord is ook gewoonlik n hulpkreet.
Hierdie wil vir my meer lyk na moord.

Depressie ·

Geen – maar geen persoon verstaan die werklikke denke van iemand wat voel hulle is nou klaar met die lewe nie. Nie almal het toegang tot die regte dokters en medikasie nie. Ek self is vir lank sonder medikasie met die wete dat ek aan erge depressie lui. Pille se kostes per maand is wel oor die R500.00 (bo en behalwe die kostes van medies). As mens eers in daardie maniese denkwyse is, twyfel ek sterk dat jy gaan dink aan onskuldigge kinders wat jou liggaam mag sien. Dalk het hy besluit om sy lewe daar te eindig sodat sy lyk vinniger gevind kan word? Indien hy haweloos was en erens langs die pad in bos selfmoord gepleeg het sal dit tydjie neem voor iemand agter kom die man slaap nie net nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.