Meer bekend oor N4-transitorooftog

Foto: Verskaf.

Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem ná die transitorooftog wat Vrydagaand op die N4 in Silverton tussen Watermeyerstraat en Simon Vermootenweg plaasgevind het nie.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, wat nou die ondersoek behartig, het aan Maroela Media bevestig dat die Valke steeds op soek is na ʼn onbekende aantal verdagtes wat in ʼn wit BMW en ʼn groen BMW van die toneel gevlug het.

Mulamu kon bevestig dat twee veiligheidswagte van die G4S-voertuig wat aangeval is, gering beseer en na die hospitaal vervoer is vir verdere behandeling.

Sy het ook bevestig dat ʼn onbevestigde hoeveelheid kontant tydens die aanval gesteel is.

“Die verdagtes het onbekende springstoftoestelle gebruik om die deure van die geldwa oop te blaas,” het Mulamu gesê.

ʼn Saak van gewapende roof word ondersoek.

Maroela Media het vroeër berig gebruikers het op Twitter gesê daar kon duidelik ʼn ontploffing en vele skote in die omgewing gehoor word.

Dié aanval is uitgevoer slegs ʼn dag ná ʼn groep swaar gewapende verdagtes Donderdag op twee geldwaens in Boksburg aan die Oos-Rand toegeslaan het. Agt mense, onder wie twee omstanders, is gewond.

Maroela Media het Vrydagoggend berig vyf verdagtes is kort ná die rooftog op die M2-hoofweg deur die Valke vasgetrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

janneman ·

Iemand anders het ook al voorheen die vraag gevra……..Hoekom word G4S se voertuie meestal geteiken? Wat is die moontlikheid van info van binne? Ek weet net van 1 voorval in die laaste maand waar die aanvallers onsuksesvol was en leë hande op die vlug moes slaan nadat daar weerstand vanuit n onverwagte oord gekom het……ek vra maar net???

Bok ·

Dit is amper weer verkissing en daar moet baie geld ingesamel word daarvoor.

willie ·

dit is my mening waarom G4S klokslag! ek ruik lankal ñ rot, en daai rot stink!

Oom Kalahari ·

@Bok, jy het “n geldige punt beet en daar moet duisende kospakkies, T-hemde, keppies en vlae voorsien word. Hierdie plofstowwe word heelwat oor die grens ingebring en gaan nou nie spesifiek noem watter lande nie. Daar word rooftogte uitgevoer en elkeen kry sy gedeelte.

BB ·

Sit n bom of ploftoestel binne in die kluise van die geldwaens. Sodra hulle dit opblaas dan onplof die toestel binne in die kluis ook en al die geld daarmee heen. Personeel kleefmyn of self n paar handgenate sal die ding doen.

Cherokee ·

Hulle lieg al vir jare deur te vertel van ink wat die note vlek.

Sputnik ·

Daar het ook maar niks gekom van die destydse aankondiging dat die geld met ink gevlek sal word sodra die kluise onwettig oopgemaak word. Waarom word dit nie toegepas nie – kan sekerlik nie moeilik wees om te inplementeer nie?

Wilma ·

Party wagte word lig beseer. Huh?.andere word doodgeskiet. Een plus een is twee. Ma net my beskeie mening

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.