Meer bekend oor Roedtan-plaasaanval; verdagtes steeds soek

Argieffoto: Lorraine Claasen

Die polisie in Limpopo het ʼn grootskaalse soektog na ʼn groep verdagtes van stapel gestuur ná die moord op ʼn bejaarde egpaar op hul plaas vroeg Sondagoggend.

Maroela Media het vroeër berig Piet en Tilla van Zyl is Sondagoggend dood op hul plaas in dié provinsie aangetref.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die verdagtes het glo die egpaar se slaapkamerdeur in die oggendure afgebreek en hulle oorrompel.

“Die verdagtes het hulle aangehou met pistole en die huis geplunder,” sê Ngoepe.

Hy sê die verdagtes het kort voordat hulle gevlug het die Van Zyl-egpaar doodgeskiet.

ʼn Familielid het hul liggame glo omstreeks 09:00 in die huis aangetref en die polisie ontbied.

“In dié stadium is dit nog nie duidelik wat in die voorval gebuit is nie, maar die polisie-ondersoek duur voort en meer inligting sal weldra bekend gemaak word.”

Niemand is tot dusver in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Ngoepe het gesê enigeen met meer inligting word gevra om die polisie by te staan deur lt.kol. Sekanka te bel by 082 565 8505. Enigeen met meer inligting kan ook die misdaadnoodlyn bel by 086 001 0111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Stephanus ·

Dan sê hulle ek mag nie ‘n rassis wees nie!!!!!!! Hoekom hulle doodskiet??

Claudie le Roux ·

WAT doen die polisie hieraan? Waar is die kerke om onmiddelik te reageer. Waar is die sakemanne wat ‘n stem/geld het?

Oom Kosie ·

Die hartseer en verwoesting wat hierdie sinnelose moorde op boere en families het, gaan onverstoord voort.
Martin Luther het die Roomse Kerk geskeur met sy protes. Die Suid Afrikaanse Raad van Kerke met Tutu aan die voorpunt het Apartheid help vetwoes.
Die Afrikaner se kerke moet nou op nie-politieke basis die ANC-regering aanvat, met n gesamentlike verklaring, wat weekliks gelees word, van deelnemende kerke se kansels. Dan moet die kerke ook met swart kerke in gesprek tree oor die moorde van hul swart gemeente lede. Met 40 moorde per 100 000 per jaar. Stede soos New York, London, Los Angeles en Chicago is omtrent 2 moorde per 100 000 per jaar. Die lys van vermoorde Afrikaner persone in daardie gemeenskap wat die voorafgaande jaar vermoor is, moet gelees word. Dan moet die moordenaars wat aangekla en skuldig bevind is ook gelees word.

Oom Kosie ·

Kerke worrie nie. DA worrie nie. ANC worrie nie.
Kerke bid nie eens oor die moorde nie. Daar is nie eens n oomblik van stilte nie.
Die name van die arme vermoordes sal op weeklikse kerk briefie veskyn. Dis al.

Pieter Roux ·

Flip Buys en Solidariteit kon nie wag om sonder bewyse die KFC geval as rassisme te bestempel nie. Sal Flip bereid wees om hierdie sinnelose plaasmoorde as rassisme te beskryf, of is dit maar net gewone misdaad?

Pieter Krige ·

Misplaaste aggressie. Solidariteit en AfriForum het fel teen plaasaanvalle uitsprake gemaak en wêreldwyd bewusmaking hieroor gedryf. In baie areas is daar buurtwagte begin en uitgebrei om juis ons mense te beveilig. Moenie ‘n tragedie soos die naweek se moorde gebruik om kleinlike appeltjies te skil nie. Ons mense word gemarginaliseer en met ‘n lae-intensiteit oorlog uitgemoor en jy wil die blaam op een van die min instellings wat ter wille van ons mense begin is, en ook hul so beywer, plaas. Ek het begrip vir jou frustrasie, maar waag dat jy dit misplaas.

Haan ·

Dis vir my ongelooflik dat daar steeds mense hier in MM se kommentaar is wat n mes vir Solidariteit/Afriforum in het. Besef julle dat Maroela deur hulle gestig is? Tans is bogenoemde organisasies die ENIGSTES wat ons goedgesind is!

Zeus ·

Niemand gaan oornag tot SA se reding kom nie. Dit is jou eie verantwoordelikheid om jouself te beskerm. Die enigeste manier is om jouself te bewapen. Gaan lees maar op. Daar is mense wat daagliks hulle eie lewens red net omdat hulle doeltreffend bewapen was.

andrea van vuren ·

Ag Pieter, Solidariteit suig iewers aan ‘n agterspeen. Wat het van Gerrie Nel geword? Dis verby my vriend heeltemal verby met ons. Ek begin twyfel oor my kerk en my geloof…

Drikus ·

Waarom, waarom tog? ‘n Onskuldige en weerlose egpaar so vermoor? Die booswigte kon vir minder moeite toebroodjies by die erediens gaan steel of gaan vra het. Moord en aanranding was dus doelbewus die agenda. Het dit nie ťyd geword dat ons uit ons gemakstoele opstaan en in groot getalle tyd opsy sit om hierteen te gaan beswaar maak nie? Die booswigte moet raaksien dat die gemeenskap hulle dade nie langer gaan duld nie. Ek is bereid.

Ryna ·

Dit klink snaaks dat die polisie se hulle is doodgekiet net voordat hulle gevlug het

Carol van Zyl ·

Pieter en Tilla julle is onnodig afgemaai soos duisende voor julle. Mag God gee dat julle moordenaars gevang sal word. Die familie is hartseer. Sterkte aan julle kinders.

Anette ·

Dis absoluut onaanvaarbaar….. Dis baie tragies! Sterkte aan die familie en vriende…

Nico ·

Ryna slim polisie manne kan nie verstaan dat hulle so vinnig kan se wat het gebeur nie dit klink of een van hulle dit gesien gebeur het

PJ ·

Ons doen nie genoeg om ons boere te beskerm nie…kan ons net saamstaan en iets doen…dit kan net nie so aangaan nie!

andrea van vuren ·

In ons wit geledere bestaan die woord “saamstaan” nie. Elkeen wil op sy eie mishoop sit en regeer. Bogger die res.

Afrikaanse Knaap ·

Ek is bevrees dat jou moord in die nag wanneer jy swak en weerloos is, elke Suid Afrikaner se lot is.

Claudie le Roux ·

Nee, ons mag NIE so dink en net oorgee NIE.
Nie sonder baklei gaan as dit moet, tyd om georganiseerd te raak!

Boerseun ·

Dankie, n private poliesie mag. Ek sal dan my geld vir hulle gee.

matie willemse ·

‘n Private polisiemag sal nie werk nie want hulle sal nie kan optree dan gaan hulle as rassime veroordeel word, antwoord, maak bomme en plaas dit op strategiese plekke soos parlement, staat instansies ens. Begin nou ‘n revolusie.

Frederik ·

Lees liewer jou bybel in die tyd wat jy sou bomme bou. Moenie geweld met geweld vergeld nie.
Het jy die foto in MM gesien van die Pretorius-Familiebyeenkoms in Zonderwater??? Dink weer!!

BOEREBLOED ·

Mag die egpaar rus en vrede vind by God, die wreedsame dade sal hulle nie verder kan seer maak nie. My vriende en family, en almal van my volk. Wees wreed en tot alles in staat om julle geliefdes te beskerm. Wees voorberei en moet nie die vyand n geleentheid gee om enigins naby jou te kom nie. Ons moet begin baklei, terugbaklei vir ons mense vir ons kinders en familie. Ons was die sterkste volk ter wereld! Beskerm die ouer en jonger groepe. Mag die Here die familie seen van die egpaar.

Oom Kosie ·

Word lid van AfriForum of Solidariteit en stel dit wat jy nou sê, voor met n maandelikse donasie om jou geld te sit waar jou mond is.
AfriForum het groot innisiatiewe en steun geldelik as jy lees wat hulle individuele takke doen. Die takke wat nie misdaad bekamping keer nie moet lede kry wat dit dryf soos wat u so pas voorgestel het.

Johan Meintjies ·

Die SAP se waarneming klink maar baie verdag. Almal het nie dieselfde intelek om by so toneel die regte bewoording te gee nie en sodoende kan mens agterkom dat daar n slang in die gras is.

Mariana ·

Twee wonderlike mense wat so wreed aan hulle einde moes kom! Dit maak ‘n mens woedend. Mag ons God ons gebede verhoor en aan ons dink. Mag Sy geregtigheid geskied.

PV ·

Hou op om vir hulle kos, komberse, klere en skoene te gee, hy voel in elkgeval vere vir jou en dink dit kom hom toe. Dis die regering se plig om vir hulle te sorg, kom ons kyk eerder na ons eie mense wat swaarkry en help daar.

Ilse ·

“Die polisie in Limpopo het ʼn grootskaalse soektog na ʼn groep verdagtes van stapel gestuur” – Maroela Media beteken die eerste sin van julle berig nie dat die polisie die soektog gestop het nie?

Whitey ·

En dan is dit roof? Hoe roof jy alles en skiet DAN die mense dood? HUISROOF se voet, hierdie is blatante, wrede moorde op onskuldige witmense. Noem dit wat dit is en hou op om politiek korrek te probeer wees. Die moordenaars gaan nooit gevang word nie , daar gaan weer nie genoeg bewyse teen hulle wees nie. So kom al die moordenaars in SA weg met moord, moet NET nie waag om by die KFC, Spur of op die plaas aan iemand te vat wat jou openlik uitlok, jou vloek en skel nie. Dan is jy ‘n moordenaar!

DieTye ·

Bewapen jouself of sterf. Die donker massas leef maar net hulle slagspreuke uit, en hulle doen dit goed!

Genoeg ·

Dit blyk dat hierdie ellende van moorde ook oorgewaai het na Namibië. In Swakopmund is in Augustus reeds 3 afgetredenes vermoor. Sal ons nou maar soos volstruise ons koppe in die sand druk sodat ons nie kan hoor en sien en sê wat aangaan nie? Neeeeee! In die buitelande gaan dit ook niks beter nie. Iewers en baie gou, sal daar moet opgestaan word teen al hierdie ellende en praat sal nie meer help nie. Doen is al wat oorbly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.