Meer bekend oor wenner van PowerBall-boerpot

Argieffoto

Die wenner van die PowerBall-boerpot sê hy is steeds in skok en ongeloof oor sy multimiljoenrandse meevaller wat sy wêreld op sy kop gekeer het.

Die wenner het Dinsdag Ithuba Holdings, wat die Lotto bedryf, se kantoor besoek nadat hy Maandag telefonies met hulle kontak gemaak het. Hy het byna die hele dag by hul kantoor deurgebring sodat sy wenkaartjie geverifieer kon word en daar finansiële advies en berading aan hom verskaf kon word.

Die wenner is ʼn 34-jarige man van Ekurhuleni. Hy werk as ingenieur vir ʼn groot maatskappy in Secunda, Mpumalanga. Hy is getroud met sy 30-jarige skoolliefde en hulle is al 16 jaar in ʼn verhouding. Hulle wil graag drie kinders hê.

Die man het R20 spandeer op sy wenkaartjie wat hy by die Evander Diensstasie gekoop het. Hy het dieselfde nommers gespeel as die Dinsdag voor Vrydag se boerpot.

“Partykeer het jy ʼn gevoel oor die nommers wat jy speel. Ek het daai gevoel gehad.”

Volgens die man is hy van voorneme om van sy wengeld te belê en wil hy ook familielede help om hulself bo hul omstandighede te laat uitstyg deur ʼn inkomste uit hul eie inisiatiewe te genereer.

“My lewe gaan beslis verander, maar nie op ʼn negatiewe manier dat ek net al die geld gaan spandeer nie. Ek sien altyd geleenthede raak, maar het nooit die geld gehad nie. So nou gaan ek weer na die geleenthede kyk en my opsies opweeg en kyk waar ek kan belê.”

Die man het gesê hy het voor Vrydag nog nooit ʼn noemenswaardige bedrag in die Lotto gewen nie. “Ek het gelag toe ek die kommentare op sosiale media gesien het dat hulle na die wenner soek. Ek het veral gelag toe ek gesien het een gebruiker op sosiale media sê indien die wenner nie sy of haar geld gaan opeis nie, gaan dit na Luthuli-huis [die ANC se hoofkantoor].”

Volgens die wenner gaan hy volgende vir sy ma vertel hy het die boerpot gewen. “Ek gaan haar net mooi vra om die inligting vir haarself te hou,” het hy geskerts.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

lucky fish ·

Temiste is hy in ‘n baie lang vaste verhouding. Mens sal altyd wonder of daai persoon daar is vir die geld of vir liefde maar gelukkig het hy nie die probleem nie. Baie geluk en ek is skoon jaloers. Sou baie kon doen met daai geld. Hulle se geld koop nie geluk nie, maar sal beslis bietjie smile as ek my hilux en jag bakkie gaan koop.
Lucky fish

Lientjie ·

Hy is getroud met sy 30 jarige skoolliefde, maar hulle is 16 jaar in ‘n verhouding. Is hulle getroud of in ‘n verhouding?

Dientjie ·

@Lientjie, hulle kan 16 jaar lank al in n verhouding wees, maar net 2 van dit getroud wees.

Leintjies ·

@Cherokee – Soms hou die verhouding op wanneer mense trou ?

Regtig? ·

Hoe dink hulle om soveel inligting oor die wenner bekend te maak? Mense of kollegas met ‘n halwe brein sal kan uitwerk wie die persoon is. Hy moet hom maar regmaak vir BAIE lang verlore “familie en vriende” wat hom gaan teister!

rina ·

Veelsgeluk aan jul geluk,geniet elke oomblik van dit,lees in dit wat jy se,jy oop kop en sterkte vorentoe,mense oplettend jy jou oe uitvee jy familie orals??

Piet Pompies ·

My bank besonderhede is ………
Geniet die meevaller!

Ellisras ·

As ek al die geld wat ek LOTTO gespeel het belê het wat ek dalk al ‘n miljoenêr. LOTTO is ‘n baie duur speletjies.

Lynette Joubert ·

Dank die Vader dit gaan nie Luthuli huis toe nie….as dit ek was sou ek iets iewers gedoen het vir die armes of ouetehuise wat swaarkry…daars baie van hulle…sjoe maar ja geniet dit want ek sou!!!

se net ·

Dalk moet ma nie eens weet nie. Mak dai bedrag baie kleiner en laat niemand weet wat jy het nie. Eish my kinders bly in Secunda en ek lees al hoe vinniger om te sien of daar nie dalk ietsie is wat my sal laat dink dat dit hulle is nie. Maar nee myne het kids. lol

Vee ·

Man met n humorsin en boonop n Ingenieur . Baie Geluk ek dink jul verdien dit
Altyd gewonder hoekom Lotto nie die Wengeld meer verspreid verdeel tussen die ander wenners wat minder nrs in het nie . .

ES ·

Weet nie waar kom die mense aan die snert dat dit na Luthuli-huis toe gaan nie… Jy het ‘n hele paar jaar om jou wengeld op te eis. En Ithuba is ‘n privaat maatskappy wat geen bande met die regering het nie…

Dewald du Plessis ·

Jy het 365 dae vanaf die trekking om op te eis. Maar ja ek dink ook dis bollie dat unclaimed gelde Luthuli huis toe gaan. Dit bly dan die lotto beheer maatskappy sin en word dan sekerlik deel van die gelde wat hul moet gebruik om organisasies te borg.

Andre ·

Werklik ES? Mens het ‘n jaar tyd om die geld te eis. EN jy reken die lotto-organisasie het geen bande met die Regering nie?

Dromie ·

Dit is lewensbelangrik om nie te veel besonderhede uit te lap nie. So persoon en familie sal sukkel om rampokkers uit hul lewe te hou. Dit kan ook meebring dat hulle oorval word van vraag na hulp van mense en organisasies wat werklik en nie werklik geld dringend benodig en droewige verhale kom vertel. Sulke verhale sal my sielkundig knak. Skielik sal almal bevriend wil wees,(natuurlik meeste valse vriende) met hulle. Hopenlik sal hulle dit kan regkry om ongesiens normaal met hulle lewe aan te gaan. Ek sou dit nie kon regkry nie. Voorspoed aan hulle.

Nettie ·

Wel, ek gun hom dit. Ten minste klink dit nie of hy ‘n oorloper-Suid-Afrikaner is nie. Ek hoop net hy belê die geld wys ….. of gebruik dit om so vinnig moontlik, so ver as moontlik uit Suid-Afrika te kom (as hy blank is) want hier is geen heenkome meer vir die gewone, deursnee blanke Suid-Afrikaanse burger nie.

Lerato ·

Daar is 14 000 000 kombinasies in n lotto trekking. So as jy een kaartjie koop is jou kans 1/ 14 000 000.
Vir PowerBall sal dit heelwat kleiner wees. Dit breek my hart om te sien hoe armes kosgeld uitgee in die hoop om iets te wen

Archeline ·

Geluk….dit was daai R20 wat jy spandeer het soooooo die moeite werd…ek glo dis n kansie wat jy vat…die geluk feetjie was in jou kant…geniet dit

Chantel ·

Whoop whoop geluk en geniet mag jy al jou drome laat waar word ek glo goeie dinge gebeur met goeie mense en daar is vir almal n plekie in die son die Here kyk na al sy kinders op verskilende maniere. Ek hoop die wenner sien ook almal se goeie wense hier.

Veronica Pretorius ·

Kan ek nie maar sy Finansiele Adviseur wees nie?

Vermeendes ·

Sal dit nie lekker wees om so baie geld te wen nie, aan die ander kant weer, ons weet wat gebeur met erf geld, ek soek eerder gelyke regte, n kans om my eie welvaart te verweeselik. Ek wil eerder werk vir my geld en besigheid doen maar nou ja, BBBEE staan in die meeste blankes se pad, die lotto sal dan maar moet doen.

jonathan ·

Haha. Sasol se ingenieurs in Secunda hou seker nou dop wie eerste ‘n nuwe motor aanskaf…

Flip ·

As ek daai een gewen het sou ek drie van my beste vriende genooi het vir n bring en braai….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.