Eskom het gesê daar is ʼn hoë moontlikheid dat fase 2-beurtkrag Vrydag toegepas kan word.
Die kragvoorsiener het Donderdag van 12:00 af fase 1-beurtkrag toegepas en dit teen 21:00 opgeskort. Daar is reeds toe gesê die moontlikheid vir fase 1-beurtkrag is hoog Vrydag voordat dit Vrydagoggend na fase 2-beurtkrag aangepas is.
Volgens Eskom kan fase 2-beurtkrag Vrydag van 9:00 tot 22:00 toegepas word. Dit is as gevolg van beplande instandhoudingswerk en weens onvoorsiene kragonderbrekings. Eskom het gesê die Cahora Bassa-hidrokragaanleg verskaf 700 MW minder aan die netwerk as gevolg van ʼn beskadigde transmissielyn.
Eskom het gesê fase 1-beurtkrag maak voorsiening om tot 1 000 MW kragverbruik te spaar, fase-2 tot 2 000 MW en fase drie tot 4 000 MW se kragverbruik.
“Beurtkrag word as ʼn laaste uitweg ingespan om die kragnetwerk te beskerm teen ʼn totale ineenstorting.”
Die kragvoorsiener het ʼn beroep op verbruikers en sakeondernemings gedoen om krag te bespaar en geisers en ander nie-noodsaaklike toerusting af te skakel om elektrisiteitverbruik te verminder.”
Kliek hier om die beurtkragskedule vir Eskom-kliënte te sien, of kontak jou munisipale kragvoorsiener vir meer inligting.
Eskom het om verskoning gevra vir die ongerief.
‘Sorry’ maak in SA alles reg. Genade dat die son nie afhanklik is van Eskom se bestuur . . .
Die “BEURTKRAG” moet eindlik lees “BREEKKRAG”!
Sowaar pateties! Waar Eskom se produk wat hy moet verkoop, indien die produk nie meer opgewek kan word nie maak dan toe en spaar die land hierdie daaglikse getjank en gekerm.
Weet hierdie land is eenvoudig net in ‘n gemors, gaan kyk maar na alles hoe dit gaan. Dit is pateties hoe alles bestuur word.
Die enigste besigheid wat dink dit kan voortbestaan deur nie hulle produk aan mense te verkoop nie en dan die prys daarvan op te skuif om te oorleef.
Domkrag klink ook reg.
Baie dankie vir gratis inligting, geld het ons nie vir koerant subskripsies.
Dis die prys wat ons betaal vir ‘n korrupte Eskom!
Dit is openlike afpersing! Dit sê baie duidelik: “Betaal, of ons sit af!”
Regte Eishkom….
Tyd vir betalers om te betoog teen ANC/Eskom/Munisipaliteite se korrupsie en wanbestuur.
Teen 6 uur namiddag moet alle betalers net al 4 plate op hul stoof aansit op hul hoogste.
Die prys wat ons betaal vir liggewig onderhandelaars destyds toe ons nog kon onderhandel.
Eskom sit af julle krag en gaan maar huistoe, die Russe en Chinese gaan in elk geval Mosgas en krag voorsiening oorvat – so daar is nie bonusse vir Eskom se bestuur nie en moontlik ook nie meer werk in 2019 nie. More pay but no job
wat lees ek beurt krag om n toetale ineenstorting te voorkom. Eskom het dan heeltemaal klaar ineen gestort Kan die ANC dit nie raak sien nie so stuur hulle die land net verder in sy kanon in hoe tragies.