Meer beurtkrag ingestel

(Argieffoto: ANA)

Die ineenstorting van vier kragopwekkers by Eskom se kragstasies die afgelope 24 uur noodsaak die kragverskaffer nou om die beurtkragfase van fase 1 na fase 2 te verhoog.

Fase 2-beurtkrag skop reeds om 14:00 Saterdag in. Daar is aanvanklik verwag dat die naweek grotendeels beurtkragvry sou wees.

Volgens Eskom het twee eenhede by Grootvlei en een eenheid elk by Camden en Medupi die gees gegee. “ʼn Verdere vertraging in die indiensneming van ʼn opwekkingseenheid by Lethabo-kragstasie veroorsaak ʼn verdere tekort aan opwekkingskapasiteit.”

Eskom sê hy staan tans 5 244 MW aan beplande onderbreking en ʼn yslike 16 455 MW aan onbeplande onderbrekings af. Die kragvoorsiener het weereens gesê dat beurtkrag slegs as finale oplossing oorweeg word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.