Meer Covid-19-weerstand dalk weens verslapte regulasies

(Argieffoto: Unsplash)

Die verslapte afsonderingsregulasies oor die Kersvakansie het dalk bygedra tot die veel korter duur van die vierde vlaag van die Covid-19-pandemie.

Dr. Jacques Snyman, kliniese kenner en mediese raadgewer vir die Health Squared- mediese fonds, sê omdat baie mense met Covid-19 waarskynlik asimptomaties was, sou hulle nie bewus gewees het van die behoefte om te selfisoleer nie. Hulle kon egter steeds die virus aan ander mense oordra.

“Dít, tesame met minder afsonderingsregulasies, beteken dat daar meer sosiale kontak was en dus meer geleenthede vir Covid-19 om vinnig te versprei.

“Talle mense het matiger simptome, indien enigsins, ondervind en die hoogs aansteeklike virus het dus vinnig versprei. Daarna het gashere om te besmet egter net so vinnig opgedroog.”

Al dié faktore kon moontlik ʼn rol speel in die patroon wat tydens die vierde vlaag ondervind is. In die laaste vlaag het die persentasie mense wat positief getoets het, asook hospitaalopnames, die kruin in die middel van Desember bereik en sedertdien skerp gedaal.

“In die eerste, tweede en derde vlaag het sowat 20% van pasiënte wat weens Covid-19 in hospitale opgeneem is, gesterf. Dit het in die vierde vlaag tot sowat 10% van pasiënte in hospitale gedaal. Dit kan daarop dui dat hoewel die Omikron-variant meer oordraagbaar is – vandaar die skerp styging in infeksies in Desember – die variant minder virulent of aggressief kan wees as die oorspronklike variant of Beta- of Delta-variante wat in vorige vlae dominant was,” sê Snyman.

Omdat meer mense kies om ingeënt te word, is daar minder mense wat die gevaar loop om ernstig siek te word. Snyman sê die gedeelte van die bevolking wat in vorige vlae geïnfekteer is, selfs al het hulle nie noodwendig simptome ondervind nie, moet ook nie onderskat word nie.

“Hulle het moontlik natuurlike immuniteit opgebou wat nou ʼn mate van beskerming bied.”

Uit data van die mediese fonds blyk dat baie mense wel positief vir die koronavirus getoets het, maar baie min só siek was dat hulle in ʼn hospitaal opgeneem moes word.

Die meeste van die fondslede wat wel opgeneem moes word, was ouer mense met onderliggende siektetoestande. Snyman sê dit dui daarop dat die entstof steeds hoë vlakke van immuniteit en beskerming teen ernstige infeksie bied. En hoewel deurbraakinfeksies aangemeld is, bly inenting die bes beskikbare beskerming.

Ondanks die afname in gevalle, moet mense egter steeds nie hul waaksaamheid verslap nie, omdat dit onmoontlik is om akkuraat te voorspel wat in die toekoms kan gebeur, of hoe ander variante die rigting van die pandemie of ʼn moontlike vyfde vlaag kan beïnvloed.

Net soos met die griepvirus, is daar een jaar dalk ʼn betreklik matige seisoen, terwyl ʼn nuwe, meer aggressiewe variant die volgende jaar kan kop uitsteek, sê Snyman.

“Dieselfde kan met Covid-19 gebeur en daarom is dit belangrik om ingeënt te word, waaksaam te bly en te hou by die billike voorsorgmaatreëls.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Samuel ·

Ek glo natuurlike immuniteit speel ‘n groot rol in hierdie vierde vlaag. Ek kyk om my rond in Kaapstad en sien meer en meer mense wat vere voel vir sg covid maatreëls.

Dirk Mostert ·

Meer mense voel vere. Heeltemal tereg. Die maatreels was nooit nodig nie. Mense kyk nou verby die covid-propaganda.

Renier johannes ·

Omdat die mense wakker word en deur die spul leuns sien

VaalDonkie ·

Ek is nog altyd baie versigtig, maar as jy in ‘n gebou ingaan met lugreeling, dan gaan daai maskertjie jou niks help nie. Ek sit hom op want ek is nie lus vir moeilikheid nie, maar vind die maskers belaglik.

Aai ·

Soos hulle se sonder kieme kan jy nie lewe.Laat die kinders weer in die modder speel en vat die sanitizers weg was jou hande soos die ou dae met seep.

Andre ·

Tog snaaks, met elke nuwe variant verdwyn alles van die vorige variant. Gelukkig het ons soveel geleerdes om alles te kan verduidelik.

MakersMark ·

No doubt probleem is die ongeleerdes wat niks kan verstaan nie.

Andre ·

Heeltemaal reg. No doubt is die probleem dat geleerdes optree soos ongeleerdes en dan dink almal is so.

VaalDonkie ·

Een baie duidelike ding wat ek die afgelope twee jaar gesien het is dat ons akademici ook maar net kan herhaal wat hulle by die WGO ens. gehoor het. Daar is bitter min navorsing gedoen van ons kant af en ons maak staat op die integriteit van die WGO en Pfizer/Janssen om ons op die regte pad te hou. En dit maak my kwaad.

Marius ·

Natuurlike immuniteit is blykbaar baie moeilik om te verstaan, en dit lyk of niemand nog ooit daarvan gehoor het nie, vandaar die blindelingse geskarrel om ingeënt te word al het jy reeds covid opgedoen. Dalk moet die mense by Tannie Google gaan aanklop en dit gaan oplees.

VaalDonkie ·

Dr Robert Malone het selfs gese dis skadelik vir jou om te loop “jab” nadat jy COVID gehad het. En hy het self die stekie gevat en bloeddruk van oor die 230 ontwikkel. Gelukkig het hy nie ‘n beroerte gehad soos baie ander nie.

VaalDonkie ·

Ek het die opskrif oorspronklik baie anders ge-interpreteer. Dankie tog

efjy ·

Die naald op die foto moet blykbaar baie stomp wees, want dit druk eintlik ‘n duik in die arme vrou se arm. Ander foto’s druk hulle weer die naald dwarsdeur jou arm. Wonder of dit nie die rede is dat party mense hulle nie wil laat in-ent nie?

Chris ·

Christel, julle liefdesverhouding met die leun, maak dat jul nie ‘n pad met die waarheid kan stap nie. Die beste manier om jou punt tot geregtigheid te bring is met ‘n sterk teen-argument, en nie met sensuur (skuus “modereer”) nie. “The truth doesn’t mind being questioned… A lie doesn’t like being challenged!” Nietzsche; dink maar oor hierdie een ook “When you tear out a man’s tongue, you are not proving him a liar, you’re only telling the world that you fear what he might say.”
George R. R. Martin As ek so kyk na die kommentaar wat wel toegelaat word besef ek meer dat jul algeheel voeling, en jul geloofwaardigheid met die publiek verloor het. Help maar sterk bou in jul breinlose wyse aan die volgende – jul moet egter met julself saamleef na jul as pionne uitgespoeg is na die doel bereik word. “Welcome To 2030: I Own Nothing, Have No Privacy And Life Has Never Been Better” (forbes)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.