Meer diplomate ontplooi sodat SA’ners in buiteland kan stem

Minister Lindiwe Sisulu. Foto: GCIS/Flickr

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Dinsdag ʼn inligtingsessie gehou met Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge, om haar op hoogte te bring van die voortgesette logistieke reëlings om te verseker dat Suid-Afrikaners in die buiteland in die opkomende algemene verkiesing kan stem.

Sisulu het aan joernaliste in Pretoria gesê sy het met die OVK-kommissarisse, insluitend die voorsitter en uitvoerende hoof, vergader. “Hulle het my ingelig oor die logistieke en wetlike vereistes wat verwag word van ons buitelandse missies om infrastruktuur te verskaf aan die OVK sodat Suid-Afrikaners in die buiteland kan registreer, hul name op die kieserslys kan verifieer en ook kan stem,” het die minister gesê.

“Die kieserregistrasie het baie goed afgeloop. Ek het aan die hoofde van al die missies asook konsulaat-generale opdrag gegee om te verseker die OVK kry die nodige ondersteuning sodat Suid-Afrikaners in hierdie lande hul regte kan uitoefen.”

Sisulu het gesê haar departement sal ook “’n nuwe groep” diplomate ontplooi om die kapasiteit by Suid-Afrikaanse ambassades in die buiteland uit te brei.

“Meer as 60 jong, dinamiese diplomate van Dirco sal by ons missies wêreldwyd aansluit. Hulle is nie ambassadeurs of konsulaat-generale nie, maar diplomate wat ons kapasiteit in die buiteland sal versterk om die koördinering van die president se visie van buitelandse beleggings te lei.”

Volgens Sisulu sal die meeste diplomate teen einde Maart ontplooi wees en sal hulle dan met verkiesingsverpligtinge kan help.

“In Junie vanjaar sal ons nog ʼn span diplomate stuur om die kapasiteit by ons missies te versterk met betrekking tot handel, politieke werk, konsulaatdienste en visumbestuur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Afrikaner ·

Aha, dit beteken en kan nou met ‘n geruste hart emigreer, daar sal die diens nou baie beter as in SA wees.

Piet Snot ·

Baie SAners in die buiteland weier om te registreer vir die verkiesing.
Eerstens gaan ons stemmetjie bitter min verskil maak aan die oorheersing deur die rassistiese regime, en tweedens (en dis die eintlike rede) wil ek die huidige regering geen inligting oor my en my gesin gee nie. Hulle moet my net eenkeer per jaar sien totsiens sê (dis al swaar genoeg) en daarna wil ek niks met hulle te doen hê nie.
Ek het dit altyd as my plig beskou om te stem, maar nie meer nie.

JoeP ·

@PietSnot, ek word hoeveel keer hier op MM gesê, ek bly buiteland ek het niks te sê oor SA nie, en moet my mening vir myself hou. Maar nou kom verkiesing, nou verwag dieselfde lot dat ek uit my pad uitgaan om te stem…eintlik baie snaaks dat hul dink ek gaan weer ver reis om dit te doen haha

Danie Bredenhann ·

Wat gebeur in die geval van ‘n SA burger wie tydelik in die buiteland woon en werk, ‘n een-uur reis moes onderneem na ‘n naburige land om by die naaste RSA ambassade te gaan registreer. As gevolg van werksverpligtinge kon hy eenvoudig nie betyds daar kom nie. Beteken dit dat hy nie sal kan stem uitbring nie … in vandag se aanlyn tegnologiese wêreld?

Rupert Ashford ·

Buitelandse sake se mense wat so bietjie vir NI ook werk. Hoofsaaklik om inligting oor expats in te samel met die oog op die implementering van die nuwe belastingwetgewing van volgende jaar af dalk?

J. van Rensburg ·

Heel waarksynlik – inderdaad,ek vermoed hulle sal moet sorg dat die stemme “reg” getel word…

Jepetto ·

Hoekom kan Zimbabwers sie in SA stem as daar verkiesing is in Zim

Gert van Wierdapark ·

Dinamiese diplomate kan niks anders wees as politici en ander agterryers se bloedjies nie. Dis verseker nie agtergeblewenes of desperate stemvee wat met die hand uitgesoek is nie. Sal graag wil weet watse (buitensporige) salarisse het gaan KRY. In plaas dat die gemors met diens-geen-lewering by die tou-stanende Binnelanlandse lamsakkige Sake reggeruk word met dinamiese amptenare wat wil werk! DIT SAL PUNTE TEL, nie nog soustrein ryers nie!

Hendrik van George ·

Alle buitelandse stemme was maar slegs 0.8% van die stemme met die vorige verkiesing. Ek gaan nie weer my tyd mors om in lang rye te staan om te stem nie.

Hendrik ·

Vir my sal dit ‘n 5-uur rit wees om by ‘n stemlokaal uit te kom. Daarom wil ek elke Afrikaner in SA wat nie gaan stem nie, ‘n klap teen die oor gee om wakker te skrik. Gaan doen julle plig op die vakansiedag wat daarvoor aangewys is!

Gert ·

Suid-afrikaners in die buiteland stem in elk geval altyd ANC-Lite so sal my nie pla as hulle nie stem nie.

Piet ·

Tensy jy amptelik in die buiteland vir RSA werk of net tydelik daar is behoort jy geen stemreg te hê nie. As jy nie bereid was om te bly en saam met die res te werk vir ‘n beter SA nie, het jy geen reg tot ‘n stem nie. Stem maar vir jou nuwe land se regering.

JoeP ·

Baie dankie Piet, dis wat ek al vir jare sê, dis n tyd mors vir my om te gaan stem hierdie kant.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.