Meer duidelikheid oor klag teen ‘urine-student’ gesoek

universiteit-stellenbosch

Universiteit Stellenbosch. (Foto: Facebook)

Dit gaan “onder die omstandighede” goed met Theuns du Toit, die Matiestudent wat byna twee weke gelede voorlopig geskors is nadat hy glo op ’n ander student se besittings by een van die Universiteit Stellenbosch (US) se manskoshuise geürineer het.

“Dit was maar ’n groot skok vir hom en sy familie. Sy hele lewe is omvergewerp – van ’n regstudent tot iemand wat nou by die huis moet sit,” het Du Toit se regsverteenwoordiger, William Fullard, Vrydagmiddag aan Maroela Media gesê.

Volgens Fullard het sy kliënt tot op hede nog nie ’n klagstaat vanaf die US ontvang nie. Fullard weet wel dat sy kliënt van die oortreding van die US se gedragskode aangekla word.

“Die universiteit se gedragskode is egter baie wyd,” veruidelik Fullard. Hy beoog nou om volgende week ’n skrywe aan die US te rig om meer duidelikheid rakende die klagte teen sy kliënt te bekom.

Intussen word moontlike datums vir ’n dissiplinêre verhoor vasgestel.

Martin Viljoen, woordvoerder van die US, het reeds verlede week gesê die universiteit se kantoor vir studentedissipline het sy ondersoek afgehandel en verlede Vrydag reeds ’n formele klagstaat aan Du Toit deurgegee. Die klagstaat is volgens Viljoen na Du Toit se amptelike universiteit-e-posadres gestuur.

Die voorval het twee naweke gelede by die Huis Marais-koshuis plaasgevind waarna ’n video daarvan soos ’n veldbrand op sosiale media versprei het.

Babalo Ndwayana, die student op wie se besittings Du Toit glo geürineer het, het intussen ’n strafregtelike klag teen hom aanhangig gemaak. Aanklagte van huisbraak, opsetlike beskadiging van eiendom en crimen injuria is teen Du Toit aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Sandra ·

Ek meen as daar ‘n video van hom is wat dit regtig doen, dan wil ek weet hoe oud is hy dan nou om so’ n walglike ding te doen. Al het die ander kind iets aan hom gedoen, is dit hoe mens die situasie hanteer wat van ons opgevoede individue maak.

Waarnemer ·

Nou soek die du Toit kerel nou simpatie.hy hdt lekker stupid opgetree en moet maar die punch vat.

Harley Davidson ·

Ek het simpatie met hom daar word huidiglik teen hom gediskrimineer net omdat hy wit en dit word afgedwing deur die regering se beheptheid met ras.

Harley Davidson ·

Die ou is ‘n student wat onder die prop was en iets gedoen het wat hy normaalweg nie sou doen en nou word hy gekruisig omrede hy wit is,urineer op straat is ‘n kriminele oortreding sien julle die polisie die vang wat enige plek net waar hulle wil pie .vra julself af hoekom

Nici ·

Sou goed wees om te weet wat presies gebeur het en wat die rol was van die video afnemers.

Frank ·

Julle wat so lekker kommentaar gee!!
NATUURLIK kan mens dit nie goedpraat nie, maar studente se koppe kan maar lekker uithaak. Soos in heeltemal. Veral as hulle gedrink is.
Wat sou die situasie gewees het as die slagoffer wit was????? Wees nou eerlik…….

Frank ·

En jy was nooit in jou lewe ‘n student nie….. Let wel, ek praat dit nie goed nie.

JohanR ·

Moet maar jou regstudies deur korrespondensie doen boet, dan kan die toilet daar by jou eie huis gebruik om te pee.

JohanEtz ·

Van die kommentaar hier gelewer, klink dit asof diegene nie kattekwaad op universiteit aangejaag het nie….heildosies of kloosterkoeke?

JohanNL ·

Eks nuuskierig Jonico, wat sou jy presies gedoen het aan ‘n 19(?)-jarige vreemdeling wat op jou kind se eiendom urineer het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.