Meer geld nodig om beurtkrag te stuit

André de Ruyter. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch)

Eskom het oënskynlik meer geld nodig om eindelik daarin te slaag om beurtkrag ʼn bloedneus te gee. Die kragvoorsiener spartel egter om die miljarde rand wat munisipaliteite aan hom verskuldig is, in te vorder.

André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, het Woensdagaand met die portefeuljekomitees van openbare ondernemings, van minerale hulpbronne en energie asook die parlementêre komitee oor openbare ondernemings en kommunikasie vergader.

Die gesamentlike vergadering is gehou sodat Eskom die komitees kon inlig oor korttermyn- en mediumtermynoplossings vir beurtkrag.

De Ruyter het dit duidelik gemaak dat die mees lewensvatbare oplossing om beurtkrag tot ʼn minimum te beperk, is om te verseker die kragvoorsiener het die nodige geld om die oopsiklus-gasturbines teen hul volle kapasiteit te laat loop. Indien dit gebeur, kan beurtkrag met twee fases verminder word.

Om dit te bewerkstellig vereis Eskom onmiddellike optrede om befondsing vir brandstof te verseker sodat tussen 2 000 MW en 3 000 MW opgewek kan word om die kragnetwerk te stabiliseer.

Die versnelde terugkeer van opwekkingseenhede 1, 2 en 3 by die Kusile-kragstasie kan wel meer as  2 100 MW tot die kragnetwerk voeg.

Van die komiteelede het ook hul kommer uitgespreek oor die R57 miljard wat munisipaliteite reg oor die land aan Eskom verskuldig is. Hulle voer aan dat die uitstaande skuld as ʼn saak van erns saam met die nasionale regering en die departement van samewerkende regering en tradisionele sake opgeklaar moet word.

Komiteelede het verder hul bedenkinge oor die gebruik van onafhanklike kragprodusente gelug en aangevoer dat kernenergie ʼn meer betroubare en goedkoper opsie sou wees as om die roete met onafhanklike kragprodusente te volg.

Volgens De Ruyter was die proses om onafhanklik krag op te wek, aanvanklik duur, maar sedert die bod van onafhanklike kragprodusente afgehandel is, het pryse aansienlik gedaal. Boonop is kontrakte vir die eerste ronde onderteken en dit sal oor sowat 11 jaar strek en Eskom kan nie van daardie kontrakte afstand doen nie.

Ter afsluiting het Zolani Mkiva, voorsitter van minerale hulpbronne en energie, versoek dat Eskom se kommunikasie oor beurtkrag verbeter en “nie sporadies behoort te wees nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Mnr De Beer ·

Probleem sal opgelos word as mense die ANC stop en geld verhaal van die ANC. Tot dan toe moet mense maar suffer wat net sit en kla.

Gert ·

Tax revolt is al hoop om rowers wat teen die land se belange optree finansieel te stuit.

Henry ·

hulle moet uitstaande gelde invorder. hulle moet hulle uitgawes beperk.

Marius ·

Daar is nie meer geld, die mense het nie meer geld…. Die wat dit kan bekostig gaan oor na sonkrag, die res gaan net nie meer betaal nie. Die realitetit is Eskom is besig om sy laaste snikke te gee na ‘n lang lyding….

Marcello ·

Probeer hulle nou vir Andrè voorsê,” good luck” met daardie een. Plaas laat hulle luister na iemand wat in die Pos is, en weet wat in Eskom aangaan.

Melinda ·

As Biden geld geskenk het om kool uit te faseer? Waar is daai tjing? En groen krag is maar lig in die broek.

marius ·

Daar IS nie geld nie . Die enigste bloedneuse is die vuisvoos betalers . Die hele hool het ingeplof .

Johann ·

Dis wat gebeur as jy aan bewind kom en moet bly deur “free for all” as ‘n haalbare beleid na te jaag. Massas navolgers in lyn te hou met ‘n Tshirt en Grant.

Vrystaat2109 ·

Soos protesaksies wat deur die anc implementer en deur sy ondersteuners vervolmaak is tov afbreek en verwoes so is wanbetaling en geen betaling vir dienste ook deur die anc implementer.
My voorspelling, die betalende publiek is reeds besig om alternatiewe krag voorsiening vir huishoudings aan te bring, op ‘n stadium nie ver in die toekoms nie gaan die anc vind hulle wek krag op vir die wanbetalers en al die onwettige krag aansluitings.
Werkloosheid gaan verder verhoog met besigheids en fabrieke wat noodgedwonge moet sluit agv geen krag of krag wat te duur geraak het.

Prikkie ·

Die opwekkingseenhede is nie veronderstel om voltyds op diesel te loop nie.

Gert ·

Ek weet watter departement het nou gespaar op sokker balle wat dalk so R1Miljard fooitjie kan bydra.

Suzette ·

Baie geld verskuldig aan Eskom omdat “our people” net gebruik en niks betaal. Hoekom so stil oor die moontlik afskrywing van Soweto se huidige uitstaande skuld?

Mnr De Beer ·

Stil wees oor moontlikke afskrywing van Soweto se uitstaande skuld is die R13 Biljoen vraag?

RS ·

SAKE REDDING! SAKE REDDING! SAKE REDDING! Dit is al wat gaan help. Hou op om die dooie lui ou monster te voer! Gee oor en kry elektriese krag aan die mense!!!

CHRISTINE ·

Ek sal vir De Ruyter stem vir die nuwe president van Suid Afrika.

Lillian ·

Wel moenie julle problem ons sin maak nie. Baie van ons het geen bydrae gelewer tot hierdie gemors waarmee ons nou sit nie. So fix the problem yourselves

Nico ·

Eskom julle wat onbevoeg is moenie nou die verbruiker wat gereeld betaal die skuld gee nie, Eskom het nie die mannekrag en vermoë om hierdie probleme op te los nie. Eskom kry mense wat weet hoe die probleme op gelos kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.