‘Meer geld nodig vir volhoubare verdedigingsvermoë’

(Argieffoto van ‘n Puma-helikopter van die SA Lugmag)

Die gesamentlike staande komitee oor verdediging is bekommerd oor die aanhoudende besnoeiing van die weermag se begroting – ʼn vermindering wat die vermoë van die weermag om sy grondwetlike pligte na te kom in die gedrang kan bring.

Die lugmag, vloot en weermag het die komitee vandeesweek op die hoogte gebring van vlieg- en see-ure, asook sy vermoë om bates doeltreffend te gebruik.

Die komitee het die weermaglede geloof vir hulle volgehoue werk om te verseker dat die soewereiniteit van die land beskerm word, ten spyte van die weermag se begrotingsuitdagings.

Die weermag ding mee met maatskaplike projekte vir geld, maar die komitee meen ʼn beduidende belegging in die weermag is tot voordeel van die versekering van die land se soewereiniteit. Hy het ook gesê ʼn belegging in die plaaslike verdedigingsvervaardigingsbedryf gaan die ekonomie stimuleer en werk skep.

Die komitee is ook bekommerd oor die kapasiteit wat reeds verlore gegaan het en die land se vermoë om dit te herwin, maar sê dít gaan selfs méér kos as waarvoor tans gevra word.

“Ons staan voor ʼn tikkende tydbom. Dit is kommerwekkend dat die weermag se planne berus op ʼn model van wat tans beskikbaar is, en nie op die vereistes vir ʼn gesamentlike ontplooiingsmag nie.

“Die gevolg van ʼn afname in die begroting kom neer op ʼn afname in vermoëns en as dit voortduur, gaan dit die vermoë om die land te beveilig verder pootjie,” het Cyril Xaba, medevoorsitter van die komitee, gesê.

“Ons beskou die Suid-Afrikaanse wapenvervaardigingsbedryf as ʼn sleutelgroeipunt wat moontlik enorme hulpbronne na die land kan lok en ekonomiese bedrywighede kan stimuleer. Genoegsame befondsing van die weermag gaan bestendigheid en voorspelbaarheid in die bedryf verseker deur die Suid-Afrikaanse bedryf in staat te stel om wêreldwyd mee te ding,” het Mamagase Nchabeleng, die ander medevoorsitter gesê.

Wat betref die lugmag en die vloot, het die komitee hulle rol benadruk om landsveiligheid te verseker. Die lugmag en vloot verseker ook veilige handel deur teen-seerowery-optrede langs die Mosambiek-kanaal.

Die komitee het voorgestel dat geld dus beskikbaar gestel word vir onder meer die opgradering van vermoëns en magsvoorbereiding.

Die komitee het gesê dit is belangrik dat daar stappe gedoen word teen enigiets wat die verdedigingsvermoëns van die weermag in die gedrang bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Andries ·

Ons het nie n oorlog nie, maar hier gaan meer mense dood as in Sirië per jaar(waar daar wel n oorlog is)

Spandeer hierdie geld eerder aan die SAPS

Trojaanse Donkie ·

Ons het nie vyande nie, so teen wie wil ons onsself verdedig.
Seerowers is in elkgevak te uitgeslaap vir die ou spulletjie.
Gebruik die vloot om eerder die strande skoon te hou en al die perlemoendiewe.

Peet ·

Kan dit verstaan, buitendien, as ons aspirasies het om Venezuela militêr te gaan ondersteun het ons hulp nodig.
Goeie genade vanaf een van die werêld se mees effektiewe weermag na wat ons nou het – skandalig!

Hannetjie ·

SA het mos nie vyande nie? Waarom geld in die water gooi…knap liewer die huidige strukture waar ons weermag-lugmag-en vlootmanne in woon op.

Vaalseun ·

Het ons nie vyande nie, Hannetjie?
Elke ander land in die wêreld is ons potensiële vyand. Gaan lees gerus wat met onvoorbereide lande met onparate verdedigings magte gebeur het in die Tweede Wêreldoorlog – lande soos Pole, Frankryk en Nederland.
Suid-Afrika is strategies geleë en het sleutel grondstowwe vir wapenvervaardiging – nuttig vir wêreldmagte in die uitvoering van hulle strategieë.
Geen land weet vooruit by watter konflikte tussen wêreldmagte hy onverwags betrek kan word in die toekoms nie.
‘n Land se verdedigingsparaatheid is ononderhandelbaar indien hy sy soewereiniteit wil behou.

Grassie ·

Vaalseun – jy praat nou soos ‘n Westerling, iemand wat in ‘n beskaafde eerstewêreldland woon. Onthou, ons is ‘n flentergatland wat op die randjie van bankrotskap wankel met ‘n onbevoegde regering wat nooit gaan verander nie. Ons is ‘n derdewêreld piesangrepubliek in wording met ‘n duister toekoms. Westerse standaarde gaan nooit weer hier geld nie. Ons huidige weer(on)mag is net nog ‘n vrugtelose uitgawe, ‘n plek waar onbevoegdes staatsgeld mors.

Gert van Wierdapark ·

Daar is n baie eenvoudig oplossing! Haal die soustrein-drywers eerste uit sirkulasie,. Die Soustrein-parasiet passasiers behoort daarna af te klim =en SIEDAAR, skielik is daar miljarde Rande om die Weermag (onder streng toesig van Onder meer die privaatsektor), te begin opbou!!! Dit is nie “‘n pie in the sky” nie, maar haalbaar!

Peet ·

Hannetjie, jy is 100% in die kol. Maar die geld is reeds in die water. Geld om ‘n stabiele ondersteuningsmag te skep, ordentlike ondersteunings fasiliteite vir weermag personeel is wat benodig word. Vliegtuie en helikopters is nié taxis vir politici nie.
Ons hét die kundigheid om ook ‘n vervaardigings bedryf te bou – wat nie ‘n trog word vir kaders nie.

Dries ·

Niks snaaks nie die anc kort altyd hulle kan en sal nooit n land kan best nie negentig pers van hulle het nie eers graad een nie

John ·

Het ons nie onlangs ander groot geld bestee waarvoor Zuma steeds nog nie vervolg word nie. Die Arabiese lande stel hoeka belang in Denel. En dan het ons ook nog baie uraan vir bomme wat nou weer groot mode is. As ons ligweg bewe oor die chaos in die land, gaan ons binnekort ace oor die skikbewind van on slim politici… terwyl die Reserwebank gekaap word vir ons bydrae tot die voorste skerpgeskut-gestoeltes in die wèreld.

Johanna Botha ·

SA weermag is vandag net n joke ….dink n kleuterskool kan hulle oorrompel !

Zoom Zoom ·

Die weermag se begroting word gebruik om nuwe voertuie vir Sy personeel aan the koop wat gebruik word vir private shopping. Ver te veel personeel indiens van die weermag wat niks week het on the doen. As enige land ons sou of Wil aanval moet hulle dit op die weermag se payday doen want dan is almal by die winkel met weermag vervoer. Weermag het ‘n dagsorg sentrum geword vir “soldate” .

Jimmy ·

Die geld gaan nou om Denel op dreef te hou. Êrens moet iets knak.

Neels ·

Behalwe finansies is ouderdom ‘n probleem in die leër. Die gemiddelde ouderdom van die voetsoldate is al 20 jaar verby die vervaldatum. Van die troepe het al kleinkinders.

Adri van Zyl ·

Ons het defnitief baie meer duikbote nodig om di mense teen di haaie by di riviere by di oseaan te beskerm. Daar is soveel haaie en dis waarvoor di seemanne (vloot) opgelei word en di duikbote gebruik word. En 1 Mil hospitaal wat eens oorsese leiers en koninklikes behandel het is nou heeltemal ten gronde. Dink daar was ok te veel haaie gewees.

Hanna Hoekom ·

Ontbind die hele organisasie! Werf kundige mense sonder n kriminele agtergrond en n gesonde gewig. Begin oor. Hierdie sirkus kos ons land miljoene.

Grassie ·

Ek wonder met wie wil die weermag oorlog maak. Miskien met ‘n klein minderheidsgroep in die land as dié oproerig word as hul grond en ander eiendom sonder betaling gevat word? Al ons bure is van lankal af groot maters van die ANC en hou geen gevaar in nie.
Of miskien soek hulle geld om nog ‘n klomp onbevoegde kaders in hoë range aan te stel met vet salarisse.

Blikke ·

Uuummmhhh….skuus..maar wat beteken soewereiniteit…????

PJC ·

Grassie ek stem saam met jou. Hoe swakker die weermag hoe beter vir ons as minderheidsgroep want as daar iets gebeur word hy dalk teen ons gebruik.

Piesang ·

Los die weermag net soos dit is. Gaan dit later net makliker maak…

humor ·

Waarom nou n weermag? Die land is alreeds in sy m….vloer in. Die ons grootste vyand is die huidige regering in die trant waarop hy regeer. Al beskik ons ook oor die mees gesofitikeerde wapentuig maak die huidige aard van bemanning dit nutteloos.

Hennie ·

Hoekom doen hulle nie weer ‘n oefeninkie daar op die strand sodat ons kan sien hoe ‘n spul patente hulle is nie. Adoons en sy squad het meet taktiek en “know-how” as die trop idiote!

humor ·

Daar is n groot deel van die bevolking wat doetreffende wapens benodig om hul teen eiendomroof en ook hul eie lewe te beskerm.

Saint ·

Ek het nou die dag m
By Zwartkop lugmagbasis n Gripen supersoniede vegvliegtuig sien vlieg.
Dit was nie n individuele demonstrasie vliegtuig nie. DIT WAS DIE HELE VLOOT VAN GRIPENS WAT VLIEG IN DIE LUGMAG.

Jeremia ·

Dalk nog meer of weer Kubane kry om Weermag se voertuie te herstel.
Die koste om hulle hier te kry en aan die gang te hou is sommer kleingeld vir SA en Weermag.

aj ·

20 000 mense word gewelddadig gedood elke jaar in SA. Dit is meer sterftes tydens ‘normale’ omstandighede as in enige OORLOG wat nou plassvind, enige plek op die planeet!

M.a.w. die grootste VYAND van SA is sy eie mense en sy eie regering!

Hoe vernietig jy SA se grootste vyand? (Sy eie mense!). Soos wat van ‘n WEERMAG verwag word?

Attie. ·

Kan iemand vir my sê wie is ons vyand teen wie ons onself moet beskerm. Sjina is waarskynlik die enigste en hy het klaar die land gekoop. Sjina besit die eerste verband op bykans die hele Afrika. Ons het nie ‘n weermag nodig nie. Ons het nie genoeg vlieëniers vir die vegvliegtuie in ons besit is nie en ons het nie geld om hulle in die lug te hou nie. Die weermag is wel goed om die Vaalrivier skoon te maak maar hulle begin by die verkeerde kant, die Vaalrivier begin by Breyten in Mpumalanga. Op die platteland is baie dreine verstop, sal die weermag nie help nie asb.

Anoniem ·

Troos Julle die Kuslyn om Afrika het gelukkig ons grense geword, niks hoef beskerm te word nie want Julle het almal ingenooi
MAAK DIE BEGROTING NUL(0)

Gooi die paspoorte weg !
Probleem opgelos

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.