Meer gereelde misdaadstatistiek vir die Wes-Kaap

rowers

Foto: Argief

Die Wes-Kaap gaan voortaan misdaadstatistiek op ʼn maandelikse basis bekendstel. Die provinsie se LUR vir gemeenskapsveiligheid, Dan Plato, het Sondag in ʼn verklaring bekend gemaak dat hy sy departement opdrag gegee het om toe te sien dat die provinsiale kommissaris misdaadstatistiek op ʼn maandelikse basis verskaf.

Volgens Plato sal daar ook van die metropolisie verwag word om maandeliks inligting te verskaf oor die aard en aantal misdade wat aangemeld word.

“Misdaadstatistiek moet nie net aan die polisie behoort nie, maar moet gebruik word om die publiek in te lig oor risiko’s in hulle gemeenskap en om strategiese optrede van die hele veiligheidsnetwerk in ʼn gemeenskap moontlik te maak,” het Plato gesê.

Volgens Plato vorm dit deel van die volledige implementering van die Wes-Kaap se Gemeenskapveiligheidswet (Wet 3 van 2013). Al die wetgewende maatreëls van hierdie wet moet teen Januarie 2015 geïmplementeer wees. Hy het verder gesê daar word beplan om ʼn polisie-ombudsman aan te wys wat sal help om die verhouding tussen die polisie en die gemeenskap te bou en versterk. Dié ombudsmankantoor moet reeds teen die einde van Oktober funksioneer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HEVW ·

Hierdie gereelde bekendmaking van misdaadstatistiek behoort die gemeenskap daartoe beweeg om meer veiligheidsbewus te wees en hul self te beskerm. Daar moet oorweeg word om selfs tonele van ernstige misdaad te beeldsaai. Fotos van misdadigers skuldig bevind aan ernstige misdade en hul vonnis opgele moet op straat aangebring word. Dit kan dien as afskrikmiddel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.