‘Meer het hierdie feesseisoen verdrink’

Argieffoto: NSRI

Argieffoto: NSRI

Die Nasionale Seereddingsinstituut het Woensdag gesê hulle is tussen 1 Desember 2016 en 2 Januarie 2017 na 37 voorvalle ontbied waar mense verdrink het.

Volgens ʼn NSRI-verklaring was 23 van die mense wat verdrink het volwassenes en 14 kinders. Die meeste van die verdrinkings kan toegeskryf word aan swemmers wat deur seestrome meegesleur is, maar mense het ook in strandmere, swembaddens, riviere en damme verdrink.

“Die NSRI glo die totale aantal verdrinkingsongelukke het vermeerder vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Ons vermoed dit kan toegeskryf word aan ʼn styging in die aantal mense wat strande en binnelandse waterbronne tydens die vakansie besoek het,” het die instituut gesê.

Volgens die NSRI is hul bemanningslede na 132 voorvalle ontbied en 193 mense en tien diere is uit verskillende situasies gered. In 38 van die voorvalle moes die NSRI bote en skepe te hulp snel en drie mense is vir mediese redes van skepe ontruim.

“Soos ons die volmaan-springgety nader wat op 12 Januarie tot ʼn hoogtepunt sal kom, wil ons weer die publiek waarsku teen sterker seestrome, wat vanaf 8 Januarie waargeneem sal word.” Die instituut het mense aangemoedig om die NSRI-webtuiste te besoek, waar gereeld inligting en raad oor seestrome, springgetye en waterveiligheid gepubliseer word.

Swemmers word ook aangeraai om slegs te swem by strande waar en wanneer lewensredders aan diens is. “Ons moedig die publiek aan om nie alkoholiese drankies by die water te drink nie en doen ʼn beroep op ouers om seker te maak kinders het volwasse toesig by alle waterbronne. Swembaddens by huise moet ook ʼn veiligheidsheining hê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

m ·

Daar Moet beter toegangsbeheer wees op strande. Jy Kan nie met 800000 mense op die strande sit en verbaas wees oor verdrinkings nie. Dis chaos met Al die mense..

Jan ·

En tuis? Ek het dit probeer sê, maar dit is so sensitief dat dit nie geplaas word nie. Mens mag nie daaroor praat nie.

E.K. ·

Ek hoop net altyd mense besef die ownderlike werk wat die NSRI doen – GRATIS! En skenk bietjie geld aan hulle, hulle het groot oorhoofse kostes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.