Meer inligting oor rekenaartablette vir skole bekend

(Argieffoto: Pixabay.com)

Meer inligting oor hoe rekenaartablette aan leerders in staatskole verskaf en geadministreer gaan word, is in die parlement bekend gemaak deur Angie Motshekga, minister van basiese onderwys.

Sy is in ʼn skriftelike parlementêre vraag daaroor uitgevra deur die IVP-LP Xolani Ngwezi.

Die plan om rekenaartablette aan leerders in staatskole te verskaf, is vroeër in die staatsrede aangekondig deur pres. Cyril Ramaphosa.

Wat die inwerkingtreding van die plan betref het die minister gesê dit sal in fases plaasvind. Vanjaar is ʼn proefperiode. Dan sal plaasskole en ander skole met kinders uit meer as een graad in ʼn enkele klaskamer aan die beurt kom. Daarna volg die 60% armste staatskole (kwintiele 1, 2 en 3) en laastens die welvarendste staatskole (kwintiele 4 en 5).

Wat die begroting vir die rekenaartablette betref het Motshekga aangekondig ʼn groot deel van die koste sal verhaal word deurdat departementele werkboeke nie meer gedruk sal hoef te word nie. Daar is ook toegewese begrotings wat aangewend kan word, soos die geld wat vir die bevordering van wiskunde, wetenskap en tegnologie begroot is.

Provinsiale begrotings en bydrae deur die private sektor sal ook aangewend word, het Motshekga gesê.

Wat opleiding betref het die minister laat blyk onderwyseropleiding by onderriginstellings is reeds dienooreenkomstig aangepas. Daar sal ook indiensopleiding, vakbondsessies en aanlynopleiding wees.

Rakende die sekuriteit verbonde aan die rekenaartablette het Motshekga die versekering gegee dat skole nie tablette sal ontvang alvorens die nodige veiligheidsmaatreëls nie getref is nie.

Die tablette sal op ʼn trollie gemonteer word sodat dit na en van die skool se stoorkamer – wat ʼn staaldeur sal hê – gestoot kan word. Dit sal slegs vir onderwysdoeleindes gebruik kan word en sal dus “gemeenskapsonvriendelik” wees, het Motshekga bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Johan ·

Dit sal nie werk nie. Mens noem die redes diefstal, sabotasie en agterlosigheid.

Jan Botha ·

Ek het idee daardie trollie sal nooit die stoorkamer verlaat nie. Die kind het nou nie ‘n boek om uit te leer nie, ook nie tuis nie en hy mag nie die tablet huistoe vat nie. Maar om te kan sê die kind het ‘n tablet tel mos al klaar ‘n slaagpunt.

Jan Botha ·

En ek glo die minister het geblom toe sy die antwoord in die parlement verskaf het.

Diklizzy ·

Ons plaaslike hoërskool het hierdie reeds probeer. Dit is gelukkig na 3 jaar afgeskaf. Kinders leer steeds beter uit ‘n boek as op ‘n tablet. Ons skool is een van die topskole in Oos-Kaap

Boet Fasie ·

Die minister weet nie waarvan sy praat nie, as die kinders nie die rekenaar tablet huis toe kan vat nie hoe gaan hy of sy huiswerk en navorsing doen vir die volgende dag. In staat skole hou die toilet potte nie eers nie, nou hoe gaan tablets hou. As die kinders opstandig raak gaan hulle seker die tablets op ‘n hoop gooi en aan die brand steek. Papsak maak mens slim.

Papa G ·

Wat ń blink idee! Daar is geen bladsye om te skeur en te bekrabbel nie! Die probleem bly steeds dat ń stommerik wat nie wil leer nie, wel, nie wil leer nie.

John ·

Eskomkrag aan plaasskole of gaan kragopwekkers verskaf word wat laai laai laai aan die baie tablette snags. Baie tablette se batterye gee probleme dus sal voorrade beskikbaar moet wees en kundiges wanneer dit voordoen. Die skooldag sal langer moet wees want baie ure gaan aan probleme bestee moet word. En hoe gaan vir eksamens geleer word wanneer die ‘handboeke’ by die skool gaan agterbly of gaan eksamens in die slag bly?

Ida ·

John jy het presies op genoem wat ek dadelik aan gedink het. Hul is besig om vir hulself baie meer probleme op die has te haal. n Derde wereld land met tablette vir die skoliere is belaglik. Omw nee, hierdie regering is verby belaglik.

Tabs ·

Goeie verkiesingsfoefie ANC. Beter sou wees om te verseker dat álle skole eers spoeltoilette het.

John ·

Tabs, nou dat jy dit noem… hoeveel sal daar uitgeduik moet word? Hou tog net die sitplek rond… of is dit ook al vierkantig?

Cherokee ·

Miskien behoort iemand haar daarop te wys dat Bill Gates & kie in ‘n koloniale land woon.

Puzzled ·

? .. skerp opmerking ! Hulle sal ‘n manier kry om daai tablette uit die perseel te kry en die trollies sal verkoop word as scrap metal “mark my words”. Jy kan nie Westerse praktyke by hulle toepas nie en soos jy noem, is dit presies wat my kop nie wil verstaan nie… hulle veg teen verwestering of kolonialisme aan die een kant, maar begeer die Guicci, Louis Vitton, Jimmy Choos, Bvlgari, herehuise, sportmotors, hoë kwaliteit spesialis mediese sorg, tersiêre opleiding en alles maar alles verder wat die “Weste” ontwikkel het of oplewer? En verniet. Kan iemand dit asb vir my uitklaar.

Pottie ·

Goeie plan tegnologie is die toekoms. Moet net goed administreer word.

Johan ·

En as juf hul kwaad maak dan kan hulle nie die boek brand nie!!!!

@Johan ·

Kan jy net indink hoeveel tablette gaan gegooi word lol Gee vir die onderwysers helmets!

fred ·

jare terug was daar al so n projekt…hoeveel van daar die tablette bestaan nog…???? laat hulle eers uit n boek lees en studeer….

Hanna Hoekom ·

Jammer daar is nie “tablette” vir domgeit nie! Wonder ook maar net hoe hierdie nuwe Westerse hulpmiddel die onderwys kan help dekolonialiseer? Dis mos uit met die Weste, dan nie?

Stoffel ·

Die ANC moet hulself eerder van tablets voorsien…. slim pille.

Janee ·

Cherokee, jy hoef nie te worry nie, tussen chinese produkte en korrupte tenders het angie motsheka als onder beheer. Sy het nog net nie agtergekaom china is die nuwe koloniseerder nie

PTHS ·

Toe ek nog skool geloop het moes ons ons eie handboeke koop, splinter nuut of van vorige jaar se leerders. Ek het nou nog van my handboeke want daar waardevolle inligting vir my in is. n tablet word ook oud en kos baie meer as n handbook en maak skole maklike teikens vir gewapende rooftogte (my eie siening)

jakes ·

Kriminele lek al klaar hul lippe af vir wat kom. Binnekort sal jy hierdie einste tablette op straat kan koop vir R100 stuk. Pleks dat Mosheka eerder ondersoek instel waarom 41,000 onderwysers daagliks afwesig is by skole en ten minste probeer om put toilette te vervang met spoel toilette. Miskien gaan dit beleid word dat kinders wat tablette het automaties na die volgende graad gaan sonder om eksamen te skryf.

PIPPIE LANGKOUS ·

Slegste besluit ooit, tablette by my 3rde kind se skool het hom so sleg laat vaar dat ek later wou moed opgee. Nou na 5 jaar is die tablette weggevat en handboeke teruggebring. Hoekom??? Want ons kinders maak of hulle sit en leer en take dien en huiswerk doen alles op die tablette, maar in die meantime is hulle besig met games en social media.
En asb, as julle dink enige intelligente ouers kon dit agterkom, moet julle dit eers self ervaar…

At Dippenaar ·

Geldmors. Uitnodiging tot diefstal. Nie eens ‘n gepantserde kluis sal hul stuit nie.

Vlakvark ·

Kommentatore verstaan skynbaar nie: Suid-Afrika betree glo nou die 4de Industiële Revolusie! Feit is dat ons nog nie eens die 2de Industriële Revolusie kan bemeester nie!
Seker meeste skoliere ken nie eens die 12 X 12 tafels uit hul koppe nie! Om nie eens van konsepsuele denke te praat wat nodig is vir kreatiewe denke vir unieke produkte wat ekonomies op die wêreldmark kan kompeteer nie. Amen.

Ekke ·

Toemaar, hulle het klaar vanoggend in Magaliesburg se strate gehardloop en tablets geeis. Dit was gelukkig vinnig oor en rustig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.