Meer mense besoek SANParke-oorde

Argieffoto: SANParke

SANParke het bekend gemaak dat sy vyf dae lange veldtog tydens Nasionale Parkeweek besoekersgetalle aan sy oorde die hoogte laat inskiet het.

Nasionale Parkeweek is van 18 September tot 22 September gehou.

“Ons het vanjaar ʼn toename van meer as 24% gehad danksy die ‘Ken jou nasionale parke’-veldtog. Verlede jaar het ons ʼn totaal van 62 312 besoekers in dié tydperk gehad en vanjaar was dit 77 340,” het Fundisile Mketeni, uitvoerende hoof van SANParke, in ʼn verklaring gesê.

Mketeni het gesê die hoofeienskap van die veldtog is om in dié tydperk gratis toegang aan enige Suid-Afrikaanse dagbesoeker te verskaf wat hul amptelike identiteitsdokument kon wys.

“Sedert die veldtog in 2006 van stapel gestuur is, het ʼn totaal van 364 275 dagbesoekers ons oorde besoek. Nasionale Parkeweek se doel is om ʼn kultuur van trots by Suid-Afrikaners te skep in hul verhouding met die land se natuurlike, kulturele en historiese erfenis.”

Mketeni het gesê die top 3-oorde wat in dié week besoek is, was die Mapungubwe Nasionale Park en wêreld-erfenis gebied (met ʼn toename van 202% in besoekers), die Karoo Nasionale Park (138%) en die Marakele Nasionale Park (119%).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Francois le Cochon ·

Hierdie is ‘n goeie bewys dat SA’ners ‘n behoefte het om ons parke te besoek, maar dat SANPARKE te duur is vir die gemiddelde SA’ner.

bekommerd ·

Wat n gemors in die Kruger hulle het in buste aangekom wereld vol romel bestrooi en dan nog 3 kampe satara letaba en olifants se restaurante behoort aan een eienaar die se krag was afgesit asg betalings wat nie gedoen word nie, swak kliente diens ook van hulle. Nee wat slapende honde word wakker gemaak en dan is die arme diere ingevaar. Die een knaap he sommer uitgeklim uit taxi en begin fotos neem..

Carel ·

Was 25 tor 28 se naweek in Pretoriuskop
Fotos van oortreders na aanbevole epos gestuur nog geen terugvoer tot op hede
Chaos in Wildtuin

Carel ·

Was 25 tor 28 se naweek in Pretoriuskop
Fotos van oortreders na aanbevole epos gestuur nog geen terugvoer tot op hede
Chaos in Wildtuin

Andre ·

Was nou laasweek in Pilanesberg, die paaie is besig om te verdwyn. Die diens is so ongeloofik swak. Die mense begin al hul eie paaie langs die verbrokkelde teerpaaie te maak. Ek kan nie sien dat daar nog teerpaaie sal wees in die wildtuin oor 3-4 jaar nie. As hulle nie eers na die infrastruktuur kyk nie hoe kan hulle na die diere omsien. As patriot breek dit my………waar gaan dit eindig?

Danie Pretorius ·

Dis so jammer om te hoor van Pilanesberg en die agteruitgang van paaie daar!
Net ter wille van korrektheid van feite: Pilanesberg is nie ‘n nasionale park nie en word dus nie bestuur deur Suid Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) nie maar ‘n provinsiale park wat bestuur word deur die North West Parks and Tourism Board (Noordwes provinsie).

Tammy ·

Ons was in hierdie rampspoedige tyd in Kruger wildtuin n jaar of wat gelede…. Het gesien hoe kinders uit taxis die diere met botteltjies en blikkies gooi en hoe die kinders by die taxi se vensters uithang!!!!Het met sluiting in n ry van 17 taxis beland wat nie geweet het watter afdraaie om te vat na die hek toe nie en dit was kort voor die hekke moes toemaak. Hulle het ook die spoed oortree. Ek kan n boek skryf…van skone skok en teleurstelling. Het dit rapporteer maar nooit n woord gehoor nie. Dis n skande!!!!!!!!!!!!!!!!!

Jannie ·

ek sal nie se die syfers is korrek nie….die mense is met busse aangery….so nie uit vrye wil na die parke nie…..as ek ook aangery word en verniet kan gaan sal ek ook…hulle koggel hulle self….hier by ons wanneer dit skou tyd is gebeur dieselfde….ons moet self sien kom klaar om by die plek te kom en vol prys betaal….die ander word met busse aangery en kry afslag…soms verniet….dan hoor jy daar was n rekord getal mense…hulle koggel hulself soo…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.