Meer mense ontvang toelae as mense wat werk

informele-nedersetting-JHB-SA

‘n Lugfoto van ‘n informele nedersetting in Johannesburg. Foto: Falco/Pixabay.com

Daar is nou meer mense wat maatskaplike toelaes in Suid-Afrika ontvang as wat daar mense is wat werk.

Dit is een van die bevindinge van die jongste peiling van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (IRR) en volgens die instituut is dit ʼn resep vir chaos en selfs meer gewelddadige protesaksies.

In 2016 was daar 15,545 miljoen mense met ʼn werk in Suid-Afrika, terwyl 17,094 miljoen maatskaplike toelaes ontvang het.

“Hierdie getalle kan tot maatskaplike en politieke chaos lei,” het Gerbrandt van Heerden, ʼn ontleder van dié instituut, gesê.

“Die Suid-Afrikaanse ekonomie is tans in ʼn resessie en die regering gaan dit besonders moeilik vind om die koste van sy welsynsprogramme te dra. Namate die ekonomie stagneer, en die inkomste aan belasting verminder, sal die vraag na toelaes ook toeneem. Die regering sal sy begroting op ander gebiede moet sny om te voldoen aan die eise van hoër toelaes.

“Ons voorspel dat dit sal lei na nog hoër vlakke van gewelddadige protesaksies.”

Die IRR-opname het in 2001 getoon dat daar toe 12,494 miljoen mense gewerk het met net sowat 3,993 miljoen mense wat maatskaplike toelaes ontvang het.

Teen 2016 het die aantal mense wat toelaes ontvang egter met 328% toegeneem terwyl werksgeleenthede met slegs 24% gestyg het.

“Daar is geen twyfel dat die toelaes baie gedoen het om lewenstandaarde in Suid-Afrika te verbeter nie, maar dit is egter ʼn tweesnydende swaard. Die regering se onvermoë om meer en verhoogde toelaes te verskaf sal lewensstandaarde nou laat stagneer of selfs laat agteruitgaan.

“Die armes en werkloses is die mense wat die ergste daardeur geraak sal word en dit kan ʼn nuwe soort ellende vir hulle veroorsaak, wat die desperaatheid in arm gemeenskappe sal verhoog. Die gevolge op sosiale kohesie sal ook vererger namate ongelykheid toeneem,” het Van Heerden bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Hannelie ·

Ja Boland, arme Jan kry vir als die skuld. En dis nou al hoe lank. Eish sal die mense ooit oor hulself kom?

Johann ·

Is dit nie maar prwsies wat die sg”bevrydings” organisasie…skuus…terroris anargistiese ANC wou en wil doen nie? Als en almal afbreek tot in absolute chaos. Die “nuwe” elite wat deur magsvergrype aan bewind kom en bly en die massas manipileer met leë beloftes en dan geweld dadige onderdrukking. Of is dit absolute dom astrantheid wat iemand soos Zuma en sy Zumaikies eenvoudig nie verstaan of glo nie?

SêNet71 ·

Ek sal seker nou uitgehaal word hieroor, maar in plaas van die voorbehoedmiddels, steriliseer “elkeen” wat gaan kraam. Die oorbevolkingsprobleem sal daarwerklik aangespreek word en siedaar – staatstoelae sal drasties verminder.

CAROL ·

Hahahaha ek gaan ook maar my kans waag en se ek stem saam jou 100%

Altab ·

Ja, soos in China of japan, nie seker watter land nie, mag ouers net een kind he. Anders word hulle gestraf. Waarom net aanteel terwyk jy nie inkomste het nie.

dr Sakkie van der Merwe ·

Ons het in ‘n welsynstaat ontaard en die probleem is dat sou iemand 3 kinders in die lewe bring dan onderhou sy haarself, haar kinders en wie ookal op die toelae. Ons sien dit in die Wes-Kaap waar “kinders” swanger raak en weer en weer om sodoende meer geld te ontvang. Dit is ‘n bose kringloop.

jennefer ·

Hier in Limpopo ook, dit ly tot kindermishandeling, 14 jarige het 6 maande oue baba in puttoilet gegooi eergister.

Piet Pompies ·

En dan vind die kinders nie baat by die toelae, die ouers vat dit bloot vir eie gebruik en misbruik.

zis ·

Ja, dit werk so,sien dit elke maand. Die wet op toelaes moet werk,dat slegs mense wat in hul lewe belasting betaal het, moet die toelaes ntvang.

Adam ·

Ek het onlangs hierna in kommentaar verwys en gemeld dat in 1994 daar slegs 6m ontvangers van toelaes was. Die staat se salarisrekening uitgedruk as ‘n persentasie van BBP is ongelooflik hoog, bykans dieselfde as Argentinie. Voeg daarby die korrupsie en wanbesteding en dan is dit maklik om te sien in hoe groot gemors ons is. Kortom, die toelaes is maar net daar om die armes aan die gang te hou en hulle steun as kiesers te behou, terwyl die res hulle sakke volprop.

Rynhardt ·

SA is nie net n boewe-staat nie, maar n groot welsynstaat, waar meer as 17miljoen (hul wen verkiesing vir Anc) die belastingbetaler uitbuit.Gistraand op SABC2 nuus het die propagandamasjien sy Anc in die rug gesteek deur bekend te maak dat 48000skoliere kinders verwag!So kan Anc vergeet om SA en sy burgers vorentoe te vat.Minderheid kan nie meer meerferheid onderhou nie.SA sak al dieper weg in die moeras.

Colani ·

Dis omdat kinders op 12 en 13 jaar toegelaat word om swanger teraak sit dit stop as ñ kind onder 18 ñ kind wil he dan moet sy self vir daai kind sorg tot sy eendag 18 is dit is verskriklik as jy jou bene kan oop maak moet jy kan dink ook ons kliniek sit vol swanger meisies onder 15jaar wat op skool is om nie eers tepraat van die wat eintlik niks makeer wat kamstig kop seer het en nie man werk nie at toemaar jou Sal die staat vir jou sorg hoor nee regtug hoor

Koos1 ·

Ons is nou so te sê ‘n sosalistiese staat. Dawie Rood (ek dink) het so ‘n wyle terug gesê dat sowat 45% van jou inkomste aan die staat gaan, d.w.s ek werk vir sowat 4 maande van ‘n jaar eers vir die staat en daarna eers vir my en my gesin!
Ek het al voorheen gesê dat bykans alle toelaes gestop moet word. Mense wat kan en jonk en sterk genoeg is moet WERK vir hulle toelaes. Sny gras in die parkjies, vee strate, ens. wat dit sal beteken dat hulle die waarde van geld leer en die staat sal bespaar op werkers om die werk te doen. In Holland werk dit so en dit werk baie goed!
Ag wat ek droom. Toelaes is net ‘n manier in SA om stemme te lok.
Kyk so teen Maart 2019 hoe baie kospakkies ens. word deur die dept. van Maatskaplike werke uit gedeel word.

johan II ·

Probeer 60%+ my vriend….belasting op belasting op belasting. Jy kan maklik tot 80% van jou inkomste (dit wat jy met jou harde werk skep) afstaan aan die staat. Van maatskappy belasting op geld wat jy ingebring het tot BTW op alles wat jy koop plus nog n hoop belasting op jou vervoer koste, jou huis, krag, staatsdiens, ALLES. Nee wat hulle het ons vas hier.

Nouja ·

Iewers het iemand gesê dat ons welvaart stelsel niks anders as ‘n reuse ponzi piramide stelsel is nie. Dit kan nie en gaan nie vir ewig voortbestaan nie. Een of ander tyd gaan daar nie meer genoeg ander mense geld oor wees om dit te voed nie – en gaan daai 17 miljoen vir jou omgekrap word as daardie dag aanbreek.

Janie Monsieur ·

Dagsê Vra Net,
Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Mike de Beer ·

Suid Afrika is bepaald ‘n welsynstaat. Wat was die syfers itv welsynstoelaes in die vorige bedeling? Dit sal goeie leestof uitmaak.

Amelia ·

Die opdrag was mos maak soveel kleintjies as jul kan. Ons sal sorg. En nou die uwe regering……….wat nou?

jan van riebeeck ·

dit sou ook nie so groot probleem gewees het as dit nie was dat onder andere die anc hulle volgelinge gemaan het om soveel moontlik kinders te kry nie want hulle wou verseker hulle wen verkiesings , nou wen hulle en ons moet vir al die kinders sorg

Amelia ·

In ons dorpie is n jong man wat ongeskiktheidspensioen kry. Toe ek vra wat is fout, hoekom werk jy nie? Wys hy my sy pinkie. Die een lid is af.
Ek is baie siek, het n gebrek en ek werk nog elke dag. En is beslis nie 18 soos hy nie.

TDW ·

Dink regtig diep daaroor. Indien die staat se welsyn inmekaar tuimel (soos vermoed word) gaan die mense self vat by die mense wat wel geld het. Hulle word voor gesê dat die witmense alles gesteel het, hulle redenasie is dat hulle dit gaan terug steel. Wanneer die welsynorganisasies tuimel, tuimel ons almal saam. Die regering versprei propaganda van die witmense, hulle verwag dat die kaarte inmekaar gaan tuimel en hulle soek ‘n scapegoat. One is baie maklike teikens. Hulle beloftes het te veel geraak. En in plaas van om die waarheid te praat en mense te verlig(enlighten) is hulle besig om hulle spoor van verwoesting dood te smeer met nog meer propaganda. Die waarheid is; onderwys en opvoedkunde is baie belangrik, en jy is nie meer ‘n victim nie, jy is verantwoordelik vir jou eie geluk. Al wie moet gebruik maak van welsyn is oumense, siek mense (bedlêend) en weeskinders. Verder is daar organisasies (soos kerke) wat die kan help wat op hul voete moet kom.

Moeg ·

Wat vir my sleg is, is dat sommige werk en dan eis hulle die toelaes, want dit is mos LEKKA in SA…wil net hê hê hê…
Daar is geen beheer in die regering wat dit betref nie.

Annatjie Z ·

“Moeg “ek stem 100% saam met jou. Hier by ons werk 5 persone voltyds hul kry ‘n goeie salaris, sowel as onderhoud van die Pa’s en dan kry hul nog toelae van die staat dit is om van iets oor te kom, maar nou ja hul kleur is reg. Wat baat dit ons om so tekere te gaan NIKS NIKS ons kan doen en se net wat ons wil dit val op dowe ore. Ek het die saak al aan gemeld maar daar het niks van gekom nie.

se iets ·

soos hulle se in die sekere van die toelae sal seker weg gevat moet word, ek sien dit net die regering sal die pensione weg vat van die mense en die res sal n verhooging kry

Cois ·

En van die 15 miljoen wat werk het, werk 2.1 miljoen vir die staat. Dit is ook besig om te groei. So ‘n 2.1 miljoen massiewe propagandamasjien van die ANC wat werk het maar nie wil werk of kan werk nie.

barend ·

I demand a recount ………………………………we want land and money from the white land thieves
se maar net

Alida ·

Toelae vir net 2 kinders kan ook werk maar hulle is so skelm as daar spook onderwysers is wat salaris trek sal daar seker spook kinders ook iewers uitpop.

ne ·

Ja, dit is omdat die mense betaal word om aan te teel! Jong vroue van 23 het al sommer 4 kinders, en daar is nog tyd om baie te maak. Die staat sorg mos hoekom moet hulle werk? Die werk wat hulle nou doen is lekker en die staat sorg vir die nagevolge. Hoekom kan hulle nie net vir die 1ste 2 kinders ‘n toelaag betaal nie. Dan sal daar nie so ‘n bevolking ontploffin wees nie.

Stem weer ANC ·

Dit is hoe die ANC dit regkry om te bly regeer. My mense se my reguit dat daar vir hulle gese is as hulle nie ANC stem nie dan verloor hulle hulle toelae.

Alida ·

Hulle is te lui om te werk. Ek is 75 en werk vir n brood op my tafel. As ek eendag moet aansoek doen vir n toelaag sal daar seker maande lank gesloer word want ek is wit en oud. Die Here alleen weet wat in die land aangaan. Mens sidder.

VERARM ·

Die pa’s wat die nasie so bou met babas maak by verskeie vroue met maar die toelaag betaal. Verantwoordelikheid vat vir die nasie bouery. Oumens en getremdheids toelaag kan nog gaan. Moet sommer die staatsamptenare se brandstof, verblyf ens ook sny. Mos lekker om als verniet te kry.

Robert ·

FAILED STATE!!!!>… those receiving grants are now paying VAT and TAX which will just be given back t them come month end… what makes this worse is that the diminishing employed fill the gap here… soon there wont be employed to do this… Taxi owners dont pay taxes, neither their drivers, Somalian shops dont pay over taxes, neither the Chinese… soon there will be zero whites to uphld the municipalities either…

broos ·

miskien as al die illegals teruggaan waar hulle hoort sal ons beter na ons eie mense kan kyk, op die oomblik lyk dit my kry hulle voorkeur en ons eie mense moet agter in die tou staan…… ek vote dat ons trump se voorbeeld volg en ‘n groot muur bou om hulle uit te hou!

Roline ·

Hulle moet maak soos in China, as jy meer as twee kinders het, moet jy die regering betaal, dalk sal hulle dan ophou kleintjies in die wereld bring.

John ·

En dis nie net die 17 miljoen nie, maar al pappa se lieflingkinders, die semi-staatsinstellings, wat met miljarde se lekkerkry voorgetrek word… Die mite oor die glo ‘witkapitaal’ is geskep omdat die beursie opdroog en nou moet die kinders die buurmense se huise gaan plunder. En al wat die bedorwe brokkies vind is ‘n paar ou selfone en nuttelose ou meubels, wat die woede laat opbou en wreedaardige dade volg. Woede kan swaai as die waarheid u.i.t.e.i.n.d.e.l.i.k insink. Dan sal die Koebaiers nie gou genoeg Waterkloof-lughawe haal nie… Soos vir Hansie en Grietjie sal rollende goue munte die pad soheen aandui…

SARIE VAN HEERDEN ·

Die ontvangers van staatstoelaes het almal iets in gemeen: geen selfrespek. Maar hul sal sekerlik van geld afhanklik wees as hulle net heeltyd wil aanteel en nie weet mens hoef nie toeewerk te word om die “enietinge van die lewe”te ervaar nie.

Jaco van Zyl ·

En hoeveel van daai 328% mense wat by gekom het is fake beneficiaries?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.