‘Meer moet oor bendegeweld gedoen word’

Soldate het in Mei 2015 in Manenberg inbeweeg om ʼn gesamentlike operasie saam met die SAPD uit te voer. Foto: Henk Kruger/ANA

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, het die minister van polisie se besluit om die weermag te ontplooi in die bende-geteisterde gebiede in Kaapstad verwelkom.

Maroela Media het vroeër berig minister Fikile Mbalula het Dinsdag in ʼn verklaring gesê die nasionale weermag sal die polisie help om bendegeweld in Gauteng en die Wes-Kaap hok te slaan.

Zille het in reaksie hierop gesê “dit is ʼn stap in die regte rigting”, maar meen ʼn meer permanente oplossing moet gevind word. Sy het gesê die ontplooiing van die weermag kan korttermyn stabiliteit in die gebiede bring, maar die bende-eenhede wat jare gelede ontbind is, moet weer op die been gebring word om bendegeweld finaal nek om te draai.

“Hoewel ons ʼn goeie werksverhouding met die SAPD op provinsiale vlak het, moet daar meer gedoen word om polisiehulpbronne te versterk en misdaadbestrydingspogings te verbeter. Die feit is dat helfte van alle moorde gebeur in net 7% van die Wes-Kaapse distrikte – dieselfde distrikte waar polisiehulpbronne tekortskiet. Hierdie tekort aan hulpbronne bly steeds minister Mbalula en die nasionale SAPD se domein, wat die beheer en operasionele mandaat oor polisiëring het,” het Zille gesê.

Sy het gesê pres. Jacob Zuma het vroeg in 2016 onderneem om weer bende-eenhede op die been te bring, maar niks het nog hiervan gekom nie.

“Dit is ondenkbaar dat die SAPD beplan om 3 000 polisiebeamptes in die Wes-Kaap te besnoei in ʼn tyd waneer die polisie teenoor bevolking- ratio ver bo die nasionale gemiddeld styg. Die gebruik van polisiereserviste was oor die afgelope drie jaar ook naby aan 0% in die Wes-Kaap. Dit is weens die huidige reserviswerwingsbeleid van die SAPD.”

Die aankondiging dat die weermag ontplooi sal word kom minder as twee weke voor die bekendmaking van die amptelike misdaadstatistieke op 23 Oktober.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Dafer ·

Hoe is dit moontlik dat die vermindering van polisie en die ontplooing van die weermag in een berig aanvaarbaar kan wees?
Die ontplooing van die weermag, nou, dui op voorbereiding vir ‘n baie problematiese verkiesing in die toekoms! Stop dit! Verhoed dit!!!!

honourable member ·

Skep werksgeleenthede dan hoef niemand net rond te sit nie. Werkloosheid skep hierdie probleme

Lizzy ·

Bendebedrywighede het skerp toegeneem na die verslapping van grensbeheer…….

snoefie ·

sterkte! ek het egter een vraag. hoekom moet zuma oor polisie en weermag ontplooiing besluit in n da beheerde gebied? is die da heerskappy net so n groot klug as DEMOKRASIE in sy geheel?
verder moet ouers maar hulle kibders vasvat wanneer hulke tuis kom epig oir die “skool” bende lidmaatskap. almal weet dit bky nie by brederskap nie. ontmiedig dit ten sterkste.

Daan ·

As jy navorsing doen in die wereld oor bendes sal jy sien dat dit onmoontlik is om so ver te kom sonder politieke connections ; julle weet wat ek bedoel- connections op die payroll . As jy kyk na Suid Amerika se cocaine handel na Amerika, jy het jou connections nodig , dis onmoontlik sonder hulle.

hendrik ·

Daan, in die kol. Stem volkome saam. Noudat Zuma in die moeilikheid is mag die weermag ontplooi word maar n jaar gelede was dit taboe. Sit nou die dotjies bymekaar en onthou daar is binnekort n verkiesing.

Willie ·

Dis waar, bendes het baie goeie konneksies, en gewoonlik Polisie op hul betaal staat… Dis ook n magsvertoning en n soort van magtige mens wees belang.. Vreesaanjaend te wees, en respek af te dwing.. Deel van n pak wat niks vrees, en gevrees word…. dwelms is n groot verslawing, en moorde word gepleeg om n posisie te bepaal in die pak…. jou aanvaarding te verseker…

Elsa ·

Kry Rooies Straus van School of Fire om die bende geweld en dwelms hok te slaan
Krugersdorp omgewing, Honeydew en ander voorstede het almal iewer ‘n dwelmhandelaar ….tyd om wakker te SKRIK…genoeg getalm en praat en samesprekings en planne heelp niks, Coronation net so erk en NIEMAND van owerheid kom met ‘n antwoord nie
Rooies Straus kom met ‘n span kundiges gebruik hulle om die euwel uit te wis

DA ·

Nou kry BENDEGEWELD voorkeur bo die massaslagtings op plase wat al vir jare voortduur. EN JA daar is ook kinders by betrokke, en nog NOOIT is daar aangebied dat die weermag soldate na plase of afgelee plekke stuur nie .. VREEMD hoe die nuwe Suid Afrika werk. EK het baie simpatie met mense wat in bendegeweld omkom, veral as hulle NIE bendelede is nie, maar ongelukkig maak dit die GAPING nog groter omdat daar NIKS aan plaasmoorde gedoen word nie want dit is meestal blankes wat so omkom. WHO CARES?

Anoniem ·

Dink jy bende geweld is beperk tot dwelms? Laat hulle elke bende “hot-spot” in SA roer want waar dink jy kry plaasmoordenaars wapens vandaan? Laat hulle die wetters van bo tot onder in Suid-Afrika ROER en weer ROER tot al die rotte uit hulle neste geskud is! ROER hulle tot elke onwettige vuurwapen gevind is and then some. Laat die SANDF bietjie werk instede van teer op belastingbetalers se geld! Kom ons sien hierdie as ‘n stappie in die regte rigting!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.