Meer moorde met messe gepleeg as met vuurwapens

Argieffoto

Meer mense is die afgelope drie jaar met messe en skerp voorwerpe in Suid-Afrika vermoor as met vuurwapens, het die VF Plus Donderdag bekend gemaak.

ʼn Totaal van 20 907 mense is in dié tyd met messe en skerp voorwerpe vermoor teenoor die 17 914 mense wat met vuurwapens vermoor is.

Die VF Plus het dié inligting bekom deur middel van ʼn amptelike parlementsvraag aan Bheki Cele, minister van polisie, het dr. Pieter Groenewald, partyleier, in ʼn verklaring gesê.

Luidens dié verklaring is 58 025 moorde in dié tydperk in Suid-Afrika gepleeg.

Die minister kon egter nie die vraag antwoord oor hoeveel vuurwapens wat by dié misdade betrokke was, wettige vuurwapens was nie. Volgens Cele is die misdaad-administratiewe stelsel nie daartoe in staat om te onderskei tussen wettige en onwettige vuurwapens nie.

Maroela Media het vroeër berig meer as 30 000 vuurwapens is middel vandeesmaand in Vereeniging, Gauteng, vernietig.

“Cele se onlangse uitspraak by die vernietiging van vuurwapens by ArcelorMittal in Vereeniging dat dit beter sal wees as private burgers in die toekoms geen wapens het nie en slegs die polisie en soldate toegang tot vuurwapens het, is ondeurdag aangesien hy sy uitlating grond op die mite dat die meeste moorde met vuurwapens gepleeg word,” het Groenewald gesê.

“Die minister erken dat onwettige vuurwapens ʼn groot probleem is, maar onwettige wapens neem toe as gevolg van onwettige wapenhandel, diefstal by polisiestasies en ander staatsinstellings. Die minister moet die syfer verskaf oor hoeveel vuurwapens by staatsinstellings, en hoeveel in private besit gesteel en geroof is. Hy moet ook sê hoeveel onwettige wapens daar in omloop is weens wapensmokkelary,” lui die verklaring.

Die party voer aan dat die jongste misdaadsyfers as bewys dien dat die Suid-Afrikaanse polisie nie beheer het oor misdaad, veral geweldsmisdaad, in die land nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Felix ·

Kom ANC regering, die volgende stap is om wetgewing daargestel te kry dat messe verbied word, of ten minste dat die gebruik van messe gereguleer word.

Willem Grobler ·

Voor elke volksmoord in die geskiedenis is die teikenbevolking ontwapen. Ek gee nié my wapens af nie en dit is finaal.

Melanie ·

Daar’s geen manier dat my vuurwapen by enige plek ingehandig sal word nie.

Andreas ·

Skuus ek is nou sinies, maar ek sou graag wou sien hoeveel messe en skerp voorwerpe is vir dieselfde tyd as vuurwapens vernietig. Hoekom ek so vra is omdat ons regering en wettoepassers het nie werklik ‘n idee hoe om die probleem aan te spreek nie. Die uitslag, moggetroffe regulasies, maar nee ons buig mos nie die boompie solank dit jonk is nie. Later is betogings en ander derglike gepaardgaande maniere van doen aan die orde van die dag as ons nie ons sin kry nie.

Nog ‘n groot probleem, die jeug is ledig, ook baie grootmense is werkloos.

Wonder ·

Andreas nou aangesien jy kla. Wat het jy gedoen om die ledige jeug te help? En wat het jy as grootmens gedoen, vir van die baie werklose grootmense? As jy iets doen jouself om ander te help fantasties! Maar as jy niks jouself doen nie, bly eerder stil. O, as jy wou weet, ek help ledige jongmense en so ook werklose grootmense.

Andreas ·

Ek wonder nie net nie, my bydraes is fisies te sien op die internet. YouTube kanaal sowel as besigheids Facebook . Dankie dat jy gevra het.

JohanL ·

Andreas – baie dankie vir jou opinie wat ordentlik gestel is sonder om persoonlik te raak. Jou antwoord op Wonder (wat nie eers onder sy/haar eie naam skryf nie) is prysenswaardig. Met mense soos jy kan mens ten minste redeneer.

Ek moet se my eerste reaksie was ook – gaan die regering nou messe verbied? Waarmee gaan ons dan eet – net met ons hande of dalk net lepels? Dit op ligte trant.

Binx ·

Enigiets kan n wapen word, selfs jou hande is wapens, wel, kan wees. Die probleem is nie wapens nie, die probleem is die absolute wetteloosheid in ons land. Kriminele ( dit sluit protesters in) kom weg met alles. Die polisie te lamsakkig of deel van misdaad. Ons kort n hele nuwe polisiemag wat ordentlike opleiding kry. Ons land word deur kriminele beheer nie deur n regering nie.

Johanna Botha ·

En baie van die vuurwapens kom juis van die polisie self ! !

WitBlits ·

Reguleer die besit van messe en laat almal bevoegdheidstoetse aflê voordat ‘n lisensie uitgereik kan word!

Andreas ·

Maar daar is die afgelope klomp jaar groot lawaai rondom vuurwapens gemaak, gedurig en baie groot, tot so ‘n mate dat die wettige eienaars van vuurwapens die teiken geraak het vir die polisie en die Minister om ‘n punt te bewys en groot op te gee oor hoeveel vuurwapens hulle uit private besit van tyd tot tyd weggeneem het, die redes wat hulle aanvoer oor hoekom hulle hierdie mense teiken.

Gaan lees maar die jongste syfers wat ‘n week of so gelede bekend gemaak is oor hoeveel by hulle ingehandig is. Dit hou hulle voor as ‘n kollosale suksesverhaal. Maar hierdie statistiek hier bo wys die mense teiken die verkeerde tipe wapen, wat moorde aan betref, en dit nogal privaat mense s’n wat dit wettig besit (boere, vir wie dit onontbeerlik is, hul lewens hang daarvan af), terwyl die statistiek soos hier bo toet en taal geignoreer word. So wat nou?

Andre Stander ·

Al wat die polisie beheer oor het is in Onbevoegdheid en Korrupsie.

Vir my kom sê lands burgers moenie die één stuk gereedskap waarmee ek weet ek myself teen die krimineel kan verdedig – besit nie. Nee, net die onbevoegdste, die mees korrupstes – hulle moet alleenlik wapens besit.

Hendrik ·

In alle billikheid moet ons darem erken dat as vuurwapens so vrylik beskikbaar was as messe, sou baie meer moorde met vuurwapens gepleeg wees. Niemand sal die risiko loop om iemand met ‘n mes aan te val as hy ‘n vuurwapen het nie. Dit is dus nie ‘n geldige argument om te gebruik om te sê vuurwapens moet nie beheer word nie. Ons vuurwapenwetgewing word ongelukkig baie swak geadministreer, maar met geen wetgewing sou daar totale chaos wees.

Felix ·

Ek dink almal is dit eens, en daar is géén kwessie daaromtrent nie, dat die besit van vuurwapens baie streng beheer moet word. (Ook daardie in polisie se besit.)

corne ·

ondwapening sal nie werk nie.Sal dan eie skiedgoes maak meer gevaarpiker en erger gevolge he.Elkeen het die reg op lewe en die reg om sy lewe te verdedig of sal el se vir nou nog

Andreas ·

Jerry, as jy maar vir Wonder in die selfde trant kon antwoord as ek wat my kant bring soos per my antwoord aan hom sou dit nogal gewig gedra het. Bou ‘n bietjie op man!

Andreas ·

Goeiedag Maroela, ek sal waardeer as julle aub kan help. Ek sien by tye hou julle vir lank, in gevalle tot ‘n hele paar uur my kommentaar terug voor julle dit plaas. As julle dit plaas word die tyd van plasing aangetoon dieselfde tyd as toe ek die kommentaar vir julle gestuur het. Dieselfde gebeur van tyd tot tyd, soos nou vanoggend weer, waar iemand onderaan my kommentaar antwoord en my verkeerdelik kortvat. As ek dan antwoord, word my kommentaar vir baie lank, uur of twee, selfs langer, teruggehou voor die geplaas word en as dit geplaas word, weereens met die tyd van plasing terugwerkend vanaf die tyd wat ek terug geantwoord het. Ek dink dit is baie onregverdig om my antwoorde so lank terug te hou, want intussen lees ander lesers die kommentare/antwoorde teen my en sien nie my verweer nie.

JohanL ·

Andreas, ek ondersteun jou in jou argument. Iets is nie altyd lekker by MM nie. Hulle maak staat op “een of ander outomatiese (rekenariseerde) stelsel” gekombineer glo ek met menslike interaksie. Die resultaat is by tye maar “slordig” en ek het simpatie dat jou (goedgestelde) saak daardeur ly. Sterkte. Hoop MM kan verbeter op ‘n stelsel waar lekker opinie/debat goed is, maar die stelsel duidelik verbetering nodig het.

Karolis ·

Andreas, wees bly jou kommentaar word darem later geplaas.
Maar ek moet toegee, daar is ‘n paar mense by MM wat hulle werk doen.

Andreas ·

Dankie JohanL, ek waardeer. Ek het idee die rede is suiwer ek skryf te veel kommentaar. By tye, soos vanoggend, aanvaar hul stelsel van meet af, as ek die kommentaar stuur, dit nie, mens kan dit mos sommer sien as jy die stuur klop hier regs onder klik. Dan, na so ‘n paar uur, of later deur die dag, dan sien ek laat dit my weer toe. Natuurlik weet ons hulle tel dit van die IP adres af op, so in dié geval is dit programmaties. As ek ‘n klomp twak skryf, of net om myself besig te hou, kan ek dit verstaan, ook as ek ‘n oorlas van my maak. Nou en dan is mens darem lighartig ook en wil mens ook in ‘n glimlag vaskyk. Dalk laat hulle net ‘n sekere aantal kommentare toe voor hulle mens blok. Ek het al hul voorwaardes en bepalings gelees, maar kan niks daar vind wat lig werp nie, mens raai maar.

Cherokee ·

Andreas, sommige van die kommentators skryf altyd lekker lees kommentare en dit is waar onder joune tel. Joune is vir my van die uitsoek-kommentare.

Bad Ballie ·

Die ontwapening teorie werk vir my. My vrou en ek woon op ‘n kleinhoewe waar daar die afgelope 8 jaar, 1 keer ‘n poging tot huisroof en 3 inbrake was. die laaste keer toe on tuis was. My vrou het aansoek gedoen om ‘n vuurwapen te besit omdat ek soms uitslaap weens my werk. Die aansoek is afgekeur omdat sy die wapen nodig het vir sefverdediging. Wat anders is ‘n .38special met kort loop voor gemaak? Jy kan nie sport vir so ‘n wapen op die aansoek aanbring nie.

Cherokee ·

Nee, doen dit oor en doen moeite met die motivering daarvan.

Kraai ·

Stem saam met Hans. Ek sal my nie laat ontwapen nie. Ons benodig ernstig betroubare buurtwagte,want hulle doen beter werk as die polisie. Polisie kan baie baat find met hulp van buurtwagte.

En nou? ·

Julle sal my maar saam met my wapen moet vermoor, want Pappie se wapen gaan nerens heen nie!

Cherokee ·

Praat, praat, praat… doen moeite om Pappie se wapen wettig te maak. Dit is moontlik.

Sam Brookes ·

Is daar enige statistiek van hoeveel misdaad voorkom is deur die gebruik van vuurwapens in privaatbesit? Die enigste statistiek wat bekendgestel word, is die van die aanwending van vuurwapens tydens die pleeg van misdade. Daar behoort ‘n register saamgestel te word van alle voorvalle waartydens wettige vuurwapeneienaars hul vuurwapens gebruik het om misdaad te stuit. Persoonlik het ek dit al twee keer in my lewe moes doen met groot sukses, en hierdie voorvalle is nerens aangeteken nie. Tewens, ek wag nou nog vir die polisie om op my oproepe te reageer. Dis tyd dat wettige vuurwaopeneienaars saamstaan om so ‘n register op te stel. Miskien kan Afriforum, of enige ander instansie met so iets begin.

Eugene ·

Ek wonder maar net, in die tronke is enige vorm van ‘n wapen onwettig en word dit verbied. Daar is ook bewaarders wat die gevangenes 24 uur per dag (moet) dophou. Ek aanvaar dus onder daardie omstandighede en met die verbod op enige vorm van wapen, is daar dus geen moorde nie, want dis ‘n “wapen vrye” gebied? Ek wonder wanneer mense sal verstaan dat die wapen nie die probleem is nie, maar wel die persoon wat dit hanteer se bedoeling. As wapens verbied word, sal messe gebruik word, as messe verbied word, sal lepels, vurke, grawe, klippe, bottels, bande, ens. gebruik word. As wetgewing misdaad kon keer, waarom pleeg mense dan steeds moorde en bestuur dronk? Daar is dan wette daarteen…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.