Meer munisipaliteite kry skoon oudits

Kimi Makwetu, ouditeur-generaal. Foto: Flickr/GovernmentZA

Kimi Makwetu, ouditeur-generaal. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die aantal Suid-Afrikaanse munisipaliteite wat skoon oudits ontvang het, het in die afgelope vyf finansiële jare van 13 tot 54 vermeerder, het Kimi Makwetu, die ouditeur-generaal (OG), Woensdag gesê.

Makwetu het tydens die bekendmaking van die 2014/15 ouditresultate, gesê hierdie syfer skuif op na 72 aangesien die 17 munisipale entiteite met skoon oudits ook in ag geneem word. Hoewel 13% van munisipaliteite agteruit gegaan het in terme van ouditresultate, het 34% stagneer, het Makwetu gesê.

Volgens die ouditverslag het die munisipaliteite met negatiewe ouditbevindinge van 30% in 2010/11 tot 11% in 2014/15 verminder. “Ons is bly om te sien munisipaliteite in die rooi word nou ʼn ding van die verlede,” het Makwetu gesê.

Hy het gesê die hoogste persentasie munisipaliteite met skoon oudits was in die Wes-Kaap met 73%, gevolg deur Gauteng met 33% en KwaZulu-Natal met 30%. Hy het gesê daar is egter steeds munisipaliteite in die provinsies wat nie na wense presteer nie, spesifiek in die sentraal-Karoo, aan die Wesrand en in die Umkhanyakude-distrik. Die provinsies wat die swakste gevaar het, is Noordwes, Limpopo en die Noord-Kaap.

Makwetu het onreëlmatige, ongemagtigde en verkwistende besteding van fondse as een van die grootste bekommernisse bestempel. Onregmatige besteding het op altesaam R14.75 miljard te staan gekom, meestal omdat munisipaliteite nie die regering se goedgekeurde proses vir die verkryging van dienste en goedere volg nie. Die meeste onreëlmatige besteding het in Limpopo, Noordwes, Mpumalanga en in die Oos-Kaap gebeur.

Hy het ook gesê 26% van die munisipaliteite was in ʼn besonder swak finansiële posisie teen die einde van 2014/15, met skuld wat meer is as die munisipaliteite se bates. “Daar is ʼn hoë vlak van onsekerheid by sommige munisipaliteite oor hul vermoë om in die toekoms met hul bedrywighede voort te gaan, aangesien hulle in ʼn slegte finansiële situasie is wat vererger word deur die swakheid van interne kontrole,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Lance

Skoon audit maar strate bly vuil …..ASB vee die strate darem net en trek die bossies uit ….dis tog so damn basic en julle kan nie eers dit regkry nie …skrik tog net wakker uit jou winterslaap en doen iets vir n slag ASB !

Lions

Noem my maar nou negatief of pessimisties. Ek is dit beslis nie. Ek is realisties. Het die kriteria verander om hierdie oudits te doen? Hoe nou eweskielik is dit moontlik? Meer en meer gemeenskappe staan op en betoog teen swak dienslewering en korrupsie. Of mis ek iets? Hou ook asb in gedagte dat die verkiesings om die draai is en alles moet mos nou mooi ingekleur word on te wys dat alles nou beter word. Nee ek glo nie so nie. Ek dink eerder die ‘gravy train’ het nog meer trokke bygekry.

Andre K

Twee maal nul bly nog steeds nul.

John

Die’ ‘ag, shame’- opskrif van die berig verberg die verskriklike misdrywe van biljoene rande. Dit moes eerder lui: Die vermorsing van belastinggeld hou net aan en aan. Die gekla oor armoede gekoppel aan apartheid is hiervolgens ‘n groot leuen. Baie arm massas + baie verkwisting = baie meer armoede. Indien die eindgevolge mense die hande in die lug laat gooi en alles wat staan met die grond gelyk laat maak terwyl eise ten hemele geskree word oor die sg witman se ‘sondes’ maar eie misdrywe/onbekwaamhede geignoreer word, kan ons almal nou maar eerder net grashutte oprig en in die son… Lees meer »

WITWOLF

Ja nee ons kan maar net dink. Als se standardenkek het tot hulle vlak gedaal so self’s die oudits se keering ook. Kyk hoe lyk die paaie van die gate en parkE. WIE bluf hulle???