Meer munisipaliteite kry skoon oudits

Kimi Makwetu, ouditeur-generaal. Foto: Flickr/GovernmentZA

Kimi Makwetu, ouditeur-generaal. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die aantal Suid-Afrikaanse munisipaliteite wat skoon oudits ontvang het, het in die afgelope vyf finansiële jare van 13 tot 54 vermeerder, het Kimi Makwetu, die ouditeur-generaal (OG), Woensdag gesê.

Makwetu het tydens die bekendmaking van die 2014/15 ouditresultate, gesê hierdie syfer skuif op na 72 aangesien die 17 munisipale entiteite met skoon oudits ook in ag geneem word. Hoewel 13% van munisipaliteite agteruit gegaan het in terme van ouditresultate, het 34% stagneer, het Makwetu gesê.

Volgens die ouditverslag het die munisipaliteite met negatiewe ouditbevindinge van 30% in 2010/11 tot 11% in 2014/15 verminder. “Ons is bly om te sien munisipaliteite in die rooi word nou ʼn ding van die verlede,” het Makwetu gesê.

Hy het gesê die hoogste persentasie munisipaliteite met skoon oudits was in die Wes-Kaap met 73%, gevolg deur Gauteng met 33% en KwaZulu-Natal met 30%. Hy het gesê daar is egter steeds munisipaliteite in die provinsies wat nie na wense presteer nie, spesifiek in die sentraal-Karoo, aan die Wesrand en in die Umkhanyakude-distrik. Die provinsies wat die swakste gevaar het, is Noordwes, Limpopo en die Noord-Kaap.

Makwetu het onreëlmatige, ongemagtigde en verkwistende besteding van fondse as een van die grootste bekommernisse bestempel. Onregmatige besteding het op altesaam R14.75 miljard te staan gekom, meestal omdat munisipaliteite nie die regering se goedgekeurde proses vir die verkryging van dienste en goedere volg nie. Die meeste onreëlmatige besteding het in Limpopo, Noordwes, Mpumalanga en in die Oos-Kaap gebeur.

Hy het ook gesê 26% van die munisipaliteite was in ʼn besonder swak finansiële posisie teen die einde van 2014/15, met skuld wat meer is as die munisipaliteite se bates. “Daar is ʼn hoë vlak van onsekerheid by sommige munisipaliteite oor hul vermoë om in die toekoms met hul bedrywighede voort te gaan, aangesien hulle in ʼn slegte finansiële situasie is wat vererger word deur die swakheid van interne kontrole,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Lance ·

Skoon audit maar strate bly vuil …..ASB vee die strate darem net en trek die bossies uit ….dis tog so damn basic en julle kan nie eers dit regkry nie …skrik tog net wakker uit jou winterslaap en doen iets vir n slag ASB !

Henk ·

Dis nogal snaaks vir my as Nederlander om te sien dat Afrikaners goeie dienslewering meet aan netjiese strate en sypaadjies. Ons het die afgelope jare in Europa ‘n finansiële krisis gehad en die ding waarop owerhede geen geld meer wou spandeer nie, is die onderhoud van sypaadjies, omdat niemand daarby baat nie. Juis ander munisipale dienste lewer wel direkte voordele vir inwoners, dus die verskaffing van elektrisiteit, vullisverwydering en goeie ekonomiese omstandighede is baie belangriker. Die onderhoud van sypaadjies gebeur dus nu nie meer elke maand nie, maar slegs 3x per jaar.

gigi ·

Henk onthou net dat julle nie die mentaliteit van meerderheid in ons land het om sypaadjies, nee ALLES, te bemors nie. GEEN sindelikheid hoegenaamd nie….

Lions ·

Noem my maar nou negatief of pessimisties. Ek is dit beslis nie. Ek is realisties. Het die kriteria verander om hierdie oudits te doen? Hoe nou eweskielik is dit moontlik? Meer en meer gemeenskappe staan op en betoog teen swak dienslewering en korrupsie. Of mis ek iets? Hou ook asb in gedagte dat die verkiesings om die draai is en alles moet mos nou mooi ingekleur word on te wys dat alles nou beter word. Nee ek glo nie so nie. Ek dink eerder die ‘gravy train’ het nog meer trokke bygekry.

Gerd Lourens ·

Lions, jy het beslis ‘n punt beet.

Geen forensiese oudits word meer deur die OG by munisipaliteite gedoen, want die verskoning is dat die munisipaliteite nie die OG betaal nie.

Die samelewing raak net al hoe meer korrup en die sogenaamde “waghonde van die staatskas” raak maar net rubberstempels.

John ·

Die’ ‘ag, shame’- opskrif van die berig verberg die verskriklike misdrywe van biljoene rande. Dit moes eerder lui: Die vermorsing van belastinggeld hou net aan en aan. Die gekla oor armoede gekoppel aan apartheid is hiervolgens ‘n groot leuen.
Baie arm massas + baie verkwisting = baie meer armoede. Indien die eindgevolge mense die hande in die lug laat gooi en alles wat staan met die grond gelyk laat maak terwyl eise ten hemele geskree word oor die sg witman se ‘sondes’ maar eie misdrywe/onbekwaamhede geignoreer word, kan ons almal nou maar eerder net grashutte oprig en in die son sit. Gras is goedkoop en brand indrukwekkend.

WITWOLF ·

Ja nee ons kan maar net dink. Als se standardenkek het tot hulle vlak gedaal so self’s die oudits se keering ook. Kyk hoe lyk die paaie van die gate en parkE. WIE bluf hulle???

Jef ·

Onregmatige en verkwistende besteding met n somma van R14.75 miljard, hierdie enorme bedrag geld het verdamp en wat nou, gaan hulle nog moeite doen om die geld erens terug te vorder, glo nie so nie.
Maar dis ons plig om belasting te betaal, ons sal altyd aan die kortste end trek.

Spikkel ·

Geen munisipaliteit in Noordwes kon skoon oudits gekry het nie. Kom kyk hoe gaan dit in Brits – Madibeng. Meer as die helfte van die verkeersligte hier werk al vir maande nie. Twee dae terug het ‘n jong man sy nek gebreek en is verlam en gaan moontlik vir altyd aan ‘n ventilator gekoppel wees, na ‘n ongeluk by ‘n verkeerslig wat nie werk nie. Net omdat die munisipaliteit te sleg is om die verkeersligte te herstel. Dis lewensgevaarlik om jou kind in die oggende skool toe te neem. Als val uitmekaar in Brits

Bokram ·

Nee wat ek glo dit ook nie,hulle moet daai boeke vir die publiek wys. Ek glo die wes kaap sal seker die beste doen,gaan kyk bietjie hoe lyk dit in die noord kaap,ek was in Kakamas die dorp is baie vuil en die teerpaaie in die dorps woongebiede moes eerder grondpaaie gewees het,die mense daar is ook al gatvol gekla,maar als val op dowe ore.

Braam ·

As jy enige statistiek van hd mense glo is jy n baie groot fool…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.