Meer oor vlak 1-regulasies bekend gemaak

Nkosazana Dlamini-Zuma. Foto: @SAgovnews/Twitter

Die minister van samewerkende regering, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, het Vrydagmiddag die sluier gelig oor die praktiese implikasies van die instel van vlak 1 van die grendelstaat in Suid-Afrika.

Vlak 1 sal van Sondagaand om middernag af geld.

Begrafnisse kan voortaan deur tot 100 mense bygewoon word, of die helfte van die kapasiteit van die lokaal, watter een ook al minder is, en ander geloofsbyeenkomste deur 250 mense of die helfte van die lokaal se kapasiteit, wat ook al die minste is.

Alle Suid-Afrikaners moet steeds maskers dra sodra hulle die huis verlaat.

Gimnasiums mag nie teen meer as die helfte van kapasiteit hul besigheid bedryf nie.

Van 1 Oktober af sal internasionale reise na en van oral in Afrika toegelaat word. ’n Lys van lande buite Afrika waarheen en waarvandaan na Suid-Afrika gereis kan word, sal binnekort gepubliseer word.

Visum-aansoeke word nou by alle Suid-Afrikaanse ambassades toegelaat.

Die agtien grensposte wat tot dusver vir vragvervoer oop was, sal nou ook vir toerisme en besoeke oopgestel word, maar die 35 kleiner grensposte wat gesluit was, bly toe.

Enigeen wat die land inkom of wil verlaat, moet bewys van ’n negatiewe Covid‑19-toets toon wat nie ouer as 72 uur is nie. Enigeen daarsonder sal op eie koste twee weke lank in kwarantyn geplaas word.

Drie lughawens – OR Tambo, King Shaka en Kaapstad – is oop vir internasionale vlugte. Alle handelshawens is oop vir almal buiten passasierskepe.

Die aandklokreël bly van krag van middernag tot vieruur in die oggend.

Geen nagwake, nagklubs, internasionale sport, toeskouers by sport of inisiasieskole word toegelaat nie.

Die presiese bepalings vir onderwys sal later aangekondig word, het Dlamini-Zuma gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Alleen Wolf ·

Nou hoe gemaak as ek wil terugkeer van ‘n besoek aan ‘n buurland, moet ek dan eers weer daar toets laat doen alvorens ek kan terugkeer, kopdoek maak reels wat nie prakties uitvoerbaar is of enige sin maak nie, net nog ‘n magspel van idiote

JohanR ·

Hello Kopdoek…..since Level 2 you have been totally irrelevant, but have always been the weakest link….GOODBYE! Don’t call us we will call you…..#VoertsakANC!

Jaco ·

Ek kan verstaan dat wit besighede en wit mense “moet” gestraf word deur inperking regulasies, want die ANC hou nie van ons wit mense nie. Wat ek egter nie verstaan nie, is beperkings op inisiasieskole. Hoe diskrimineer ‘n regering wat bestaan uit our people dan nou teen hulle our people? Iets maak nie sin nie.

Persheks Adri ·

Wonder waar is haar masker… Reëls tel weer net vir ons

Nie Verbaas ·

En daar moet sy toe alweer brabbel. Kyk na daai gesig en mens sien net n totale tekort aan rigting en geloofwaardigheid.

Niklaas ·

Alweer Kopdoek in die nuus. Wil net weekliks gehoor word. Enigiets wat sy meld, bejeen ek met agterdog. Kan haar nooit vertrou nie.

annie ·

Die vere maak die voèl… sè hulle. Die kleure van die uitrusting van haar edele dui om eenheid en wysheid en baie geld. Gelukkig betaal die volk nie daarvoor nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.