Meer personeel by grenspos vir Zim-verkiesing

zimbabwe

Argieffoto.

Meer amptenare is by die Beitbrug-grenspos tussen Limpopo en Zimbabwe ontplooi in afwagting op derduisende Zimbabwiërs wat aan hul land se verkiesing gaan deelneem.

Zimbabwe se nasionale verkiesing vind Maandag plaas om voormalige pres. Robert Mugabe se pos te vul. Die voorlopers vir sy pos is Emmerson Mnangagwa van die Zanu-PF en Nelson Chamisa van die MDC-alliansie. Die dag as ʼn openbare vakansiedag in Zimbabwe verklaar.

Suid-Afrika se departement van binnelandse sake het meer beamptes by die grenspos ontplooi as ʼn bydrae tot ʼn vrye en regverdige verkiesing in Zimbabwe.

“ʼn Bykomende 37 amptenare sal tot Vrydag by die grenspos wees om die huidige amptenare by te staan. Die departement wil verseker al die grensposdienste verloop glad,” het die departement in ʼn verklaring gesê.

Waarnemende missies en ambassades het vertroue uitgespreek in die land se gereedheid om die verkiesing te hou en het alle politieke partye versoek om die oppergesag van die wet op die stemdag te respekteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

leser ·

wat ‘n goeie geleentheid om alle onwettiges in sa na zimbabwe permanent terugstuur na zimbabwe

IK ·

Uiteindelik ‘n erkenning van hoeveel in SA. Die onwettiges gaan egter net oor die grens stap.

Skyspy007 ·

Hulle wil nog steeds hulle stemme dik maak in Zim….wat soek hulle dan hier?

Saartjie ·

Skyspy007, hulle is juis hier omdat vry en regverdige verkiesings nie tydens Mugabe & Kie se regime kon plaasvind nie en hulle gaan stem in die hoop dat dinge nou dalk kan verander. Die probleem is dat Mnangagwa Uncle Bob se regterhand was (ook met die volksmoord onder die Ndebele – lees bietjie oor Gukurahundi) en dat die meeste wit en swart Zimbabwiërs – binne en buite die land – hom daarom nie vertrou nie. Die afgelope dekades se verkiesings was almal verdag; kieslyste is nooit op datum gebring nie; en wanneer ‘n arme siel dit sou durf waag om sy/haar mening oor Mugabe uit te spreek, is hulle geweldig gemartel. Weet jy wat die vraag ‘Short sleeve or long sleeve?’ beteken? Op goeie Afrikaans: ‘Om jou en jou mense ‘n les te leer, gaan ons jou arm afkap. Kies jy ‘long sleeve’ verloor jy ‘net’ jou hand; kies jy ‘ short sleeve’ verloor jy die grootste gedeelte van jou arm.

Alida ·

Hoekom personeel aanstel om die grenspos te beman. Hulle stap met al hulle goedjies lekker doodluiters oor die vertrapte drade.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.