Meer polisie by skole nodig, sê DA

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die DA in die Wes-Kaap het versoek dat die polisie meer bystand bied by misdaadbestrydingsinisiatiewe rondom skoolpersele in die mees kwesbare gemeenskappe in dié provinsie.

Lorraine Botha, DA lid van die provinsiale parlement en waarnemende woordvoerder oor onderwys in die Wes-Kaap, het gesê sy verwelkom die feit dat die Wes-Kaapse onderwysdepartement ʼn reeks meganismes gebruik om veiligheidsverwante kwessies in en om skole aan te spreek.

“Die inisiatiewe sluit die installering van kringtelevisiekameras in om te poog om die inbrake en geweld in en om die skole te bekamp,” het Botha gesê.

Botha meen die beste oplossing om die misdadigers te stop is verhoogde polisieteenwoordigheid, doeltreffende misdaadintelligensie-inhegtenisnemings en vervolgings.

Sy het gesê verder gebeur dit dikwels dat dit eers ná die misdaad tydens die ondersoek aan die lig kom tot watter mate reëls rondom kinder- en onderwyserveiligheid oortree is.

“Dit is hoog tyd dat daar ernstig met nie-nakoming afgereken word,” het Botha gesê.

Sy het die gemeenskapslede wat die “oë en ore op die grond” is bedank. “Dit ten spyte van die voortslepende geweld in die gemeenskappe waarin hul leef.”

Botha meen deur hulpbronne op die mees kwesbare skole toe te spits en deur gehalte-onderwys aan landelike en stedelike studente te verskaf kan die lewe van miljoene mense vir altyd verander word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

se net ·

Ek was 12jaar lank op skool en nooit n polisieman in sig nie en dit was ook nooit nodig nie.
Maar dit gebeur as die regering kinders baas wil maak in n huishouding. Jy mag mos nie meer n kind n boere pak slae gee nie.

Carlien ·

Waar is die dae toe n onderwyser se woord wet was en kinders nog respek vir hulle meerdere gehad het??? Daar was reels en ons het dit nie gewaag om dit te breek nie. Ons samelewing is in flarde.. Kinders maak soos hulle wil en die ouers gehoorsaam hulle kinders ipv andersom.. N goeie pakslae op sy tyd was soos brood en konfyt.. Bring lyfstrag terug, dit maak die ore wawyd oop..

marous ·

Stem saam …. hulle moet net hul eie vet kryt en papier saambring

Hardus ·

Indien dit ooit sou gebeur dat ons op een of ander wonderbaarlike manier selfbeskikking gaan kry (of vat), hoop ek dat daar nie n handves van menseregte sal wees nie. Menseregte is die wortel van menige kwaad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.